Egpaar dood op plaas gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggame van ’n egpaar is op ’n plaas buite Kimberley in die Noord-Kaap gevind.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar se liggame is Maandagoggend in ʼn huis op die plaas aangetref. Volgens Tawana was die egpaar opsigters op die plaas. ʼn Plaaswerker het Maandagoggend onraad gemerk toe hy op die plaas opdaag en daar geen teken van hulle was nie.

Die plaaswerker het die eienaar van die plaas in kennis gestel waarna die polisie ontbied is. Volgens Tawana het polisiebeamptes deur die huis se venster geloer en die man se liggaam op ʼn bed sien lê. “Die beamptes het die huis se deur oopgebreek en die vrou se liggaam op ʼn stoel in die kombuis gevind. Sy het ʼn skietwond gehad.”

Volgens Tawana het die man ook ʼn skietwond gehad en is ʼn vuurwapen langs hom op die bed aangetref. “In dié stadium vermoed ons geen gemene spel nie.” Tawana het gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat die man moontlik sy vrou en toe homself geskiet het.

Die egpaar is Sondag die laaste keer op die plaas gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fred ·

Nee,verkeerd,nie rassistiese uitlatings wat sa verdeel nie.dis die moorde.ons sal nooit verenig solank daar gemoor word nie.

maryke ·

Julle ons is ook deel van die statistiek. My skoon ouers beide vermoor op hul plaas in Warmbad 6/12/2015 ( more ‘n maand) en die polisie doen net niks. Die verskoning : Hulle het elk 80 sake en ons saak is nie so belangrik.

Hardus ·

Maryke julle moet asb alle inligting deurgee aan agri sa. Hulle sal die saak opvolg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.