Egpaar doodgeskiet, suster gewond

(Argieffoto: Nico Strydom)

ʼn Jong vrou, haar man en haar suster is die naweek vermoedelik gedurende ʼn gewapende rooftog in die egpaar se huis in die suide van Johannesburg geskiet.

Die egpaar, onderskeidelik 23 en 46 jaar oud, is gedurende die voorval doodgeskiet en die suster (27) ernstig gewond gelaat.

Kapt. Nokulunga Dube, woordvoerder van die polisie, het gesê twee gewapende verdagtes het Saterdag omstreeks 23:00 toegang tot die erf van ʼn huis in Kiblerpark verkry waarna die een verdagte by die huis in is terwyl die ander buite gewag het.

Volgens Dube het die verdagte binne die huis die drie slagoffers gedreig en op kontant aangedring waarna hy hulle na bewering geskiet het. Twee mense is noodlottig gewond terwyl die derde na ʼn hospitaal gehaas is.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê in ʼn verklaring paramedici is omstreeks 23:04 na die toneel ontbied waar hulle die liggaam van die man saam met die gewonde suster in die huis aangetref het.

Sy vrou se liggaam is buite die huis aangetref.

Volgens Campbell het al drie slagoffers skietwonde opgedoen. Die egpaar is op die toneel dood verklaar en die suster is na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om dit by die Mondeor-polisie by 011 433 5411/12 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LD ·

Stem volkome saam met jou!! Maaaar….. meeste van die Afrikaners wil nie bekeer of terug keer na die Woord nie! Tot dan is ons ñ verlore volk!!!

Coolbanana ·

… En die vorige aand is nog n man geskiet, noodlottig, ook n huisbraak in Kiebler Park…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.