Egpaar eis miljoene ná kind se arm in voerband beland

Klein Cole Jupp (2). (Foto: Facebook)

ʼn Egpaar van Johannesburg dagvaar die lugvaartreus Comair en die Lanseria-lughawe vir R3,5 miljoen ná hulle tweejarige seuntjie se arm in ʼn bagasievoerband ingetrek en op drie plekke gebreek is.

Bryn en Samantha-Jane Jupp, hulle seuntjie, Cole (2), en pasgebore babadogter was in Februarie by die Lanseria-lughawe, waar hulle ʼn Kulula-vlug vir ʼn wegbreekkans na Kaapstad sou haal.

By die toonbank waar die Jupps hulle bagasie ingeweeg het, is hulle ingelig dat een van die tasse die toegelate gewig oorskrei. Bryn het items van een tas na ʼn ander oorgepak, terwyl Samantha-Jane na die baba omgesien het.

In dié stadium het Cole verby ʼn Kulula-werker geglip en hoewel Samantha-Jane hom agternagesit het, het Cole sy hand in ʼn oop of vermiste paneel van die bagasievoerband gedruk. Dit het sy arm in die laaiband ingetrek, het die egpaar se regsverteenwoordiger, Cheri Rudd, gesê.

Volgens Rudd het Samantha-Jane naarstiglik probeer om Cole se arm uit die voerband te trek. Die arm was reeds sleg gekneus en die Jupps het vermoed sy arm is moontlik gebreek.

Hulle het Cole inderhaas na die Mediclinic in Sandton geneem waar x-strale gewys het die seuntjie se arm is op drie plekke gebreek.

“Hy kon eers twee dae ná die voorval sy vingertjies beweeg. Nou kan hy darem weer sy handjie beweeg en sy arm oplig,” het Rudd gesê.

Die Jupps het daarna ʼn eis ingestel teen die maatskappy in beheer van die Lanseria-lughawe, asook Comair, die vlugoperateur.

Die eis van R3,5 miljoen sluit mediese uitgawes wat reeds aangegaan is in, asook toekomstige mediese uitgawes, algemene skadevergoeding vir pyn en lyding, en ʼn (moontlike toekomstige) verlies aan inkomste.

Volgens Rudd het die seuntjie sedertdien sielkundige behandeling gekry om die voorval te verwerk. “In dié stadium gaan dit goed met hom,” het sy gesê.

Lanseria en Comair het reeds aangedui hulle gaan die eis teenstaan. “Ons wag om te kyk wat hulle weergawe is,” het Rudd gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Ma ·

Maw. As my kind verby di slagter glip en gaan speel en peuter by di vleis saag, is dit di slaghuis eienaar se skuld! Jupp jou kind het nie daar gehoort nie. Dit is omdat vandag se jong mammas en pappas nie meer die kinders se handjies ń stewige klap gee as hy peuter waar hy nie mag nie! Hy sal verseker nie weer doen nie

Carla Coetzee ·

Het julle toestemming van die ouers om die kind se gesig te wys?

Phillie ·

Sien dit op verskeie geleenthede dat ouers hulle ongedissiplineerde kinders net los om mense om te krap skades aanrig sonder dat daar ‘n vinger gelig word
Die hoof rede dat ons in anargie lewe

? ·

Jou kind
Jou verantwoordelikheid
en ek se dit as n ma van twee
dit is soms onmoontlik om oral oe op jou kids te he, maar take the responsibility

Skerpioen ·

Dalk as die begasievoerband nie ‘n paneel missing gehad het nie… dalk as “maintenance” gedoen was soos dit hoort en daar nie gate was waar nuuskierige kids hul armpies kon insteek nie… dan dalk sou die kind dalk nie so seer gekry het nie. Maar maintenance is mos die laaste waaraan mense dink… vat eerder daai geld en gee vir jouself ‘n lekker vet salarisverhoging of bonus…. Nee wat Mamma en Pappa, as daai band al sy panele gehad het, het julle seuntjie nie nou seer gekry nie. Looi hulle maar, ek stem vir julle eis.

Susan ·

Sjoe vreeslik dat nog so klein en moes so seer kry.
Dit is jammer dat ouers die skuld van hul nalatigheid op die lugdiens moes pak. Sulke klein kindertjies moet heeltyd dop gehou word.

Martin ·

In sulke gevalle waar ouers nalatig is moet hulle self in die hof gaan staan en verduidelik.

Ai ·

Nee regtig, hierdie is nou sommer vinnig ‘n kans vat. Dit is nie die personeel se verantwoordelikheid om na jou kind te kyk nie – en ek is seker die persoon het self nie besef op daai oomblik, nes die ma, dat die kleintjie sy arm daarin gaan druk nie. Dit was eenvoudig ‘n ongeluk.

Anoniem ·

Ek raak smoor kwaad. Waar die hel was die ouers in die tyd. Regtig, vandag se ouers het net nie meer verantwoordelikheid nie. Als is altyd iemand anders se skuld. Pas jul kinders op, hou die heeltyd jul oe op hulle…..Ek sien elke dag, of dit nou in n’ winkel is, restaurant, persoonlike huise, ouers so besig is met hul eie dinge dat hul nie na hul kinders kyk nie. Magtig man, ons is mos groot en weet waar is gevare, die kinders moet nog leer. Dit is jou verantwoordelikheid.

Erika ·

Moenie vandag se ouers blameer nie. Ek het twee klein kinders wat ek ten alle tye dophou en hulle het ook (meestal) goeie maniere.

Anria ·

@Anoniem, rerig? Ouers van vandag is onverantwoordelik en kyk nie na hulle kinders nie? Kom nou man. Toe ek n kind was het niemand in kar stoeltjies gesit nie. Ouers was nie gepla oor allergie vir kinders nie. Kinders is in goedkoopste en naaste skole en dagsorg geplaas. Ek kan aangaan met die lys. Dit het niks te doen met ‘vandag se ouers nie’.

Tienie ·

Ek stem saam met jou. Vandag is dit mos te oulik as kinders in restaurante kan rondhardloop, gil en skree. Of oral soos bokke op goed klouter, of aan alles vat….. want pappie en mammie is te besig met – of hulle selfone of ander nonsens. As sy die baba in haar arms gehad het, kon sy haar seuntjie ook by haar gehou het, het totdat haar man kan oorvat. Ons is almal deur sulke drills…..daar is maniere. Gaan sit op jou hurke en klou hom tussen jou bene vas…as jy baba met twee arms MOET vashou

Ekke ·

Hoekom in die eerste plek jou tasse meer as die toegelate gewig, pak…mens weet mos hul gaan dit nie toelaat nie…en nou kry iemand anders die skuld vir jou eie foute… regtig ??

Jaco ·

Ek is baie jammer die seuntjie is beseer en ek wens hom alle beterskap toe, maar ek dink die ma moes beter toesig gehou het!

Charl ·

Voordat almal nou die ouers stenig kom ons kyk wat die hof se wie was nalatig.

R ·

As jy 2 kinders het dan moet jy na beide kyk, nie soos die artikel sê na die baba omsien nie. Mens kan nie eis omdat jy nie gekyk het na jou kind nie. Bietjie laf

Marika ·

As ouers is dit jou plig om jou kinders op te pas! In stede van dankbaar te wees dat die kind nie sy arm verloor het nie, sien die ouers dit as ‘n vinnige ryk word kans. Ek dink dit is met een woord ‘disgusting’!

LBS ·

Ek het ‘n 2-jarige kleinseuntjie, hulle is self nog “babas” wat leer. KYK na hulle, man!

Elna ·

Ja, jy is reg natuurlik. Ouers moet te alle tye wakker wees.
Dis jammer die ou kleintjie het so seergekry. Hulle kan bly wees daar is nie permanente skade nie.

Riette ·

Nou hoe is dit nou die lugredery se skuld?? Nee wat ek sal hoop daardie eis val deur die mat, jy as ouer moet mos na jou kinders kyk, dis mos nie die maastkappy skuld dat die kind sy hande indruk waar dit nie hoort
nie

barend ·

Ek was die afgelope paas naweek by Badplaas ,die kinders doen nes hulle wil,ry met fietse in die badkamers rond ,spring en skreeu in die hysdra en die ouers sit ek kyk .ek is so moeg vir stout en ongemenierde kinders .

ne ·

Kinders weet nie meer wat “NEE” beteken nie. So ‘n paar wikse en hulle leer gou.

IK ·

Ja, mens moet jou kind gedurig dophou MAAR ‘n ‘oop of vermiste paneel’ soos berig vertel ook ‘n ander storie. Nou die dag by ‘n roltrap was een van die ‘vingers’ weg waar die trap verdwyn, so wat nou indien klerasie/skoen/pantoffel daar gevang word?

Liezel ·

Almal lees die vermiste paneel mis? By sulke tipe plekke moet daar ALTYD health & savety ondersoeke gedoen word en in plek wees. Ja ek stem dat kinders ten alle tye dop gehou moet word, maar ken jy ‘n kleuter? een oomblik is hy hier en die volgende oomblik druk hy sy arm iewers in.

Wie weet ·

Dit bly n ongeluk op hulle perseel hulle bly verantwoordlik vir die mediese koste maar 3.5 miljoen belaglik

San ·

By ons besigheid moes ons R5000.00 aan ouer uitbetaal omdat sy seuntjie se toonnael gekneus was nadat hy met die outomatiese skuifdeure gespeel het. Hy het ook gedreig dat hy ń saak gaan maak teen ons. Dit bly die verantwoordelikheid van die ouers om ten alle tye toesig te hou oor hulle kinders. Jammer dat dit moes gebeur, maar dis nie Lanseria se skuld.

Maro ·

My innige simpatie met die ouers en kleinman! Ongelukke gebeur in ñ oogwink. Ek stem wel saam dat die bagasievoerband dadelik reg gemaak moet word. Die personeel is orals ook maar laks en kyk anderpad. Mag julle mediese onkostes gedek word vd gebreukte armpie, maar glo julle is wensvol om R3.5mil te eis…dit raak bietjie buitensporig.

Lollie ·

Moontlike toekomstige verlies aan inkomste?! Vir wie? Vir die pa? Dit is nou regtig die dam onder die eend uitruk!
Seker geen benul van hoeveel geld dit is nie. Pa kan op vroeë, baie vroeg, pensioen gaan en dan sal kleinboet ook nog lekker kan lewe. Dis nou ń lekker manier van geldmaak! As hulle dalk nog gesê het hulle wil net van die mediese onkostes eis maar hierdie is verregaande!

Han ·

Lollie ek stem saam ñ gebreekte arm groei mos weer vas…dus regtig nie die 1ste kind wat al ooit ñ arm of been gebreek het nie!!! Dis belaglik om te se die kind sal moontlik ñ verlies van inkomste he nie? Daar is mense wat blind uz mense wat geamputeerde lledemate het en hulle werk hoe kan ñ gebreekte arm so erg wees vir die kind se toekoms dis belaglik…ouers wil seker met nog vakansies gaa Kaap toe!!!

Louisa ·

Nee mamma, hyt jou ontglip soos net n 2jarige kan – en n ongeluk gebeur gou. Aanvaar dit as n slegte ongeluk. Dis NIE die lugdiens se skuld NIE. Jou kind het seergekry waar hy nie gehoort het nie. Dis op geen manier die lugdiens se skuld nie! Hopelik het hy groot genoeg geskrik om te luister as jy volgende keer sê hy moet stilstaan! En ek stem saam met baie stellings hierbo. Kinders word deesdae toegelaat om enige plek op horings te neem. Dis erg genoeg… en om dan die blaam te skuif as die bloedjie seerkry? Rerig?!

Louise ·

Ek stem ouers se skuld 100%.. wat get die kind daar gesoek

Jessica ·

You should look after your kids, the child is fine thank God he will forget quickly, thank God he still has his arm and is using it, in the matter of time you did not watch your child he could have been kidnapped from under your eyes, and then what, you want to sue the airlines because you did not watch him in the first place that’s why he got hurt. Watch your kids at all times.

Mossie ·

Regtig?! Verlies aan moontlike toekomstige inkomste?! Vir wie, die ouers of die kind?! Sy arm is net gebreek, daar is mense wat SONDER arms gebore word en nogsteeds n inkomste vir hulself kan genereer. Hierdie is n vet kans wat die ouers vat. Lyk soos n klassieke geval van my kind is ALTYD reg en die res verkeerd. Sterkte aan hierdie gesin, hulle het nog baie om te leer.

Jessica ·

No medical bill came to R3.5 miljoen not even the medical bill, and you do have family responsibility, and anyway you were going on a short break.

Maria ·

Stem 100% saam.Hle moes hom dpp gehou het en in die toekoms sal hle sorg dat die gewig reg is-hopelik

Karen ·

Toe ek 2 kinders gehad het en hulle was klein (nou het ek 3, maar twee is al tieners), was een op die heup, en een aan die hand, soms een op elke heup, trollie of sak, of wat ook al moes maar staan. Ek sê nie goed dat die arme kind seer gekry het nie, maar selfs op daardie ouderdom het myne geweet hulle kry nagevolge as hulle van my af weg, of gaan waar hulle nie mag nie. Selfs nou nog, so groot as wat hulle is, weet hulle ek moet hulle kan voel….. Hulle hou steeds my hand waar moontlik (meestal), en indien nie, moet ek hulle aan my kan voel, bv hulle hou aan my mou, of my hemp. Ek is attent, as ek hulle nie meer voel vas hou, dan kyk ek dadelik. My redenasie hier was nie net vir seer kry, maar altyd oor mens so paranoies is vir kinders wat gegryp word.

Middie ·

Suid Afrika se regstelsel maak nie voorsiening vir sulke eise nie. Probeer Amerika.

Pieter ·

Was dit Lanseria se nalatigheid wat die ongeluk veroorsaak het – Nee
Was dit die ouers se nalatigheid wat gelei het tot die ongeluk – JA!!
Die ouers moet maar self opdok en nie iemand anders soek om hul “parenting” vir hulle te doen nie en nog minder hul nalatigheid probeer gebruik om kitsryk te word nie.

Elba Muller ·

Stem. Daar is mos nie meer ongehoorsame kinders nie. Net ouers. Van gat warm maak is daar nie sprake nie. Hulle is jou baas.

Ja swaer ·

Wie weet, jy weet seker nie veel vd reg nie. Alle ongelukke is nie die verantwoordelikheid vd eienaar v ‘n perseel nie. Daar sal in hierdie geval n verdeling wees want die lughawe bestuursmaatskappy en Comair moes duidelike waarskuwings plaas dat kinders verbode is in daardie area. Dit was dus beide partye se nalatigheid. Die 3.5 M sal waarskynlik krimp na 1 M vir die ouers en so 500 G vir die prokureur op die einde vd saak

Maria ·

Ek reis redelik gereeld en as jy mooi kyk is daar kennisgewings wat se jy moenie naby of op die vervoerband gaan nie

Petro ·

Regtig??? Dis nie die lughawe se skuld as jou kind sy arm op plekke indruk waar hy nie eers veronderstel is om te wees nie…ek meen komaan dis belaglik!!

Mamma ·

‘n Gebreekte arm op 2 jarige ouderdom regverdig nie ‘n eis teen pyn-en lyding of ‘n eis weens moontlike toekomstige verlies van inkomste nie. Duisende kinders breek arms of bene. R3.5 miljoen is belaglik. Stuur die werklike mediese rekening vir die lugdiens – ek is seker hulle sal betaal. Om jouself te wil verryk uit ‘n ongeluk is laag.

Adriaan ·

Dis ‘n belaglike eis. Dis duidelik dat die ouers op soek is na kitsrykdom. Ek hoop die hof wys die eis met koste van die hand! Hopelik sal dit die onverantwoordelike ouers leer om hulle kinders te dissiplineer.

Estelle ·

Waar is die toesig tov die kind????
Geen dissipline nie. Jammer vir julle maar julle gaan nog moet opdok vir hofkoste.

Leon ·

Wat van die onderhoud of probleem met die oop of vermiste paneel?
As die paneel daar was, of nie oop was, sou dit steeds kon gebeur??
In my bedryf moet daar na die grond-oorsaak gesoek word, met enige insident (root cause analysis), voordat AFLEIDINGS gemaak word van stout kinders of swak ouers!!!

Mariette ·

Als goed ek stem… Maar 3.5 Milj???vir n arm en sielkundiges… My kind was erg besig… As ek hom elke keer sielkundige toe moes vat sou dit nie eers 3.5 milj wees

Siener ·

@Leon. Jy slaan die spyker op die kop. ‘n Oop of vermiste paneel is suiwer nalatigheid. Jammer die klein kind moes seerkry agv die nalatigheid van ‘n werknemer of ‘n instansie soos Comair. Ek sal vir meer ge eis het. Die versuim om jou werk 100% reg te doen is die oorsaak dat iemand seer gekry het. Ek hoop Comair en die skuldige verantwoordelike persoon word vasggevat. Genoeg mense kry seer agv nalatigheid. Padholes wat nie herstel of half herstel word. Kragdrade wat oop is in pubieke plekke. Swak vakmanskap en nalatigheid moet uitgeroei word en verantwoordelik gehou word vir skade.

Jong ·

Hierdie ontstel my erg. Wil julle nie sommer dagvaar omdat julle oorgewig was nie, omdat hulle net hoender en bees bedien in plaas van steak en chips en sommer vir alles waarvan julle nie hou nie!

Amelia ·

Julle kommentators fel darem vreeslik gou oordeel oor die ouers, sonder dat julle om genoeg inligting beskik om blaam te lê. Dis veral snaaks hoe julle almal dink julle ouerskap skills is soveel beter. As jy nie daar was nie, weet jy nie. Einde van die storie.

Izak ·

Dit herhinner my nogal aan daai geval van die Gorilla en die kind wat in die hok in geval het. Toe was die kommentators ook almal model ouers.

VanAfrika ·

Ag regtig, as of nie een van julle nooit ooit n twee jarige groot gemaak het nie. en as jy nie het nie, bly dan stil. Die oomblik wat jy ouer word moet alles kindervriendelik wees. En openbare maatskappye moet dieselfde houding hê. As iets gebreek is waar mense rond beweeg, veral met kinders, maak seker dit word reg gemaak of daar is probleme. Dis ook nie die ma se skuld want sy staan met n baba in die arms en al ons ma’s weet hoe dit voel om op n voedingstyd skedule van 2 of 3 ure te wees, jy is gelukkig as jou baba 4 ure slaap. Met so min slaap is jou reflekse as ma nie te wonderlik nie en is jou baba parytykeer vinniger as jy en woerts daar gaan hy. En gaan vertel enige van julle nou vir n tweejarige om stil te sit, veral in n publieke plek en dat hy nie mag klim waar hy nie mag nie. Kyk dan wat daardie kind doen om onder jou hande uit te glip. Juis hieroor moet publieke instansies sorg dat alles 100% werk, juis oor die onvoorspelbaarheid van n 2 jarige. Sou iets foutief wees moes daar waarskuwings gewees het sodat die ma bewus was van die probleem sodat sy meer bedagsaam kon wees om haar kind te sê dat hy gaan seerkry as hy van haar af weg beweeg en hom waarsku waar die probleem is.

R ·

As die ouers in die eerste plek by die huis gesorg het dat hulle tasse ens aan die vereistes voldoen was niks van hierdie nodig nie. Mense dink altyd die reëls is net op ander van toepassing. Jou kind, jou verantwoordelikheid…jammer, maar die wêreld is nie kindervriendelik nie…

CN ·

VanAfrika ek het 4 kinders (almal nou al groot) en laat ek net se, nie een van my kinders sou dit gewaag het om te “verdwyn” onder my wakende oog uit nie – hulle is van kleins af maniere geleer, en weet BAIE goed wat “NEE” beteken (en nee, ek slaan glad nie aan my kinders nie, daar is ander maniere om die boodskap oor te dra!) Hierdie is nou wragtig die mees patetiese ding wat ek nog ooit gehoor het, waar gaan die kind “toekomstige verlies van inkomste” he agv ‘n gebreekte arm? Nee mamma & pappa, vat maar verantwoordelikheid vir jul eie nalatigheid!

Charl ·

As ek die kommentaar hier lees weet ek darem nie. Kom ons wag en hoor wat die hof se wie was nalatig voordat die ouers gestenig word.

Ben ·

En deesdae se ouers is alewig doenig op hul selfone. Kry nie tyd om hul kleingoed op te pas nie!

Madelein ·

Daar is tog sekere maatreels wat enige ouer kan in plek stel om kleuters in toom te hou. Dit is tog elke our se plig om jou kinders veilig te hou,

Jozi ·

Hierdie is 100% agv die ouers se nalatigheid.
Nou wil pappie en mammie gou ‘n paar miljoen Rand bymekaar hark – nie vir balhorige kind se pyn en lyding nie – vir lekker leef vorentoe!
Arm is gebreek en hy sal weer aangroei.
Is nie die eerste of laaste kind wat met sy arm in gips rondloop nie.
Eerder aanvaar sy ouers hul aandeel in hierdie insident en LEER iets daaruit.

Adrian ·

Hulle gaan nie regkom nie. Inteendeel, gaan hulle verloor aan prokureur onkostes.

Andrea ·

Gedog ek gaan die enigste persoon wees wat sê die seuntjie het nie daar gehoort nie. Ekt n probleem met ouers wat nie hul kinders beheer nie. Ekt drie, so ek weet dis nie altyd maklik nie. Ekt Jan van die Kaap af gevlieg. Agter my het n seuntjie van omtrent drie gesit wat my letterlik die hele twee ure in my rug geskop het. Kyke agtertoe, ens het die mammie gladnie genoop om hom aan te spreek nie. Ek sou graag daai twee beentjies wou breek. Mense, beheer jul kinders. Hou op om te glo hul mag alles doen. Voed hul op.

Susan ·

Sit ñ leash aan jou kind! Lekker agter die geld aan, sies vir die ouers!

Jax ·

Die kind en sy ouers dra alleen die skuld aan hierdie situasie! My kinders sou dit nie gewaag het om in hierdie situasie los te breek en rond te hardloop nie. Daars n tyd en n plek vir als en n 2-jarige kleuter is oud genoeg om te weet wat hy gedoen het, was verkeerd!
Ek hoop die saak kom nooit voor nie – dis n mors van ons regters en regstelsel.
Jy as ouer is ten alle tye verantwoordelik vir jul kinders! Wat as iemand daai kind gegryp het en hom ontvoer het?

J ·

Sy ouers moes na hom gekyk het ??? Altyd iemand anderste se skuld. Sy ouers was nalatig mamma pappa hoe kon jy jou eie kind faal.

J ·

Mamma en pappa julle self was nalatig.
Hoekom het jy nie jou 2 jarige kind se hand vasgehou nie dan het die ongeluk nie gebeur nie. Moennie iemand anders blameer vir jou eie nalatig heid nie.

Albert ·

As ek so kyk na die ouers se foto en lees dat een van die tasse oorgewig was kan mens veilig aanneem dat dié nou weer een van daai ‘almal gaan en sal my akkomodeer’-tipes is.

As ek my arm iewers ingedruk het waar ek nie moes nie, sou my boudjies wit warm gevoeter gewees het.

J ·

Maak nie saak waarheen jy stap of loop nie. Enige kleinkind se hande moet vasgehou word.
Al speel n kind in n openbare parkie speel jy as ouma oupa pappa en mamma saam daai kind.
Moennie krikedil trane na due tyd huil nie.

Stella ·

Dis die ouers se skuld,traak my nie agtigge houdngs wat die jong mense vandag het oor knder opvoeding.

Qman ·

Darm het die 2jarige sielkundige behandeling ontvang..Glo hy sal okay wees

Petro ·

Behalwe die eis….ek wil weet waar kom hulle aan die bedrag van R3.5 miljoen?!! Dit is absurd

Jozi ·

As ek so na die kommentaar kyk sou ek reken dis veilig om te sê “The jury has spoken”.
Klink my daar is konsensus bereik – ouers was nalatig.
Hulle kan gaan kyk by babawinkels of op die internet vir wat my seun gedra het toe hy klein was.
Ons het dit sy “woefie-beltjie” genoem en hy was heel in sy skik daarmee gewees. Nie een keer sy arm ingedruk waar dit nie hoort nie!

Charmaine ·

Jammer die kind het seer gekry! Hoop hy sal gou beter voel. Ma en Pa. …neem verantwoordelikheid vir hierdie ongelukkige voorval. Erken dat jul aandag verdeel was vir n paar sekondes, eerder dat jul die lughawe wil blameer vir jul nalatigheidg. Wees dankbaar jul kind het nie erger daar van af gekom nie .

Engela de Klerk ·

Soveel keer moet ek vir ‘n ouer (of albei) sê, hey, KYK na jou kind! Jammer, maar die saak behoort uit gegooi te word en gee sommer hierdie ouers ‘n boete!

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Die “Ghetto Lottery” kom Suid Afrika toe…..
.
.

Molleen ·

WIE sou hulle dagvaar as die kleinding by hulle huis weggeglip gebreek het agv IEMAND se nalatigheid ?

Livia ·

Nee Ouers, julle behoort ingelig te wees oor gewig van tas. Tweejariges is woelig, maar julle oë was nie die heeltyd op hom nie. Ek het met 2 jarige London toe gevlieg, ons was omtrent aanmekaar vas gemaak. Weet hoe besig hulle kan wees. Jammer oor die ongeluk maar julle was nalatig.

Alete ·

Jammer vir julle seuntjie. Julle het egter volgens my mening geen kans om so ‘n saak te wen nie. Te veel ongedissiplineerde kinders op vliegtuie en lughawens.

HPV ·

Comair is soos alle besighede verseker teen sulke eise, maw dit is hul versekering wat die saak hanteer. Die eis sal met ‘n hele regspan hewig teengestaan word. Ek het egter simpatie met Comair want besighede loop daagliks deur onder onhebbelike kinders, nogal onder toesig van hul ouers ouers.

Alta ·

My dogter het alleen met haar 6 maande oue baba en BAIE woelige 2-jarige kleuter gevlieg. Om haar hande los te hê, was baba was in ‘n drasak voor haar en die kleuter was vas aan haar met ‘n rekbare (kort afstand) bandjie wat sy nie self kon losmaak nie. Sy het vooraf gereed gemaak om die kleintjie onder haar beheer te hou, juis omdat sy geweet het hoe besig sy is. Die outjie wat seergekry het, se ouers voorsien het dat hy ‘n kans om te ontsnap, gaan aangryp – dis onwaarskynlik die eerste keer was hy dít gedoen het. Die lughawemaatskappy het ‘n gedeelde verantwoordelikheid agv die vervoerband wat stukkend was, maar as die kind in die eerste plek onder bedwang gehou was, het hierdie ongeluk nie gebeur nie. Mens kan nie vir een oomblik bekostig om jou oë en hande van ‘n kleuter af te haal nie. Soos ander kommentators gesê het, wat as ‘n opportunis net gewag het vir so ‘n geleentheid om die kind te ontvoer?? Dit sou veel erger gewees het as ‘n gebreekte arm en bedorwe vakansie. Ek hoop die ouers leer hieruit ‘n les vir die toekoms.

Schalla ·

Hulle kan nie in n openbare plek waar mense rondloop n oop vervoerband hê nie. Julle sê almal nou vandag se ouers is sleg. So n plek moet veilig wees.

$ ·

Sielkundige behandeling, op tweejarige ouderdom? As dit vir ´n gewapende rooftog was sou ek nog verstaan, maar vir ´n gebreekte arm? Ek wonder hoe die sielkundige daai sielkunde-sessies benader.
Die sielkundige sessies is myns insiens bygevoeg om die eis op te blaas …
Ek verstom my ook aan die ´verlies aan inkomste’ deel van die eis – oor ´n gebreekte arm, en op tweejarige ouderdom; hoe op aarde bepaal hulle watse soort beroep hierdie kind eendag sou kies wat nou deur ´n gebreekte arm gekortwiek is – vragmotorbestuurder, dalk?

Magaretha van heerden ·

Almal soek net geld. Die ouers weet mos hulle moet verantwoordelikheid vat vir hul kinders. Hoop die hofsake wys die ware skuldiges uit en dit gaan hulle nog geld ook kos vir die foefie.

Posduif ·

Enige publieke plek moet voorsorg maatreëls tref om mense veilig te hou! Feite! MAAR Baie jare gelede (haha) het die meeste mense oorleef omdat hulle “survival skills” geleer was in die vorm van maniere. My 2 seuns is nou tieners en ek kan julle belowe dat hulle dit nie sou waag om my hemp se soom te los nie. Ons het hulle van dag 1 af baie streng grootgemaak en vandag pluk ons die vrugte. Onthou mamma se gesegte “ons kyk met ons oë”. ‘n Kind is nooit te jonk om maniere geleer te word nie, maniere is wat jou kind se lewe red wanneer jy vir daai oomblik wegkyk.

Annette ·

Ek kan nie sien hoe julle die maatskapy wil verantwoordelik hou nie ouers julle moes na julle kind gekyk het en so belaglike ys dit klink asof julle klaar julle kind se lot vir sy toekoms beplan het met so baie negatiewe dinge sterkte vir julle nou dat daar 2 is

A Mac ·

En dan lag mense vir ons as ons kinders onder 10 jaar wat saam met ons is altyd met leibande vasmaak en so oral rondloop, maak nie saak by watter plek nie. Ek sien eerder die kinders op ‘n leiband as ouers wat sukkel om hulle kinders in toom te hou. Die ouers kan gerus daaraan dink om hul kind op ‘n leiband te sit, wat net so belangrik is (vir ons in elk geval) soos ‘n karstoeltjie in jou voertuig.

Blommie ·

Dis reg Lanserie kan aaspreeklik gehou word vir malatigheid, maar ek ste saam die mamma moes haar kleuter oppas.
Want dalk volgende keer deur nalatigheid kon dit dalk ernstiger wees, wees eerder dankbaar hy het nie ernstig seer gekry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.