Egpaar erg aangerand op Gauteng-plaas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer en sy vrou is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hulle Sondagaand op hul plaas in die Eikenhof-gebied in die suide van Johannesburg deur vyf verdagtes oorval is.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar het omstreeks 23:00 wakker geword van hul honde wat blaf. Toe hulle gaan ondersoek instel het, is hulle deur vyf mans oorrompel en erg aangerand. Dit is nie duidelik hoe die aanvallers in die huis gekom het nie.

Die rowers het die egpaar van ʼn vuurwapen en kontant beroof en op die vlug geslaan. Makhubela kon nie bevestig wat die aard van die egpaar se beserings was nie, maar het gesê hulle is ernstig beseer.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en erg aangerand. Hy was met paramedici se aankoms op die toneel in ʼn kritieke toestand. Sy vrou is ook aangerand en hoewel ook ernstig beseer, is sy in ʼn stabiele toestand na die hospitaal geneem.

Makhubela kon nie onmiddellik die egpaar se name of ouderdomme bevestig nie. Hy het wel gesê hulle is bejaard.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Rina Pretorius ·

na aanleiding wat Malema op radio jacaranda se nuusflitse kwyt geraak het is dit vir my baie duidelik wie agter die ontwapening en aanrandings en moorde op ons boere sit. Hy het gese hulle gaan die grond vat ongeag hoe dit gedoen gaan word, so asb mense bewapen julle self eerder en wees paraat op wat kom, ons is nou in ‘n tyd wat enige iets met ons gaan gebeur. Ek se net dat voorkoming beter as genesing is.

Bolander ·

Rina, ek stem saam met jou. Ons is baie bang vir Zumpie, maar intussen is Malema besig met onderduimse planne om van ons blankes ontslae te raak. Dit is hy en sy trawante wat agter al hierdie plaas moorde sit. Ek stem ook dat mense, julle moet wakker slaap!!!!

Toki Scura ·

Kan iemand wat so kruppel is ooit die knie buig, hy sal enige verskoning uitdink om nie haar geld te betaal nie. Sy het dit immers so laat deurskemer al lank terug in die media, en nou word sy reg bewys.

Buitestander ·

Rina, dit help nie mense bewapen hulleself nie en dan weet hulle nie om dit te gebruik nie dan word jy slagoffer van jou eie wapen soos in die geval van die egpaar.
Dit help nie veel as jy nie ‘n bewaarder het soos Jesus Christus wat nooit sluimer of slaap nie Moet nie jou hoop op jouself stel nie!

LB S ·

Onthou: God helps those who help themselves…. Jy moet geloof hê, maar jy het ook keuses.

mielie ·

Jip Malema het nou die go ahead gegee.Groot probleme wag op ons want niemand het die rugraat om hom te stop nie.

marie visser ·

Buitestander, sulke dinge gebeur met Jesus kinders, dis hoekom hulle in hierdie onseker tye paraat moet wees teen die verwoesters. Wie se vir jou hulle het nie op Jesus vertrou nie? Jesus staan nie by die deur en skrik die boewe af nie. Hy het ons verstand gegee om in Sy krag onsself te verdedig. Duidelik het so n tragiese gebeurtenis nog nie in jou familie plaasgevind nie. My swaer se suster is lewendig in n ou vrieskas toegesluit en het versmoor, haar man doodgeslaan, so pas is kennisse van ons op Ellisras (die man) doodgeskop en sy vrou erg aangerand en hulle was kinders van Jesus. Hulle het mense vertrou en uit hul pad gegaan om te help toe word hul deur hul goedheid te betoon, vermoor. My seun en broer is vermoor terwyl in diens van die regering, Jesus het nie vooruit geloop en die moordenaars afgeskrik nie! Dink voordat jy jou op sosiale media oor ander mense wat deur sulke tragdies geraak word, onder n skuilnaam uitspreek.

Peet Schabort ·

Wyse woorde Marie, wyse woorde. Duidelik weet jy waarvan jy praat en het jy ook ‘n foutlose taalgebruik. Ja, met my God spring ek oor ‘n muur maar God sal nie vir my oor die muur spring indien ek nie ook my gewilligheid toon. Die voorwaarde is duidelik: JY MOET JOUSELF OOK WIL HELP EN BESKERM DAN SAL GOD SE WIL GESKIED.

LB S ·

So jammer, Marie. Net soos jy daar sê, sien ook asb my kommentaar hierbo. Ons het keuses en “God helps those who help themselves”.

Veritas ·

‘n Vuurwapen help niks as jy lê en slaap nie. Groot honde buite die huis skrik ook net die posman af. Hulle word maklik vergiftig en is dan nie veel werd nie. Kry ‘n klein ‘matbemorser’ wat lig slaap en jou betyds kan wakker maak. ‘n Jack Russell is ‘n goeie keuse. Jy staan ‘n beter kans om jouself te beskerm wanneer jy wakker is.

Wim Kotze ·

Verdagtes? As die daad gepleeg is is dit 5 aanvallers, of is daar twyfel oor die feite van die saak?

Anet Roux ·

ivm die eikenhof egpaar. Hulle is nie bejaard. man ongeveer 40 en vrou laat 30. Die aanvallers het venster gebreek .

corne ·

Dit is dat Malema toegelaat word om voort te gaan met sy haat spraak teen oor wittes ,boere …dit is waarom ons boere aanval en vermink om die grond te kry.

Jaycee ·

Aanrandings en moord op blankes het tot dieselfde barbaarse vlak gedaal as wat die geval was met swart op swart voor 1994, en laasgenoemde gebeur steeds. Die reaksie van die ANC hierop is nie om misdaad hand en tand tot voordeel van alle burgers te beveg nie maar eerder om onbeholpe toe te laat dat SA gelyk moet word met die slegste van die slegte karakter eienskappe wat Afrika kenmerk.

LB S ·

Kyk, ek is ‘n getroue DA ondersteuner en het nog altyd gedink hulle doen alles wat reg is. Maar een ding steek my nou dwars in die kop en ek is nie ‘n politieke “kenner” wat kan argumenteer vir of teen dit nie, maar diè besigheid dat EFF nou in ‘n koalisie met die DA in Tswane en Jhb is weet ek nie so mooi nie. Wat sê dit nou vir die DA ondersteuners, wat na hierdie moordende aanhitsings moet luister. Hoe kan die DA nou net stilbly daaroor? Kom, DA, ons soek dringend antwoorde, asb!

Victorious ·

Klomp lafaards!! Te bang en lamsakkig om een een te kom. Nou kom hulle in groepe van 4 of 5. Om weerlose ou mense aan te val. Weet net – God slaap nie. Jou dag sal kom. Ek wil nie jy wees wat eendag voor die lewende God moet staan en rekenskap gee nie. Hoop jyu kom tot bekering voor dan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.