Egpaar ‘erg getraumatiseer’ ná plaasaanval

Richard en Anika Wiggel is Donderdag (19 Januarie 2017) op hul plaas oorval en aangerand. Foto: Verskaf

Richard en Anika Wiggel is Donderdag (19 Januarie 2017) op hul plaas oorval en aangerand. Foto: Verskaf

ʼn Egpaar in hul 70’s is Donderdag in die vroeë oggendure in hul huis op ʼn plaas in die Haenertsburg-gebied in Limpopo aangeval.

Kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê vier verdagtes het omstreeks 03:00 op die plaas, Bloemhoek, toegeslaan. Die verdagtes het een van die plaaswerkers in sy kamer oorval en vasgebind, voordat twee van hulle na die hoofhuis op die plaas is. Die ander twee verdagtes het by die vasgebinde werker agtergebly.

“Die verdagtes het glo vensters gebreek om toegang tot die huis te kry. Daar het hulle die bejaarde egpaar, Richard en Anika Wiggel, oorval en aangerand,” het Seabi gesê. Hy het gesê die verdagtes het glo ʼn windbuks wat hulle in die huis gevind het, gebruik om die egpaar aan te rand.

“Hulle het ʼn onbekende bedrag geld, ʼn radio, televisie en drie selfone uit die huis geroof, voordat hulle met die egpaar se Isuzu-bakkie op die vlug geslaan het.” Die bakkie met die nommerplaat CVV 887 L is nog nie gevind nie.

Maroela Media verneem die werker kon daarin slaag om homself los te wikkel en het die egpaar te hulp gesnel voordat hulle saam na ʼn buurplaas geloop het om hulp te kry.

“Die man het ʼn slegte hou teen sy kop weg, maar nóg hy nóg sy vrou is ernstig beseer. Hulle is net verskriklik getraumatiseer deur die voorval,” het Seabi gesê. “Die bloed wat op die toneel gevind is, is vermoedelik die verdagtes se bloed wat deur die gebreekte venster in die huis geklim het.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Skim ·

Dis die enigste en laaste wat julle van hierdie saak gaan hoor. Maroela is bereid om daaroor te berig, al die ander media huise smeer dit toe of plaas dit op bladsy 6 of 9 in so ‘n klein as moontlike beriggie wat dit as ‘roof’ afmaak. Ons is besig om moed en vertroue in die regering en die hoofstroommedia te verloor.

Willie ·

Lafaarde, wat ou mense so teiken, wat n lafhartige daad…

Kyk Maar ·

Voeg poging tot moord, roof met verswarende omstandighede by!

andrea van vuren ·

Die boewe het ‘glo’ ‘n venster gebreek en die egpaar ‘glo’ met ‘n windbuks gedreig. Ek gee op.

lettie ·

Dankie Maroela Media. Daar is n doelbewuste en ondermynende poging deur die hoofstroommedia en sogenaamde politieke leiers wat verdeeldheid en rassehaat en moord aanhits deur plaasaanvalle en moorde in gewelddadige huisrowe teen wit mense in die kiem te probeer smoor. Ons sal nie stilbly nie en wag vir die volgende statistiek nie. Hoofstroom media is bevooroordeeld teenoor wit mense. Hoofstroom media sal bv berig n Boervrou molesteer kind – waarom word die amp van n boer altyd gekonneteer by n negatiewe berig. Indien die amp Admin klerk is sou daar nie gestaan het Admin klerk molesteer n kind nie.

Fritz ·

Weereens lafhartig en oppotunisties. Om oumense aan te val. Dank ons Hemelse Vader dat hulle nie ook wreed vermoor is nie. Ons witmense moet begin saamstaan anders gan ons stelselmatig uitgeroei word en van ons plase afgedryf word. Dit is die ANC en EFF se plan. Mugabe het hulle mooi geleer hoe om dit te doen. Hulle is net te onnosel om te besef dit is die boere wat kos op hul tafels sit.

Erika ·

Baie dankie Maroela Media om ons wat omgee op hoogte te hou. Ander Media mense hou hierdie plaas aanvalle weg van ons. Ons as burgers het die reg om te weet van wat aangaan. Baie dankie vir julle wat hard werk om nuus aan ons deur te gee.

humor ·

Miskien lees ek verkeerd. na’ plaasaanval. Moet dit nie wees tydens aanval. Stem saam met kommentare.

Rob ·

Hulle doen wat Magabe met die plaase in Zim gedoen het , maar net in n’ ander menier dat die goverment nie geblameer kan word nie.

PJN ·

Dis baie sleg. Ek hoop die skuldiges word gou vasgetrek. Ek werk 2 dae ‘n week van Polokwane af in Tzaneen en dan ry ek elke keer deur die skilderagtige dorpie Heanertsburg wat in Magoebaskloof lê. Al die mense op Heanertsburg en in die distrik is soos een groot familie. Jammer dat misdaad oral moet inkruip en ons mooi dorpies en omliggende plase hier in Limpopo so besoedel.

zoom zoom ·

Hierdie aanvalle kan net voor 2 partye gele word wat heeltyd dreig met moord en grondgryp.

Estelle ·

Nee magtig so kan dit mos nie aangaan nie!!! Ek stem saam dit gaan nie net oor die boere se plase nie. Onskuldige mense word beroof en vermoor en niemand verdien om so te sterf nie. Ons is mos nou n reënboognasie dus kan apartheid en armoede nie alewig die skuld kry vir optredes soos die nie.

tamboti ·

Liewe Estelle, jy moet nie naief wees nie, die aantuigins, wrok en haat sal nooit ooit nimmer vergeet word nie! Daarom sal daar nooit sukses met die reenboognasie wees nie. En nie omdat ek so voel of se nie, ek gaan nie plakkers kamp bewoners aanval of ryk regeringsamptenare beroof nie – die geweld kom nog altyd van die ander kant af en dan mag ek my nie verdedig nie. (in ag geneem die enkele uitsonderings)
As hulle nou nog Jan van Riebeeck verkwalik – wat dink jy sal 100/ 200 jaar na apartheid gedoen word?

Johanna ·

Arme liewe ou bejaardes wat so op die plase alleen bly . daar moet tog n oplossing hiervoor gevind word. regtig. hoe bang moet hulle nie wees hierna nie?

Johan Likkewaan ·

So braaf om twee ou bejaardes te lyf te gaan. Seker baie trots op hulself.
Hulle dag sal kom ; die wiel is rond.

andrea van vuren ·

Ek glo nie meer aan die ‘wiel sal draai’ uitsprake nie. Dit vat te lank of vergelding gebeur nooit!

Ansie ·

Ek wil kommentaar gee, maar weet wraggies nie meer wat om te se nie,daar is al so baie gepraat, kan mens dan niks doen nie, ons hier in Europa hoor niks van dit alles nie,dis net ons wat Maroela nuus lees, wat op hoogte is, dis tragies, ek is radeloos, asb. mense soek ‘n oplossing voor dit te laat is, kom in aksie.. my innige simpatie aan die na bestaandes en slagoffers, en nou brand die land ook nog!!!! Gaan daar nog iets oor bly om voor te veg??

Mags ·

My innige simpatie met die trauma wst julle moes deurmaak. Nog nuus wat die wêreld behoort te sien wat onse mense deurgaan op ‘n daaglikse basis in SA!!!!

lulu ·

Nie ernstig beseer nie? Korreksie..dis ou mense en kyk hoe lyk die oom se kop!!…vir n ou mens IS dit ERNSTIG BESEER en daardie hou kon die oom se onmiddellike dood veroorsaak.
Maroela…ek weet nie wie skryf van julle berigte nie maar kry net julle bewoording reg!!!

boervrou ·

Ek kry di ou mense so jammer Innige simpatie Dis hartseer Ek is self n boervrou en is ook maar vreesbevange.

Johannes Meintjes ·

Ek verstaan nie? Gedag SAPD en AfriForum het nou plaasmoorde en aanvalle onder beheer? GPF, Kommandokorps, AWB en Buurtwagte nie meer nodig? Burgers nou almal her-opgelei in Kammando-metodiek en self-verdediging, asook nuutste WNNR vrygestede GOS tegnologie, – of het politiek, burgerregte en burgerlike beskerming nou maar ook deel van die retoriek en politieke geraas in die brutale Nuwe SA geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.