Egpaar ernstig beseer in motorfietsongeluk

(Argieffoto: ER24)

’n Egpaar is Sondagoggend ernstig beseer in ʼn botsing tussen twee motorfietse in die Franschhoekpas buite Franschhoek in die Wes-Kaap.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 10:20 op die toneel aangekom waar die egpaar met ernstige beserings aangetref is.

Die egpaar was op een motorfiets toe hulle teen ’n ander motorfiets gebots het. Die bestuurder van dié motorfiets kon egter betyds van sy motorfiets spring en is ongedeerd.

Die egpaar, vermoedelik in hul 70’s, is op die toneel behandel voordat hulle na die Mediclinic in Stellenbosch geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike polisie was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Boerkind ·

Ek ry daardie pas ook gereeld. Dit is nogal nie so ‘n maklike pas om met ‘n motorfiets te ry nie en ten spyte hiervan kry ek gereeld mense wat daar heel onverantwoordelik ry met allerhande soorte voertuie (hierdie stelling het nie betrekking op die artikel of ongeluk nie, maar mag ek sê dat ek dit nie vreemd vind nie.) Baie sterkte aan die persone wat betrokke was. Hoop en vertrou dat julle gou sal herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.