Egpaar gebrand, vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Egpaar van Florida in Roodepoort is Dinsdag dood in hul motorhuis aangetref waar hulle vermoedelik grusaam vermoor is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man en vrou, onderskeidelik 71 en 73 jaar oud, is deur hul huishulp gevind.

Die huishulp het glo omstreeks 15:00 by die huis aangekom en onraad gemerk omdat dit baie stil was. Sy het die egpaar se seun gebel voordat sy na die motorhuis is waar sy die liggame aangetref het. Dlamini het gesê die egpaar se hande en voete is met draad vasgebind en daar was brandmerke op hul liggame. Dit is nie duidelik waarmee hulle gebrand is nie, het hy gesê. Daar was ook ʼn plastieksak oor die vrou se kop getrek.

“Daar was nie ooglopende beserings aan hul liggame wat aandui hoe hulle doodgemaak is nie. Die polisie wag op die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek om die oorsaak van dood te bevestig,” het hy gesê.

Volgens Dlamini was die huis omgekeer en wil dit voorkom asof die rowers items gesoek het om te steel, maar die polisie kan nie in dié stadium spesifieke vermiste items bevestig nie.

ʼn Saak van moord en huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dlamini wou nie die name van die slagoffers bekendmaak nie omdat hy nie seker is of al hul naasbestaandes al van hul dood ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Anton ·

Sterkte vir die naasbestaandes. Kan nie dink iemand kan so wreed teenoor ander mense wees nie. Bring die doodstraf terug

arno ·

N huis inbraak!? Die 2 arme ou mense word so wreed vermoor vir items om te steel! Bring terug die doodstraf, die “mense” maak net soos hulle wil want hulle kom weg met dit en in die tronke run hulle die show! Sterkte aan die naasbestaandes!

Karolis ·

Is dit nie ongewoon dat ‘n huishulp eers 15:00 by die werk aankom nie?
Effense rotterige aanklank…

Hannelie ·

Karolis dis die eerste ding wat my opgeval het, sy begin laat te werk in die middag? Maar ek bid dat geregtigheid vir hierdie twee oues sal geskied. Want om so wreed vermoor te word….verdien die moordenaar (-s) die DOODSTRAF !!!

stem saam ·

Dit was presies wat ek gedink get toe ek d artikel lees…. Klink vir my suspect.

Miemie ·

My liewe speurders….My huishulp kom elke maandeinde om 18h00 by my huis om haar salaris/loon te kom haal. Niks vreemd aan die tyd wat enige huilhulp wat dalk geld kom haal of afdag kliniek toe is nie. Sterkte aan die naasbestaandes

Linda ·

Die huishulp woon moontlik in ‘n buitekamer en weens die vakansiedag was sy nie aan diens nie? Ons het 8 inbrake binne ‘n paar maande gehad, ons het nou geen tuinier of huishulp nie en geen inbrake meer nie. My wasseep ens. hou baie langer en ek hoef niks toe te sluit nie. Vrede.. Dink dus maar mooi voordat jy jou lewe waag om vreemdes in jou huis toe te laat. Ek is nie ‘n speurder nie Miemie, maar ruik ook ‘n rot.

Sumari ·

Nou kom al julle speuders, dank die ander af, sodat julle aangestel kan word in hulle plek.

Cobus ·

“‘n Nasie hard van aangesig, wat ‘n grysaard nie ontsien en vir ‘n seun geen genade het nie.” So staan dit geskryf in DEUTERONÓMIUM 28:50 (1933 /1953 Vertaling) . DEUTERONÓMIUM 28 handel oor seën en vloek.

Nita ·

En so gaan die wetteloosheid en moorde voort! Waar sal ons hulp vandaan kom? Maar dis ok die Bybels se daar sal martelare wees.

Ivan ·

Wat het van ons Vryheid geword. En dit op vryheidsdag. Die enigste wat vry is, is die gene wat moord pleeg. VRY OM ONS BOERENASIE UIT TE MOOR !!!!!!

Winston ·

En so gaan die sinnelose moorde net aan. Wit deur swart. Is statistieke ook rassisties? Is dit die norm wat ons moet aanvaar in hierdie land? Weereens twee ou mense wat niemand leed aangedoen het nie. Die vraag is waarom? Lafhartige misdadigers!!

Johann Marx ·

Ek lees ook die kommentare oor “inside job” huisbediende, ens., maar kom ek gee ‘n ander weergawe van wat met ons gebeur het: Heel moontlik is die spesifieke bediende NIE direk betrokke by hierdie misdaad nie, maar bediendes “kuier” oor en weer met bediendes van ander huise. Die “ander” bediendes skinder weer verder met tuinwerkers, ens….en so versprei jou huishulp “onwetend” uiters gevaarlike inligting wat jou jou lewe kan kos….sonder dat sy gedink het. Sy het byvoorbeeld maar net genoem dat HAAR werkgewer baie mooi juwele het (om by ander huiswerkers bietjie te spog). Daardie nuus kom derdehands by ‘n tuinwerker uit, wat ‘n bier drink saam sy werklose tjom…..en nie lank daarna nie lê jy dood in jou motorhuis…Word wakker!!

annoniem ·

Daarsy dis presies wat ek ook sê…. nee wat doen my eie huis en tuinwerk…..

Veritas ·

Die onmenslike wreedheid wat gepaard gaan met die jongste vlaag moorde, dui op ‘n samelewing wat tot in sy kern verrot is. ‘n Normale krimineel sou gesteel het wat hy wou en padgegee het. Vir hierdie gebroedsels was diefstal duidelik van sekondêre belang. Hulle het gegaan met grusame moord as prioriteit. Ek sukkel om my walging in woorde uit te druk.

Woedend ·

Veritas, beter kon ek dit nie gestel het nie en voel ek dieselfde as jy! Ek moet eerder stil bly.

Sterkte aan die seun, familie en vriende wat agterbly.

Andre ·

Daar is nie meer diewe nie, net wreedardige moordenaars. Om die rede moet jy presies dit verwag en dienooreenkomstig optree as jy iemand in jou erf kry wat nie daar hoort nie. Lees tussen die lyne en jy sal weet wat om te doen.

Veritas ·

Andre wat jy voorstel klink vir my ook reg maar die wet gaan jou aan die pen laat ry. Kriminele se regte strek verder as dié van wetsgehoorsame burgers. Die enigste oplossing is om enige oomblik die ergste te verwag en sover moontlik voorsorg te tref. Veral bejaardes, vroue en kinders word deur hierdie drek geteiken en ons moet saamstaan om die weerloses te beskerm. Die regering gaan niks vir ons doen nie.

Anoniem ·

Ek was ook altyd erg op bring die doodstraf terug. Maar my volk gaan dink biekie mooi. Wil julle regtig daai mag in ons huidige omstandighede aan die korupte government gee. Vir hulle lisensie gee om ons onskuldig “wettiglik” te vermoor en later te se oeps….
Dink mooi almal wat skree bring terug die dood straf.

mariaan ·

Waar was die huishulp toe die moorde gepleeg is? Dis ‘n vreemde tyd vir ‘n huishulp om op te daag. Baie vreemd.

Antjies ·

Weet enige iemand in watter straat in Florida dit gebeur het. Dis baie hartseer dat twee ou mensies so moes heengaan. My hart is sommer seer as ek sulke goed lees….hulle is weerloos, oues van dae wat met alle respek behandel moes word.
Ai die boosheid borrel behoorlik oor in ons land. . .en onse Here sal geen sondaar ingestraf laat bly nie.

Elza ·

Sigbare eerbare polisie en sekuriteitsmense in elke omgewing ontplooi sal booswigte teenstaan en kan arresteer …jammer dat lewns so afgemaai word …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.