ʼn Egpaar is Saterdagoggend omstreeks 02:00 geskiet tydens ʼn aanval op hul kleinhoewe in Muldersdrift, Gauteng.
Kapt. Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig drie aanvallers het op die kleinhoewe toegeslaan. ʼn Man en sy vrou is met vuurwapens aangehou voor die man in sy arm en die vrou in haar maag geskiet is. “Die egpaar is na Leratong-hospitaal in Kagiso gehaas,” het Sibiya gesê.
Twee selfone en ʼn beursie is tydens die aanval gesteel.
“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die Muldersdrift-polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en huisroof,” het Sibiya bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Doodstraf kan verseker die soort van aanrand en moord stopsit
Doodstraf, maar eers moet die regstelsel reg kom.
Watter beroep is gevaarliker as om te boer in Suid Afrika? Enige beroep in Muldersdrift blyk die antwoord te wees.
Ek sal graag wil weet hoe wonings beveilig was waar aanvalle plaas gevind het want ek voel met hierdie inligting kan mense weet of hulle veilig is waar hulle woon. Dit voel nog steeds vir my of inbrekers te maklik inkom.
Ek is in 2004 voor my huis in Sunrella healthier. Die person wat my geekiest.het is positief students n uitkenningsparade identifiseer. Die saak is out die hof gegooi want die SAP het nie hulle.werk gedoen nie. Vusi loop nog steeds vry rond .