Egpaar geskiet tydens kleinhoewe-aanval

Argieffoto

ʼn Egpaar is Saterdagoggend omstreeks 02:00 geskiet tydens ʼn aanval op hul kleinhoewe in Muldersdrift, Gauteng.

Kapt. Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig drie aanvallers het op die kleinhoewe toegeslaan. ʼn Man en sy vrou is met vuurwapens aangehou voor die man in sy arm en die vrou in haar maag geskiet is. “Die egpaar is na Leratong-hospitaal in Kagiso gehaas,” het Sibiya gesê.

Twee selfone en ʼn beursie is tydens die aanval gesteel.

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die Muldersdrift-polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en huisroof,” het Sibiya bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elsa ·

Doodstraf kan verseker die soort van aanrand en moord stopsit

Deon Koegelenberg ·

Net die doodstraf gaan hierdie moorde stop…of sal ons se minimaal maak

Cherokee ·

Watter beroep is gevaarliker as om te boer in Suid Afrika? Enige beroep in Muldersdrift blyk die antwoord te wees.

Koos ·

Nou net gewonder of lewensversekering daar duurder is. Honeydew is seker tweede in die ry vir gevaarlike plotgebiede.

Cherokee ·

Heeltemal reg, as die versekeraars dit in oënskou neem sal daar dalk ‘n Muldersdrift-belading geskep word op versekering.

PJC ·

Ek sal graag wil weet hoe wonings beveilig was waar aanvalle plaas gevind het want ek voel met hierdie inligting kan mense weet of hulle veilig is waar hulle woon. Dit voel nog steeds vir my of inbrekers te maklik inkom.

Derik Oliviet ·

Ek is in 2004 voor my huis in Sunrella healthier. Die person wat my geekiest.het is positief students n uitkenningsparade identifiseer. Die saak is out die hof gegooi want die SAP het nie hulle.werk gedoen nie. Vusi loop nog steeds vry rond .

Ria Meijer ·

Van SAPD lede kan dan nie lees of skryf wat verwag jy. Ons het lankal nie meer n trotse SAP diens nie. Hoeveel van hulle is selfs betrokke by misdaad nie. Skande

Petro ·

Muldersdrift is AL LANKAL nie meer veilig om te woon nie :( Was nog nooit veilig nie en plotte is die mees weerbaarste omgewings om te woon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.