Egpaar geskiet tydens Knysna-huisroof

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man en vrou is albei in die bors geskiet toe twee gewapende mans by hul huis in Knysna ingebreek het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar is omstreeks 03:30 Vrydagoggend deur twee mans in hul huis in Queenstraat oorval. Die mans het deur ʼn venster toegang tot die huis gekry nadat hulle die diefwering afgebreek het.

“Daar word beweer dat die mans sonder rede op die egpaar losgebrand het en albei in die bors geskiet het.” Die egpaar is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas om behandeling te ontvang vir die ernstige wonde wat hulle opgedoen het. Volgens die Knysna-Plett Herald was daar kinders in die huis ten tye van die voorval.

Die verdagtes het in blou BMW van die toneel gevlug. Die BMW is later by ʼn huis in Hopestraat opgemerk. “Die polisie het op die motor beslag gelê en dit is vir forensiese toetse geneem.” Volgens Pojie het die polisie leidrade opgevolg en is ʼn 31-jarige verdagte in hegtenis geneem. “Die polisie het bewyse in sy besit gevind om hom aan die misdaadtoneel te verbind.”

Die verdagte, ʼn Tanzaniër, sal na verwagting Maandag in die Knysna-landdroshof verskyn op aanklag van roof en poging tot moord. Die ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie ·

Alweer Buitelandes!!!
Raak onrslae van al die buitrlanders wat sonder werkspermitte en vaste werk het ontslae . Dit is hulle wat loop en moor en kwaad doen

tammy ·

Moenie vergeet nie…..-Zuma het belowe om die buitelanders te beskerm. Die gemors is hier vir n rede. Ek vertrou maar op xenofobie, wat anders is daar om hulle weg te jaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.