Egpaar gevonnis wat hul kinders verkrag, mishandel

Argieffoto

Die streekhof in Pretoria-Noord het ʼn egpaar van Doornpoort elk twee keer lewenslank en 22 jaar bykomende gevangenisstraf opgelê vir verskeie misdrywe, insluitend die verkragting en mishandeling van hul twee minderjarige kinders.

Die 39-jarige man en 33-jarige vrou is skuldig bevind aan verkragting, gedwonge verkragting, seksuele aanranding, seksuele voorbereiding, ontbloting, kinderverwaarlosing en die besit van dwelms.

“Die egpaar verdien nie om ouers te wees nie, daarom is die voorgeskrewe vonnis opgelê,” het die staatsaanklaer, Hanlie du Preez, gesê.

Die egpaar het in 2014 seksuele dade op hul seun en dogter, onderskeidelik agt en vyf jaar oud, uitgevoer, die kinders gedwing om seksuele dade op hulle en mekaar uit te voer en die kinders gedwing om na hulle te kyk terwyl hulle omgang met mekaar het.

Die ma het die dogter geleer hoe om dié dade uit te voer deur haar te wys hoe om dit op haar pa te doen.

ʼn Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het in Augustus 2014 bewus geraak van die kinders by ʼn nabygeleë park. Hulle het vuil, bang en honger gelyk. Lede van die GPF het hulle na die naaste polisiestasie geneem waarna polisielede na die kinders se huis is. Die egpaar is in hegtenis geneem en aangekla van kinderverwaarlosing en die besit van dwelms.

Aanklagte met betrekking tot verkragting en ander seksuele misdrywe is later bygevoeg nadat die kinders onthul het wat met hulle gebeur het.

Die ouers het onskuldig gepleit op dié aanklagte.

Du Preez het gesê dis hartseer dat kinders nie deur hul ouers beskerm word nie en nie eens veilig is in hul eie huis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Frannie ·

Ek wonder of dit die Regter/Landros is wat ek van gehoor het by Pta-N hof. Ek kan ongelukkig nie sy van onthou nie, maar wie dit ookal was, “Well done and thank you!”

JohanR ·

Frannie – ek dink hierdie was ‘n Pretoria-Noord geval. Ek weet daat was Covid-19 tussen in, maar 2014 -2021. ‘n Mens kan maar se ses jaar. Hoekom vat hofsake SOEEEEEEE LANK in Suid Afrika?

Elize ·

Hulle mag nooit weer daardie kinders terugkry nie. Hulle moet vir ewig sit.

Cherokee ·

Elize, geen mens kan ‘n ewige straf uitspreek nie. Julle misbruik die woord ‘ewig’.

Persheks Adri ·

Hoe doen mens dit aan ‘n kind? Samelewing is siek verby. Daar is mense wat nie kinders kan kry nie en dan kry jy dié tipe mense! Hel ek maak dood as dit my kind is wragtag

LD ·

Dis om van siek te word!!! Dit walg my om die tipe stories te lees! Die arme kindertjies het skade vir die res van hul lewens. Daar moet tog iets in ñ ma en pa se kop wees om te weet dat dit verkeerd is! Sieklik man!

TO ·

Die een persoon wat hulle soft place to fall moes wees, het julle menswaardigheid weggeneem. Mag Jesus julle bewaar van enige verdere vernedering, dat julle net liefde sal ontvang en nooit weer honger sal gaan slaap

Maggies ·

Sulke mense verdien erger as lewenslank.
Liewe aarde is daar nie ‘n erger straf in die wêreld vir sulke uitvaagsels nie?
Waarom het dit so verskriklik lank gevat voor hulle vonnis uitgespreek is?
Ek hoop regtig die kinders kry goeie berading en word baie goed versorg. Liggaamlik sowel as geestelik.

Miskruier ·

Draai terug na God, lees jou bybel en as jy behoefte daaraan het, gaan kerk toe. Probeer ander dominansies my kinders is uiters gelukkig by die Babtiste kerk. Dogma bring jou nie in die hemel nie, net geloof in Jesus Christus.

Ferryman ·

Dit is verbasend dat n mens so laag kan daal. Min dinge skok deesdae, maar dit. Woorde loos. Kan dit nie verstaan nie.

ES ·

Skuim van die aarde!!! En daar is so baie mense wat so graag wil kinders wil he…

Matilda ·

Vir my is daar absoluut geen beter woord as om hulle te beskryf as DREK nie – hulle verdien die doodstraf.

Sue'kie ·

Ek wonder net wat is die verskil tussen verkragting en gedwonge verkragting?

Cherokee ·

Ek sou dink Sue’kie, om gemeenskap te hê met ‘n minderjarige, kan (waarskynlik) as verkragting beskou word, selfs al is dit nie gedwonge, maar met toestemming.

Anoniem ·

Hoe kan ;n mens dit aan jou eie minderjarige kinders doen??????? Lewenslank vir altwee!!!!!!! SIES !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.