Egpaar helder oordag op plaas oorval, aangerand

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie en lede van die gemeenskap is tans besig met ʼn soektog na twee aanvallers wat ʼn egpaar op ʼn plaas in die Luckhoff-omgewing in die Vrystaat enkele ure gelede oorval en aangerand het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê besonderhede oor die aanval is nog vaag aangesien die egpaar tans mediese behandeling ontvang en nog nie volledige verklarings aan die polisie kon gee nie.

“In dié stadium kan ek bevestig dat twee verdagtes omstreeks 12:30 die egpaar op die plaas Avondsrus oorval en aangerand het. Die verdagtes het ʼn jaggeweer, ʼn .303-geweer, selfone en ʼn onbekende bedrag kontant geroof en met die egpaar se wit Toyota Corolla-motor op die vlug geslaan,” het Kareli gesê.

Hy het gesê die egpaar het self na die polisiestasie gery om hulp te kry. “Die vrou het glo bestuur omdat haar man erger beserings as sy opgedoen het. Dit is nog nie duidelik hoe ernstig hul beserings is nie. Hulle word tans by die kliniek op Luckhoff behandel. Die mediese personeel kan dalk sê dat hulle in ʼn hospitaal opgeneem moet word. Ons wag nog om te hoor.”

Hy het gesê die egpaar se voertuig is kort ná die aanval naby die Havenga-brug gevind waar die verdagtes die voertuig van die pad af gery het. Die verdagtes en vuurwapens was skoonveld, maar die gesteelde kontant is in die motor gevind. “Die polisie is tans op die spoor van die verdagtes.”

Kareli kon nie onmiddellik die slagoffers se name bevestig nie. Hy het gesê ʼn saak van roof is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ada ·

‘n Saak van roof EN ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer klink eerder vir my na die die waarheid.

Assies ·

Ada .. dit is om van te kots! Die waarheid sowel as reg en geregtigheid is deesdae seker een van die grootste sondes wat jy kan pleeg!!! En om aan te dui dat wat gebeur verkeerd is – o genade nee – moet dit tog nie waag nie – want ons wil tog niemand te na kom nie!!! Ek sukkel om stil te bly!!! Die anderkant van hierdie muntstuk is en sal seker bly staan soos ‘n paal bo water … ons boere op plase is eenvoudig nog heeltemal te gemaklik – en as die bejaardes is – maak ‘n plan – kry iemand om daar te bly wat gewapen is – hier is die harde waarheid: As ons nie onsself gaan beskerm – NIEMAND anders op aarde gaan nie!!!

Johann ·

Dink dit het lankal tyd geword dat Zuma aangekla word vir die soort ding, hy sit salig en bollie rol terwyl die prioriteit 1 op sy lys te wees

Johann ·

Wat n skandelike aanklag teen ons sg regering! Die blatante ontkenning van die krises vlak van die aanslag teen blankes op plase, is niks anders as n stille indersteyning eb goedkeur van die ras gebasseerde moord en verworsting nie! Barbaars en lafhartig…kebmerkend van die “politieke” disfunksiinaliteit van die selfbemagtigde meerderheid.

Johan ·

En al weer wat hulle die gun’s en hulle Los die kontant.die oukies maak wapens by mekaar

Stefaans ·

Dankie Maroela en Net Nuus. Ons sou nie daarvan geweet het nie. Ware nuus word deur julle blootgelê.

Vrystaat ·

Mooi Man !!! Een verdagte aangekeer deur Gemeenskap. Staan saam my Manne.

Law ·

Hoop hys Leke bygekom!!! Polisie en plaasboere staan saam….☺☺☺ Viva. Luckhoff, Petrusville, Koffiefontein, Hopetown en Vanderkloof Saps mut nou saam werk om ernstige misdade hom t slaan. Danki

vermeende ·

Maroela, as die egpaar letsels dra dan is hulle nie oorval nie maar aangeval.

Moenie bang wees vir die waarheid nie, julle lesers staan agter julle.
Noem die misdaad op die naam, noem dit wat dit is……….. ‘n aanval!

Theresa ·

Mure, heinings, elektriese toestelle, selfs wagte = help nie. Dis die vrot appels wat uit ‘n samelewing verwyder moet word. Dis wat nodig is. Respek moet weer vir die gereg gevorm word en daarom moet die regsdienaars gekeur wees en nie korrup en omkoopbaar wees nie. Die tronk moet ‘n plek wees waar niemand uitsien na ‘n plekkie om te slaap en kossies te kry nie. Loslopers moet verwyder word uit strate, sypaadjies en by robotte. Laat hul almal gaan landerye omspit met ‘n spitvurk op ‘n nuwe voornemende boer se plaas.
Ongelukkig sit ons met ‘n totaal en al onbevoegde regering wat hul fokus op ander goed het.

lw ·

Die belastingbetaler betaal die regering se salarisse – ons soek waarde vir ons geld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.