Egpaar het glo boer in Venezuela bedrieg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man en sy vrou sal na verwagting Donderdag in ʼn hof in Limpopo verskyn nadat hulle ʼn boer in Venezuela glo met meer as R180 000 bedrieg het, het die Valke gesê.

Cedric Dolphane Djiki (25) van Kameroen en sy vrou Marlyn Lethabo Molobela (25) van Limpopo sal na verwagting in die Polokwane-landdroshof verskyn om aansoek te doen om borgtog, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, Woensdag gesê.

Die boer het glo aanlyn chemikalieë van die egpaar se beweerde vervalste maatskappy, Molobela ML Trading, bestel.

“Die slagoffer moes dadelik die geld oorbetaal, insluitend verskepingskoste na Venezuela. Die man het eers agterdogtig geraak toe hulle hom versoek het om nog geld oor te betaal,” het Mulaudzi gesê.

Die man het glo dadelik die Valke in kennis gestel en hulle het dadelik die saak ondersoek. “Die transaksie het die polisie uiteindelik na Molobela gelei en sy is op 3 Februarie in hegtenis geneem.”

Djiki is op 5 Februarie in hegtenis geneem toe hy by die hof opgedaag het om sy vrou te ondersteun.

Die Valke het beslag gelê op vervalste belastingsertifikate en ander vervalste dokumente wat aan die slagoffer gestuur is om te laat blyk of die transaksie eg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.