Egpaar ‘hou kop’ in plaasaanval; boer skiet een in gesig

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Gesin van Vredendal in die Wes-Kaap sê hulle is “dankbaar om steeds te lewe” nadat hulle Saterdag kort voor middernag die slagoffers van nóg ʼn plaasaanval was.

Nico Greeff het Sondag aan Maroela Media vertel hy en sy vrou, René, het omstreeks 23:30 wakker geword van hulle honde wat “aggressief” geblaf het.

Greeff sê hoewel die egpaar nie onmiddellik onraad gemerk het nie, is hulle ʼn paar minute later deur oordonderende stamp- en rukgeluide wakker gemaak.

Hy sê sy vrou het aanvanklik eers uit die bed opgestaan om te kyk of sy enigiets kan sien, waarna sy twee verdagtes buite hul huis gewaar het. Die verdagtes was volgens hulle besig om aan die veiligheidshek te ruk en te kap.

“Toe die man haar sien, het hy na die voordeur gehardloop. Sy het in die kamer ingestorm en gesê: ‘Nico, daar is mans wat probeer inbreek.’ Ek het onmiddellik opgespring en my haelgeweer – wat altyd langs my bed staan – gegryp en na die voordeur gehardloop,” vertel hy.

Greeff sê die verdagtes het teen dié tyd reeds die veiligheidshek oopgebreek en was in die proses om die houtdeur ook oop te breek.

Hy sê René het teen die houtdeur gaan staan in ʼn poging om die aanvallers buite te hou. “Hulle het daarin geslaag om die deur ook oop te breek, en ek het die geweer gelaai. Hulle wou die deur oopdruk en René het dit toegedruk. Hulle het dit weer probeer oopdruk waarna ons minstens twee mans gesien het, maar René kon die deur weer toedruk.

“Ons het kliphard geskree: ‘Ons het ʼn wapen en ons gaan skiet!’ Hulle het hulle nie daaraan gesteur nie en net aangehou om die deur oop te dwing. Ek het vir René gesê sy moet eenkant toe staan; sy het eenkant toe gespring en ek het geskiet. Ek het een van die aanvallers in die gesig gewond, waarna hulle weggehardloop het.”

Greeff sê die aanvaller het ʼn bloedstreep van die voordeur tot deur die heining en tot by die teerpad gelos. Die egpaar het eers later vasgestel dat dit wel vier verdagtes was wat by hulle huis wou inbreek.

“Ons skoondogter het met hulle tweeling hier by ons kom slaap. Dit was so amper of ons was dalk nie eens hier nie. Hulle het beslis gekom op soek na geld of selfs om ons seer te maak. Ons is dankbaar ons leef en dat ons deur die hele voorval kon kophou,” sê hy.

Greeff het die polisie geloof wat volgens hom vinnig op die toneel opgedaag en die voorval professioneel hanteer het.

Kapt. Caren Coetzee, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn saak van poging tot huisroof geopen is.

Coetzee sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Magda Van Vuuren ·

So dankbaar di slagoffers is ongedeerd. Amen, danki Liewe Heer.

Sakkie ·

Gelukkig was daar ‘n vuurwapen. Wat sou gebeur het as hulle onbewapen was?

ontevrede leser ·

nog ‘n plaasaanval, ooo gaats, hier word weer ‘n moordsaak ge-open, niks met selfverdediging te doen nie, sterkte greef en familie

KG ·

Tans net ‘n saak van huisroof wat geopen is. Mag dit so bly,….

Marianne ·

Julle is Helde!
God het hulle onmenslik krag gegee sodat hulle kon terug baklei en veilig wees.

Wors ·

MM, julle noem “Kort voor Middernag” maar gee die tyd voor as 11:30. Is dit nie 23:30 nie, of lees ek verkeerd?

Cyril Blackburn ·

Dagsê Wors
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig moet inderdaad lees “23:30”. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Boertjie ·

Sjie Wors maar jy is skerp. Ek het n vraag vir jou Hoeveel muur horlosies wys die tyd as 23h30. Is dit nie gewoontlik 11h30 nie lololololl

Gert ·

Boertjie, ‘n gewone muur horlosie wys nie 11h30 nie, net 11:30, dus 23h30 is in die nag, 11h30 is dit dag (wanner die son skyn waar ek bly)

Robert ·

Alhoewel dit onstellende gebeure was, wil ek die Greefs prys vir hulle kalm maar daadwerklike hantering van die aanval.
Die polisie hantering van die saak is ook prysenswaardig. In ander gevalle veral in die Noorde van die land word die slagoffer gearresteer as die geweld met geweld begroet word. Dis mos die nuwe, demokratiese SA waar die kriminaal (eintlik terroris) meer regte het as die slagoffer.

Jerry ·

Boere en weerlose oumense moet hulle lewenswyse verander en waaksaamheid en paraatheid verskerp en bereid wees om te skiet wanneer hulle met geen ander keuse gelaat word nie ten einde te oorleef. Onthou net dat n waarskuwing skoot eers afgevuur moet word indien die situasie dit toelaat. Vervolging vir die soort optrede uit noodweer behoort suksesvol in n hof verdedig te kan word, alhoewel die aanklaers baie klem sal le om te probeer bewys dat n waarskuwingskoot gevuur kon word. Dit gese en dit tersyde, ek is trots op julle omdat julle bereid is om terug te veg teen n situasie wat se einde, dit blyk, nie in sig is nie.

Dissie ·

Lukas, jy is briljant…. Dis presies wat die boere moet doen. Hoe gaan hulle weet watter een jy eerste afgevuur het?

Bergie ·

Die wet vereis nie dat n waarskuwing skoot gevuur word nie. Dit is ook nie snaaks as n saak van moord teen die slagoffer ondersoek word nie. Dit is maar hoe dit is as selfs die aanvaller sy lewe verloor. Die grondwet vereis net dat die ” moordsaak” ondersoek word as n lewe verloor is.

Zeus ·

Nog n Boer wat sy eie lewe gered het omdat hy bewapen was. As hy nie bewapen was nie was hy heelmoontlik dood.

andrea ·

So ongevraagd. As jy hom ken sal jy weet hy was jare terug in n ongeluk wat hy amper sy voet verloor het. Hy loop nie maklik nie.

RHG ·

Groot genade vir hulle. As hulle vuurwapens gehad het, kon hulle haar deur die houtdeur geskiet het. Eintlik was dit baie gevaarlik wat sy gedoen het. Ons is saam met hulle dankbaar.

Awill Peddy ·

Vuurwapen n moet,haal in die aande uit kluis,vir die gesin se veiligheid.

Peet J ·

Dit wil nou voorkom of die ganse land met kriminele besaai is want al die provinsies loop nou deur ek sal my nie verbaas as hulle weer gaan terugkom nie ek meen CR het dan gesê die herverdeling van landbougrond moet bespoedig word nl. onteiening sonder vergoeding. Ek kan maar net sê dankie Here ek het myne verkoop gekry en gaan nou in ‘n dorp bly in die Noord Kaap gedeelte. Sterkte aan Greef en familie.

Theresa ·

Slim. huur dan lappie grond waar jy weer kan boer sonder swaard oor kop of aanvallers in huis. Iets wat min aan dink – goed wat in woestyne aard. Kyk waarmee Israel boer vir interessantheid. Jy is gelukkig, ja. Sommige boere kan nie verkoop nie vir verskeie redes en is afhanklik van regverdigheid. ‘n Term wat al vir menige jare nou vergete is.

Lollie ·

Sjoe!!! Dankie Heer dat hulle veilig is. Vyand loop rond soos brullende leeus! Wees PARAAT EN NUGTER julle mensies!!!!

Francois ·

Ek kan nie glo dat so iets in die Vredendal omgewing gebeur het nie !!! Ek het gedog dit is een van die lekkerste en veiligste plekke in die land ? So selfs daar moet mense moet n haelgeweer langs die bed slaap ! Dus ons bly in n regte oorlog zone waar jy ten alle tye n aanval van gewapende terroriste kan verwag. Jy moet gereeld oefen en jou wapens gereed hou. Dus jy moet jou eiendom soos n militere kamp inrig. Want hulle gaan vir jou kom.

Theresa ·

Lyk so, as mens die afgelope 3 jaar se moord- en aanvalstatistiek nagaan.

Elsa ·

Ramaphosa sal die moorde sy eerste prioriteit moet maak, te veel en te vinnig…..trauma en vrese sal nou moet STOP, mag booswigte spoedig agter tralies sit en ‘n voorbeeld word van wat wag op misdadigers..

Hannes ·

Hou maar aan droom. Jy glo n ANC president gee om die boere. Mense is darm naïev.

Izet ·

Welgedaan. Julle het nie deel van die statistiek geword. Julle het bewys hier gaan ons nie lê sonder n fight nie en dis die boodskap wat ons moet uitstuur teen misdaad en misdadigers. Bly julle is ongedeerd. Prys God

TLC ·

Amen amen Amen Greeff ek is so trots op jou dat jy jou familie beskerm het en bo als was jy paraat. Amen

ferdi ·

Vergeet van CR wees paranoid gereed te alle tye goei werk hou aan met skiet jippi

Johanna Botha ·

Wees ALTYD gereed …sorg dat jou kamerdeur ook n sterk hek het wat kan sluit en wees gewapen selfs gedurende die dag …ag altyd !

Gerna ·

Ek het my pa 8 Nov 2017 verloor op sy ouderdom van 64jaar. Hy is vermoor. Hy het ñ man gaan oplaai by sy huis om in die tuin te gaan werk. Oppad terug na my ouers se huis het hy my pa DOOD gesteek met ñ mes. Hy sit nogsteeds in die tronk. Sy saak word uitstel en is laas week oorgeplaas na die streekshof. Ek het altyd gelees van die tipe ding wat met ander mense gebeur maar NOOIT geweet my pa is ń volgende slagoffer. Wanneer my gebied oortree word sal ek optree om my en my falimie te beskerm. Daar word nie die nodige straf aan moordenaars gegee nie. As hy/hulle ñ mens se perseel oortree is hulle oortreders en HOORT nie daar nie. As hulle deure/vensters breek of jou diere vergiftig is dit ñ misdaad. So vat wat na jou kant toe kom

Wena catherina coetzee ·

Daar was nerens melding gemaak in staatsrede van hoe die boere beskerm gaan word nie….. Daar is elkedag plaasaanvalle….. Gister hierdie een in vredendal…. 9 boere vermoor in 46 dae huidiglik……. Iets sal drasties moet gebeur want so kan dit nie aangaan nie……………

Johan de Beer ·

Lees my opebrief hier.
www opebrief com

Stuur Dit vir elke boer Wat jy Ken
Groete
Johan

Sarie ·

Ek dink jou produk is uitstekend. Ek hoop jy gaan goeie reaksie kry.

Johan de Beer ·

Stuur hierdie brief se link na elke boer Wat jy ken, asseblief.

www opebrief com

PJC ·

Hierdie wys weereens hoe belangrik dit is dat ons huise beveilig moet wees sodat aanvallers geweld moet gebruik om in te breek. Die lawaai wat dit veroorsaak dien sommer as alarm om jou wakker te maak en gee jou net daardie bietjie meer kans om jouself te verdedig mits jy natuurlik bewapen is anders is dit nag vir jou. Onder geen omstandighede moet daar gehuier word om te skiet nie want dit kan jou en jou gesin se dood beteken.

Johan de Beer ·

Ek kan help.
Lees my brief, as daar genoeg belang stelling is dan kan ons mense se lewens begin red.
Stuur vir almal Wat jy ken, en vra vir hulle om Dit te Stuur. Die getal mense wat Dit gelees het is 332. Kom on Maak dit 1 mil.
www opebrief com
Onthou die .

msp ·

Mense, wees asb veral in die tyd PARAAT. Kriminele sal nou alles doen om die boere se vertroue te breek…Staan vir die soveelste maal saam en wees gereed om jou gesin te beskerm teen die bose elemente.

verna van Heerden ·

God was waarlik teenwoordig. ‘n Mens hoor maar min dat mense ongedeerd van ‘n plaasaanval afkom. Dankie Vader dat julle paraat was. Almal moet besef dat geen plaas meer veilig is nie,
laat ons gereed wees vir enige gebeurlikheid.
Al het julle ongedeerd daarvan afgekom, weet ek dit was vir julle traumaties. Prys die Here!

Wonder maar net ·

So God was nie teen woordig tydens die ander duisende aanvalle waar die boer vermoor en sy vrou verkrag is nie?

maria van dyk ·

ek altyd gedink , plaas aanval sal nie hier gebeur nie , maar kyk nou , hulle hou nie op nie

Sarie ·

Ek glo jy het ‘n wenner beet. Jy gaan baie belangstelling kry.

Wonder ·

Diep dankbaar julle is veilig. Dit is nie nodig om ‘n waarskuwings skoot te skiet nie.
Maroela, kan julle nie asseblief die wetgewing, “in dood gewone taal” plaas, wanneer jy mag skiet en nie mag skiet nie.

Phillipae van Tonder ·

Wanneer gaan ons begin besef dis tyd dat almal van ons weerbaar moet wees. Ons woon in Springs woongebied, nie op ‘n plaas nie. Saterdag oggend 3 uur was hier twee huise van ons af ‘n skietery. 2 het dit goed gedink om eers die bure oorkant die straat se honde te vergif en daarna ‘n gastehuis te probeer beroof. Gelukkig het ons ‘n op en wakker CPF en polisie beampte in ons area. Sondag oggend 1:14 het ons weer ‘n skietery gehad in dieselfde straat. Wat my regtig verstom is dat daar steeds mense is wat dink hul hoef nie deel te word van die CPF nie, terwyl hul snoesig in hul bed le is die ander gemeenskaplede besig om “hulle” vroue en kinders te beskerm. Skaam jou lafaard, word ‘n man en begin saam staan dan kan ons misdaad bekamp.

ANONIEM ·

Sjoe God se hand was oor hulle. Dankie dat hul n vuurwapen gehad het….
Ek sidder om te dink dat hierdie dinge nou op ons voordeur gebeur. Nie eers 150km van ons af nie. God moet ons asb bewaar hiervan,,,,

Max ·

Manne en vrou is gevang, seisoenwerkers. Altyd die eie honde wat die seerste byt. Mooi Vredendal polisie, julle is wakker

Theresa ·

Bravo!!! dis asof dié wat in diens geneem word, al hoe meer bewys hul is die oë en ore vir ernstige misdaad. ondankbaar.

Roelf Berg ·

Kan enige kundige vir ons almal sê wanneer is dit n plaas aanval en wanneer is dit n huisroof as die aanval op n plaas en by n plaas huis is. Of speel die Polise met die bewoording van klagtes om “PLAAS AANVALLE” se opgawe tot n munimum te beperk – vra net!!

Max ·

Roelf, ek is nie ‘n kundige nie, maar hierdie was ‘n plaasaanval. Die aanvallers het ten spyte daarvan dat hulle bewus was dat iemand hulle met ‘n geweer inwag bloot voortgegaan om die hek en deur af te kap. Ja hulle wou roof, maar hulle wou ook moor. Die amptelike weergawe mag verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.