Egpaar in Bryanston vermoor

crime scene tapeʼn Egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure in hul huis in Bryanston, Johannesburg vermoor.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn familielid van die egpaar het omstreeks 06:00 op hul liggame afgekom. Die familielid bly in ʼn kothuis op die erf.

Volgens Mothutsane is die egpaar se liggame in ʼn slaapkamer gevind. “Ek kan nie sê hoe hulle doodgemaak is nie, aangesien dit deel sal vorm van die ondersoek.” Die egpaar se motor is gesteel.

Mothutsane het gesê die motief vir die moorde is onbekend en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

Mothutsane kon nie die egpaar se ouderdomme verskaf of bevestig of hulle die eiendom besit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annamarie Loubser ·

Iets moet gedoen word teen hierdie moorde Ons moet begin saamstaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.