Egpaar in hof ná gru-moord

Charlotte en Wyne Rosslee in die hof. Foto: Verskaf

Charlotte en Wyne Rosslee in die hof. Foto: Verskaf

Die egpaar wat in ʼn begraafplaas in hegtenis geneem is ná die gru-moord op Wilfred Edward Ernsting (54), het Woensdag in die Hennenman-landdroshof in die Vrystaat verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Ernsting is Sondag in ʼn plas bloed in sy huis in Hennenman aangetref. Daar was ʼn laken oor sy liggaam getrek.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Wyne Rosslee (48) en sy vrou, Charlotte (28), is tot 15 Februarie uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Ernsting se buurman het onraad vermoed toe hy ʼn onbekende man en vrou met Ernsting se motor sien ry het. Hy het na Ernsting se huis gegaan om ondersoek in te stel en gevind dat al die deure van die huis gesluit was. Slegs een van die slaapkamervensters was effens oop. Die buurman kon deur die venster Ernsting se liggaam op die vloer sien lê en hy het die polisie ontbied.

Ernsting se hande en bene was vasgebind en daar was bloed oor die hele slaapkamer. Die Hennenman-polisie in samewerking met die Welkom-honde-eenheid het dadelik na die motor begin soek. Die polisie se ondersoek het aangedui dat die voertuig laas naby Phomolong buite Hennenman gesien is en die voertuig is in daardie gebied opgespoor.

Polisiehonde is gebruik om die verdagtes se spore van die voertuig te volg en die honde het polisiebeamptes na ʼn nabygeleë begraafplaas gelei waar die egpaar by ʼn graf aangetref en in hegtenis geneem is.

Die honde het ook twee van Ernsting se identiteitsdokumente gevind waar dit in die begraafplaas begrawe is. Die motor se sleutels is in die bosse gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

cor ·

Die vrou was seker weer die huiswerker gewees wat haar laat insleep het in die moord deur die man wat te lui is om te werk. Vandag is ‘n lewe niks werd nie,jy het nie regte nie, nie eers die reg om te lewe nie. Dit is net die moordenaar, verkragter , pedofiel en korupte swendelaar wie regte het en nog regshulp ook kry op die belastingbetaler se onkoste.

Oneil ·

Maroela ek dink julle laat sekere dinge uit, soos dat die verdagtes en die slagoffer bevriend was? Nou dink mense weer klomp ander dinge wat nounou weer op n debat lei. Soos dat sy die huiswerker was en sy was nie eens nie, dit was volgens netwerk 24 vriende van hom en hulle het op n vorige geleentheid sy beursie al gesteel. Hulle bly in n huis in dieselfde straat as die oorledene.

Anna ·

En dan wonder die regering hoekom daar die afgelope jaar soveel minder huiswerkers in diens geneem is of afbetaal is………. Ek doen eerder alles self

JC ·

Hei Anna en Anne, julle is so reg.. Doen alles self, anders is jou lewe deesdae op die spel.
Asseblief, dank alle tuinhulpe en huishulpe af en begin self die werk doen, ek dink so sal gesinne en gesinslede en sommer hele families wat saamwerk en self die nodige doen ook nader aan mekaar beweeg en so ‘n positiewe uit ‘n negatiewe maak. Waarom op aarde moet jy vir iemand werk en kos gee war met moordgedagtes in sy of haar kop rondloop en nie dankbaar is teenoor jou vir die geleentheid nie? Nee wat! Ek dink ons het nou al die afgelope jaar op Maroela net TE VEEL gesien van sulke gevalle. Dit grens dus TEEN ALL LOGIKA in om vol te hou met die status quo. Die gevalle het plaasgevind van Jhb (‘n zimbabwe) tot in Groblershoop (weereens ‘n zimbabwe)

dan ·

Stem saam om die werk self te doen.Te gevaarlik om huis en tuinwerkers in diens te neem. Kyk net die foto. Dit spreek boekdele.

Amanda ·

Stem saam !! Doen als myself!!! Ons doen tuin werk vinnig op n Sondg middg laat en Di hele gesin spring in!! Elk ht hule plekkie I’d tuin!! Almal help opruim v slapenstyd!!

Plaasmeisie ·

Daai man werk hard in sy lewe daai is een van my vriende. Ek weet nie wat gebeur het nie stel ook nie belang nie. Hy is n goeie mens hy het kinders hy was soos n pa vir my. Sy het by my sussie vir n dag gewerk toe ons by huis kom het die vrou n vriendin in ons huis laat kom. Sy vir hulle ons laste kos gemaak en somer die soundsestime aan gesit. My hart was seer toe ek hoor hy is met haar getroud. Nou is my hart gebreuk. Vandat hulle getroud is bel hy my nie meer nie.

Christine ·

Kyk, ek glo ons is almal gebore met ‘n keuse, niemand sal my dwing om iets te doen wat tussen reg en verkeerd onderskei kan word nie, so albei is ewe skuldig want hoe anders is die motor met hulle verbind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.