Egpaar in hof oor foto’s van babamishandeling

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sindikaat wat foto’s versprei van babas wat mishandel word.

Die man (33) en vrou (22) van Westering is glo deel van ’n internasionale kinderpornografie-sindikaat wat foto’s en beeldmateriaal versprei van babas wat gemartel, verkrag en vermoor word. Dit is volgens Miranda Friedmann, direkteur van Vroue en Mans teen Kindermishandeling.

Nóg ʼn verdagte in die saak het Woensdag in die landdroshof verskyn. Die saak teen dié verdagte, ʼn rekenaar-ingenieur van Plettenbergbaai, is tot 12 Mei uitgestel. Hy is vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat. Die man is op 13 Januarie in hegtenis geneem nadat die polisie in België hom opgespoor het en hul eweknieë in Gauteng in kennis gestel het.

Lt.kol. Heila Niemand het destyds aan TimesLive gesê dit is die ergste vorm van kinderpornografie wat hulle nog gesien het. “Dit was die eerste keer dat ons dié soort mishandeling van babas gesien het.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eliza-beth ·

Ek het nie eers die berig gelees nie – sulke goed maak my siek. Die opskrif alleen is genoeg om my te laat opgooi. Maar dalk, net dalk lees iemand hoe ander voel oor sulke siek goed en is hul dalk bewus of het agterdog oor ander wat die tipe van siek goed doen en sal dan uitkom met dit en sorg dat sulkes vervolg word. Mag almal namens die onskuldiges wakker loop en as jy dinge vermoed – wees lieiwer verkeerd as wat jy dit nie rapporteer nie. Daar is iets soos naamloos rapporteer. Maar moet nooit net stilbly of wegkyk nie…

Martha ·

Ek weet nie of die Here vir hulle genadig sal wees nie. Nie eens diere maak met hulle werpsels so nie. Ek wonder wat dryf mense tot sulke dade? Is ledigheid nie die duiwel se oorkussing nie.

Ghost ·

Dis siek. Dan gee hulle nog borgtog. Sulke mense hoort nie in die samelewing nie.

Anoniem ·

Waar kan mens so iets aanmeld? Mens lees altyd van die Pedofiele wat gevang word maar daar is nerens ‘n link waar jy dit kan aangee nie… Om dit by die Polise aan te meld is sinneloos…

Elfie ·

Anoniem, ja ek dink dis iets wat groot aandag moet kry. Kan Maroela nie permanente skakels êrens plaas waar mens sulke tipe goed kan aanmeld. Mens voel magteloos maar as mense darem ‘n plek het waar hul kan kla wat iets gaan doen…

pop ·

Dis die duiwel se werk. Ek sien vanmore in pamflette dat daar groot karnaval gehou gaan word in Toti deur pageniste. en kamptig vir die kindertjies baie speletjies en speelgoed te koop. Groot makietie met besemstokke, heksehoede, bokkoppe en die pentegram. Dis so boos, maar die kerke is doodstil. geen betogings daarteen of n piep uit hulle uit nie. EK WONDER NIE MEER HOEKOM DIE LAND IN N GAOS IS EN DAAR SULKE LELIKE GOED GEBEUR NIE. DIS DIE DUIWEL!!!!!!!

ANN ·

Dis siek ek wil huil en huil. Hoe gebeur hierdie dinge? Maar ek stem saam dit is die duiwel se werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.