Egpaar in hof oor ‘gesteelde’ vigsmiddels

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar het in die Kanyamazane-landdroshof buite Nelspruit, Mpumalanga verskyn nadat hulle glo antiretrovirale middels gesteel het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van de polisie, sê die 48-jarige vrou is Vrydag in hegtenis geneem nadat die polisie die antiretrovirale middels by die egpaar se huis gevind het. Die vrou se 48-jarige man het homself Maandag aan die polisie oorgegee. Hy voer aan dat die middels aan iemand anders behoort en dat hy dit moes aflewer.

Die egpaar is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en die saak is tot 23 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.