Egpaar in hof oor moord op 74-jarige vrou

ʼn Egpaar het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met die moord op die 74-jarige Angelina Ncikazana Thibeletsa.

Die egpaar staan tereg op aanklag van moord, huisroof en die diefstal van ʼn motor, het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê. Die saak hervat op 28 Februarie 2019 in die Bloemfonteinse hooggeregshof. Die egpaar bly in aanhouding hangende verdere inligting oor hul borgtog.

“Die verdagtes, Lonwabo Ntombela (24), oorspronklik van Aliwal-Noord, en Masekati Mallela (21), oorspronklik van Winburg, het by Thibeletsa gebly,” het Mbambo verduidelik. “Die twee het op 4 Januarie glo kontant en juwele van die slagoffer gesteel voor sy vermoor is. Hulle het haar liggaam na Kroonstad geneem waar dit aan die brand gesteek is. Haar verkoolde liggaam is op 5 Januarie naby ʼn hoërskool in Kroonstad gevind.”

Die twee verdagtes is reeds op 16 Januarie in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tinus ·

Dit is nie so erg nie, om n rassis te wees is erger. Niemand gaan veel notisie neem van hierdie moord nie. Die EFF sal ook nie voor die hof toi-toi nie, dit is mos nie rassisme nie!

julius ·

Egpaar is twee wat wetlik en christelik in die huwelik getree het. Hierdie twee het net saam gebly. Die berig is nie reg nie.

Wouter ·

Julius, eerstens lyk jou naam verdag? Tweedens hoef jy nie Christelik in die eg verbind te wees nie, jy kan voor n Landdros trou om ook n egpaar te wees. Maar ek glo ook nie dat hule wettig getroud is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.