Egpaar in hof oor R10 m. se ‘munisipale fout’

Die kantoor van die Dr JS Moroka munisipaliteit in Siyabuswa, Mpumalanga. Foto: ANA

ʼn Egpaar wat na bewering foutiewelik R10,6 miljoen betaal is vir konstruksiewerk wat hulle vir die Dr JS Moroka munisipaliteit gedoen het, het Donderdag in die Mdutjana-streekshof in Siyabuswa, Mpumalanga, verskyn.

George en Maria Mabaso is nie gevra om op die aanklagte teen hulle te pleit nie. Die saak is tot 9 November uitgestel om hul nuwe regsverteenwoordiger kans te gee om die saak voor te berei. Die egpaar is reeds verlede maand tydens hul eerste verskyning in die hof op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het Donderdag gesê die munisipaliteit was R1,6 miljoen aan die Mabaso-egpaar verskuldig nadat die egpaar se naamlose konstruksiemaatskappy ʼn waterreservoir vir die munisipaliteit opgerig het. ʼn Tender is aan die egpaar toegeken vir die bou van die reservoir.

“Daar is foutiewelik R10,6 miljoen in hul bankrekening betaal en toe die munisipaliteit later probeer het om die betaling om te swaai, was daar niks meer in die rekening nie,” het Sekgotodi gesê. “Ons ondersoek het getoon dat hulle die geld in hul persoonlike bankrekening oorgeplaas en gebruik het om toerusting vir hul besigheid te koop. Albei die beskuldigdes is die direkteure van hul konstruksiemaatskappy.”

Sekgotodi het gesê die beskuldigdes het geweet hulle is te veel betaal en het nie aan die ondersoekspan ontken dat hulle die geld ontvang het nie. Sy het gesê die Dr JS Moroka-munisipaliteit het nie ʼn strafregtelike aanklag aanhangig gemaak oor die geld wat te veel betaal is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Eish ·

Dis maar klein vissies. Wanneer kom die groot visse aan die beurt?

Lizl ·

Snaaks dat daar nou kort kort sulke miljoen rand glipsies deurkom…

Marchel ·

Hoe in die lewe kan n tender toegestaan word aan n naamlose maatskappy??? Gaan soek die geld in res van die amptenare se rekeninge……

Hennie ·

Weereens besef ek dat “0” die belangrikste letter in die alfabet is. Sit hom op die verkeerde of ‘n ander plek en dit maak ‘n redelike verskil.

Adam ·

Hennie, hier is vir jou ‘n ideale pos as Direkteu: Finansies. Die blote feit dat jy nie besef dat “0”‘n syfer en nie ‘n letter is nie en dat syfers niein die alfabet voorkom nie, maak jou die ideale kandidaat. LOL

Johan en Christa Niemann ·

Kan ek ook nie maar my reknr gee…ek kort ook geld!

Ano ·

Nee heng nou vertaan ek nie reg nie. “egpaar se naamlose konstruksiemaatskappy ” Hoe op dees aarde kry ‘n naamlose maatskappy ‘n tender van R1,6 miljoen?

Frikkie (Nie pienk) ·

Die ekstra R 9 miljoen het hul nou hopelik gebruik om ‘n naam te registreer vir die maatskappy.

thelsa ·

Ai, jai, jai. Is dit nie skrikwekkend dat die vermoë om niks (nul) reg te doen tot in die syfers ook nou so gereeld voorkom. Iemand moes die bedrag op die betalingsinstruksie gelaai het, iemand moes dit geverifieer het teenoor een of ander dokument en die ersgte is nog dat iemand (hoog op) die betaling goedgekeur het. Ai die onvermoë ken net geen perke nie.

Sjoe ·

Dit gebeur omdat daar mense in poste geplaas word wat nie die werk kan doen nie.

SjN ·

Dit is hoekom die egpaar dit ontken, die fondse is dan in n naamlose rekening in betaal aangesien betalings aan derde partye nie toelaatbaar is nie. Ondersoek ook die persoon wat die oorbetaling gedoen en die een wat dit gemagtig het.

snoefie ·

hulle het willens en wetensdie geld uit hulle naamlose maatskappy onttrek en in hulle eie persoonlike rek betaal, tog het die Dr JS Moroka-munisipaliteit het nie ʼn strafregtelike aanklag aanhangig gemaak oor die geld wat te veel betaal is nie. nou vra ek hoekom is hulle in die hof?

Tanya Kruger ·

Suid-Afrika, jou lekker ding! Naamlose Maatskappy, miljoene wat oorbetaal word…

Idris ·

Hahahahaha! Hoe lekker lag ek nou! Wil kyk of ek nie maar ook n tender kan gaan ingee nie.

Sonder Naam ·

Indien hier enige Kapenaars gekommentaar het sal hulle KZN ken (Klub Zonder Naam) nou is hulle seker MZN (Maatskappy Zonder Naam)!!

WONDER ·

Nou wonder ek ook maar net, kan ek nie ook maar so ou foutjie ontvang nie. Enigste foutjies is wat hulle my charge! Hierdie tweetjies gaan seker ook nou net sielkundige berading ontvang, dis mos ‘n traumatiese affêre die…

Susan ·

Hoe betaal mens geld in banrekening in,hoe bestaan enige rekening As maatskappy nie naam het nie!WOWWWW

paul ·

Betalings moet deur streeks-regering gedoen word Munspaliteite kan nie vertrou word om geld te hanteer wat van streeksreg. kom.

Anne ·

Regtig, as ek werk verrig wil ek nie nog hulle werk ook doen om te verseker dat hulle my reg betaal nie?

Anoniem ·

En nou wil “hulle” die wiskunde slaagsyfer verlaag na slegs 20%! Asof die wiskundige geletterdheid van die nasie nie alreeds beroerd genoeg is nie.

Boet Fasie ·

Paul ek stem saam rekenings moet deur streeks- regering betaal word, hulle sit nog so paar nulle ekstra by. Die probleem is dat tender toegestaan is aan ‘n swart bemagtigings maatskappy en dat meer geld oorbetaal is as wat verskuldig is. Ek glo dit gebeur gereeld in SA met toeken van tenders en betalings van kontrakteurs en daar is seker ‘n amptenaar of wat, wat ‘n vinger in die pie het en hulself verryk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.