Egpaar in hof vir bedrog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn op aanklagte dat hulle die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) uit ʼn groot bedrag geld bedrieg het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerver van die Valke, het gesê Mathakha Madzivhandila (40) en sy vrou, Hilda (36), is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat nadat hulle Maandagoggend in hegtenis geneem is.

“Die egpaar het glo die NOK genader en vir befondsing aansoek gedoen om hul sakeonderneming te ontwikkel. Hulle het glo vals dokumente aan die NOK verskaf wat daartoe gelei dat die NOK ʼn verlies van R1,1 miljoen gely het.”

Volgens Mulamu het die egpaar glo ook kwotasies van verskaffers gekry en die bedrae wat hulle dan by die NOK geëis het meer gemaak.

Die saak is tot 15 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos1 ·

Aai, en ek dog bedrog en korupsie is ‘n westerse begrip wat nie in Afrika tuis hoort nie!
Ek as gewone SA burger sien alles wat die regering doen, Nkandla, Eskom se verhoogde kontrak pryse en noem maar op, en wonder by my self, hoekom kan die regering met die wegkom, maar soos die gewone burgers wat die selfde probeer word voor die hof gesleep?
Hier is nou die bewys dat ons land dubbele(trippelde?) standaarde het!!!!

Johann ·

Interessant dat al die goedjies eers na die tyd “uitgevind” word. Wats die stelsels werd wat gebruik word om besigheid te innisieer?

KarooKlong ·

Ek mag verkeerd wees, daardie van is nie Suid Afrikaner nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.