Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerver van die Valke, het gesê Mathakha Madzivhandila (40) en sy vrou, Hilda (36), is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat nadat hulle Maandagoggend in hegtenis geneem is.
“Die egpaar het glo die NOK genader en vir befondsing aansoek gedoen om hul sakeonderneming te ontwikkel. Hulle het glo vals dokumente aan die NOK verskaf wat daartoe gelei dat die NOK ʼn verlies van R1,1 miljoen gely het.”
Volgens Mulamu het die egpaar glo ook kwotasies van verskaffers gekry en die bedrae wat hulle dan by die NOK geëis het meer gemaak.
Die saak is tot 15 September uitgestel.
Aai, en ek dog bedrog en korupsie is ‘n westerse begrip wat nie in Afrika tuis hoort nie!
Ek as gewone SA burger sien alles wat die regering doen, Nkandla, Eskom se verhoogde kontrak pryse en noem maar op, en wonder by my self, hoekom kan die regering met die wegkom, maar soos die gewone burgers wat die selfde probeer word voor die hof gesleep?
Hier is nou die bewys dat ons land dubbele(trippelde?) standaarde het!!!!
Interessant dat al die goedjies eers na die tyd “uitgevind” word. Wats die stelsels werd wat gebruik word om besigheid te innisieer?
Ek mag verkeerd wees, daardie van is nie Suid Afrikaner nie.