Egpaar in hospitaal ná plaasaanval

Megan en Peter-Murray Cross is in hul plaashuis oorval. Foto: Facebook

ʼn Egpaar van die Matjiesfontein-omgewing in Limpopo sterk in die hospitaal aan nadat hulle Dinsdagaand in hul plaashuis aangerand en beroof is.

Peter-Murray (48) en Megan Cross (31) het omstreeks 20:00 op die plaas Koedoespan sit en TV kyk toe vier mans met balaklawas ʼn groot ruit gebreek en die twee aangeval het.

Die vyf aanvallers het eers omstreeks 22:00 op die vlug geslaan met onder meer sewe jaggewere, twee handwapens, vier selfone, kontant, bankkaarte, juweliersware en ʼn silwerkleurige Toyota Hilux-bakkie wat met ʼn jagraam toegerus is. Volgens inligting wat onder plaaslike veiligheidsgroepe versprei is, wil dit voorkom asof die aanvallers gery het in die rigting van Thabazimbi, sowat 70 km suid van die plaas.

Die Cross-egpaar, wat daarin geslaag het om los te kom, se buurman Pieter Lamprecht het as lid van die buurtwagpatrollie in die omgewing gery toe die noodoproep van Peter-Murray omstreeks 22:30 deurkom dat daar ʼn plaasaanval by hulle was.

“Ek het tot by die plaashek gekry en oor die radio met Peter-Murray gepraat,” het hy Woensdag aan Maroela Media gesê. “Toe hy sê hulle is oukei, het ek gekyk in watter rigting die voertuig uit is en die paaie laat toemaak, maar dit was toe al te laat, want Peter-Murray kon eers ʼn driekwartier nadat die vier [aanvallers] by hulle weg is, alarm maak.”

‪Die egpaar was albei by hul volle bewussyn toe hul vriend Gerhard Kotze op die toneel na hulle omgesien het. Albei het hoofsaaklik kop- en gesigbeserings opgedoen. Hulle is gestabiliseer en in die vroeë oggendure na die Mediclinic Thabazimbi gebring, waar hulle Woensdag nog behandel is.

Lamprecht vertel Peter-Murray se ma, Leona, en hul twee kinders van onderskeidelik vier en nege was in die huis ten tyde van die aanval, maar is ongedeerd. “Hulle woon al jare lank daar,” vertel hy.

Hy sê dis die eerste aanval in dié afgeleë omgewing in ʼn baie lang tyd.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het Woensdagmiddag bekendgemaak die bakkie is verlate in Noordwes gekry.

Hy vra enigeen met inligting oor die voorval moet kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Gert ·

Lyk my hulle snuffel al die blankes uit op die plase kry werklose mans om met hulle te deel !!

BAIE HARTSEER ·

My hart is vandag erg seer vir al die evil wat ons land plunder. Mag die liewe Vader in Sy genade ons geroep hoor

Anoniem ·

Lafaards – Julle gaan aan God moet verantwoording doen !

Oujongvrou ·

En more gaan hulle weer met ses ekstra wapens op die jag uit. Ek wens so almal was biljoeners wat net saam uit die land kan gaan en laat ons sien hoe gaan “our people” dan verder aan op die grond.

Trots Wit ·

Ek kan nie sien dat die aanvalle op ons wit mense enigsins gaan stop nie. Wees te alle tye versigtig! JY is dalk volgende!!!

Annelize ·

Dis presies wat ek elke dag ook dink. Mens lees elke dag van hierdie aanvalle, moorde, noem maar op. Ek woon nie in ‘n landelike gebied nie, maar in die dorpe en stede gaan dit NET so woes, en elke dag wonder ek, wanneer lees mense oor my of my geliefdes op Maroela?

Kobus ·

Skiet die goed, en skiet om dood te skiet. F die polisie, hulle is in elke geval useless.

Vraagteken ·

Jana, dis hoekom hierdie vuurwapens gereguleer moet word.

Klein-Neef HDB ·

Jammer my klein-neef. Glo en vertrou julle sal reg wees. Kom op jou kniee en hou jou kruit droog…

Marisa ·

Dis lankal nie meer ‘Apartheidsjare se oumense’ wat aangeval word nie. So daardie ‘rede’ hou nie meer water nie.

Cherokee ·

Dit is baie lankal nie (slegs) apartheidsjare se swartes wat die aanvallers is nie.

Trots Afrikaans ·

Ek kyk tv gewapen. Ek braai gewapen. Ek slaap gewapen.

Ek oefen en berei myself emosineel voor.
In Eksodus 22 staan daar geskryf ek mag ‘n dief doodslaan as hy na sononder in my huis in breek.

Ek hoop dit gebeur nooit nie. As dit gebeur hoop ek ons is gereed.

Ek bid gedurig.

Anoniem ·

What a shame on goverment!!! Wat niks dien in hierdie situasies om aanvalle te bekamp baie sterkte aan die egpaar mag julle gou gesobd word GOD hou SY hand oor julle.

Anoniem ·

Die plaasaanvalle is alles haarfyn beplan. Vir welke rede sal booswigte op die ingewing van die oomblik besluit hulle gaan nou ‘n sekere afgeleë plaas in X omgewing aanval? Volgens inligting in die berig is die plaas ongeveer 70km noord van Thabazimbi en die voertuig is verlate in Noordwes gekry, dus het hulle ‘n redelike afstand moes aflê indien hulle van daar af kom.

Hollander ·

Matjiesfontein in Limpopo ??? wij zijn in Matjiesfontein in de Karoo geweest !!

Chris du preez ·

Daar is n Matjiesfontein in Limpopo. Omtrent 80km anderkant Thabazimbi in Steenbokpan se rigting

Herman ·

Hi Hollander, Matjiesfontein in Limpopo is ‘n klein gehuggie 83 km noord van Thabazimbi op pad Buffelsdrift toe. Ongeveer 1994 was daar nog ‘n Poskantoor, winkel en NG Kerk. Dit was maar waaruit Matjiesfontein bestaan het. Die plekkie is ook geleë op ‘n plaas met dieselfde naam. Voor kommandosluiting het die plaaslike Kommando gereelde patrollies in die area uitgevoer en was plaasaanvalle onbekend in die omgewing. Teen kommandosluiting in 2006 is ek bewus van een plaasmoord spesifiek in daardie omgewing en tot hede was daar nog een. Alle plaasaanvalle word uitgevoer aan die hand van interne intelligensie en/of betrokkenheid. Die kommentaar oor paraatheid en om te alle tye gewapen te wees, is nie vergesog nie. Hoe gouer elkeen van ons dit besef, hoe beter vir elkeen van ons se veiligheid en oorlewing. Aanvalle is ook nie beperk tot plase nie, maar kan te enige tyd op enige plek plaasvind. Op die platteland en veral op afgeleë plase, is jy net soveel meer kwesbaar.

Christien vd Westhuizen ·

Dop gehou inside information dis al wat ek kan dink

hanna ·

Stem saam jou Chris.

Waarom is al die wapens gevat?
Hoe het hulle geweet daar is soveel jag gewere? Beslis n inside info job

All Things Are Possible ·

Jul Moet jul self beskerm,wees teen Alle tyd op jul hoede en Moet nooit the gerus wees ni., En stem vir die party All Things Are Possible,wat die doodstraf sal instell

Arnót ·

Stem met trots Afrikaans. Het al twee maal n gun teen my kop gehad en ook Dec by my huis in Sandton aageval, het ek nie my 45 by my gehad nie was ek onder die grond. Wapen ten ALLE by, as ek uitstap, werk voor die tv, kerk ens.

Johann Holtzhausen ·

Ek probeer vir die laaste keer kommentaar lewer op Maroela Media. Vir een of ander onverstaanbare rede, word my skrywes nie gepubliseer nie. In elk geval, ek bid dat julle vorentoe veilig sal wees en ons almal moet 100% paraat wees! Spoedige herstel vir jul twee!

Chrisn ·

Dit gebeur as jy die land en sy mense verraai. Wanneer jy 19 generaals weg jaag. De Klerk; Meyer; Wessels en van Niekerk julle land verraaiers. Jul hande is bevlek van die bloed ja met kinders se bloed ook.

Ruben ·

Ag Chris dis die mense wat np op die referendum gestem het wat die land oorgegegee het…nie fw hulle was julle manne daar was gestem vir dit wat nou aangaan.

Pieter ·

Ruben. Asseblief tog, hou op om FW en die-een-en-daai-een te blameer. Gaan die “blame game” nou ons huidige situasie verander? Om hemelsnaam hou asseblief tog op daarmee. Leef tog in die hede en nie in die verlede nie. En, nee, ek het nie ja gestem nie, want dit gaan nou weer die volgende vraag aan my wees. Ek is altyd gewapen 24/7/365. Die verste wat ek ooit van my wapen af is, is wanneer ek in die stort is. Wees gewapen, glo,bid, en wees ingeskakel by veiligheidstrukture. Veilig wees almal.

GP ·

Lyk my vol diefwering, wat sterk is, raak nou al ‘n moet. Baie berigte noem dat daar deur die vensters toegang verkry word.

Pierre ·

Mense, julle moet n ander plek kry om die gewere weg te steek, los dan maar kontant en miskien een handwapen of windbuks in die kluis maar steek julle ander wapens op n ander plek weg… ons gee ons wapens vir hulle… waar gaan dit stop???

Christine ·

Hoe kan Cyril Ramaposa se daar is nie plaas aanvalle as daar elke dag aanvalle op ons boere is. Wie bluff hy nou met sy uitlatings. Dis pateties

Anon ·

Eers is dit 4 dan is dit 5, hoeveel aanvallers was dit nou gewees? Pas asb jul artikel aan.

Dirk01 ·

Alle aanvalle en saak nr’s moet maandeliks aan alle radio stasies , tv en koerante asook oorsee se media gestuur word asook alle aanalle n moorde sodat die mckajsers nie na grashalmpies gryp nie , ASOOK NA ALLE AMBASADES EN VERAL NA AMERIKA OM TRUMP TE VERGEWIS VAN WAT DIE anc IGNOREER EN DIE REDE TE ONDERSOEK

anoniem ·

Hierdie is n leen
Die vrou het dit nie gemaak nie sy is op die perseel dood
aan n skiet wond in die bors
net nog n moord wat toe gesmeer word

naby vriende van oorledene

Emm ·

is dit net ek of het die plaas MOORDE baie minder geraak na Trump se tweet?

Marie ·

Vir my is een ding duidelik.Tydens amper alle plaasaanvalle in die laaste tyd word niemand doodgemaak nie.Dit is dat CR beter lyk in Amerika.Hierdie aanvalle kom van die regering.Punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.