Die polisie in Theunissen in die Vrystaat ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord ná ʼn egpaar Saterdagaand omstreeks 23:00 in hul huis geskiet is.
Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê Tsholo Joseph Nkeka (51) en sy vrou, Moipone Nkeka (50) het pas by hul huis in Masilonyane aangekom ná hulle familie besoek het. “Moipone het na buite gegaan om die emmer te gaan haal wat sy snags as toilet gebruik. ʼn Onbekende man het haar buite oorval en op haar gevuur. Tsholo het gaan ondersoek instel, en hy is in die kop geskiet.”
Die aanvaller het van die toneel gevlug en ooggetuies het die polisie ontbied.
Moipone is na ʼn hospitaal geneem vir dringende behandeling weens die skietwond aan haar bobeen. Tsholo is op die toneel dood verklaar.
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Enigiemand met inligting word versoek om speurder Mzwandile Mekana te kontak by 082 301 3028.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Die regering het almal gefail.
Vreemde aamval ??????
Verskriklik! Baie mense het nie buurtwag alarms goeie slotte ens nie. Dink jouself daardie angs in.
Sinneloos om onskuldige mense vir die grap dood te skiet. Sterkte vir die familie.
Ek verstaan nou niks meer nie ?
Wie sit agter dié snert ?