Egpaar in plaashuis buite Jeffreysbaai aangeval

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Vyf gewapende mans is steeds op vrye voet nadat hulle Woensdagaand ʼn egpaar in hul plaashuis in die omgewing van Smithtown, buite Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, aangeval en beroof het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê minstens een van die vyf mans het ʼn vuurwapen gehad. Hulle het die huis omstreeks 21:00 deur ʼn skuifdeur binnegeaan.

“ʼn Verdagte met ʼn vuurwapen het die ouerige egpaar aangehou en die slagoffers is met kabels vasgebind,” het Nkohli gesê.

Die mans het verskeie vuurwapens en ammunisie in ʼn kluis, asook drie televisiestelle en vier selfone gebuit.

Die slagoffers, onderskeidelik 71 en 66 jaar oud, het hulself meer as ʼn uur later bevry en hulp ontbied.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om die ondersoekbeampte, sers. Monwabisi Peter, te bel by 042 200 6626.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael P ·

Ek vra weer hoe weet die aanvallers daar is vuurwapens in die huis hulle breek net in waar vuurwapens is en hulle is nie eers bang nie.

Hans ·

Is die egpaar wit? Dan sal die rowers nie gevind word nie…. Net soos die zamazamas wat die 2 kinders aan die oos rand vermoor het.

Werner ·

Hulle breek nie net in waar daar net wapens is nie dis maar n bonus as hulle n wapen kan kry maar weereens wapens in kluis beteken niks as jy te oud is of wil die ding nie heeldag dra nie verkoop hom maar liewer

Eloise Herbert ·

Skuifdeure bly maar gevaarlik, ek wens mense wil ophou om dit in hulle wonings te installeer.

Cherokee ·

In ‘n plaashuis van alle dinge, en hul vuurwapens in ‘n kluis. My vrou en ek het tot vanmore in ‘n groot huis op ‘n strand in Port Shepstone oornag, en ‘n pistool met ‘n patroon in die loop, was tot vanmôre onder my kopkussing. Nou is ons terug in Durban waar dit nie ‘n hanekraai is wat mens wakker maak, maar ‘n taxi hooter.

Al Tirah ·

Polisie is betrokke… Die Designated Firearms Officer (DFO) by die naaste polisie stasie aan jou doen inspeksie by jou perseel en al jou inligting is op hulle rekords. Hulle weet watter veiligheids maatreels het jy by jou huis.. Hoe oud is die eienaar van die vuurwapen, Hoeveel wapens is daar, is daar honde, alarms, waar jou kluis is in die huis etc.

m.d.r. ·

En so hou die plaasaanvalle maar net aan………5 teen 2 bejaardes….hoe heldhaftig tog…!!
Maar nouja, soos dit in die 1963 gepoogde rewolusie “Operation Mayebuye voorgeskryf word: “shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong…”
Gaan maar steeds net so voort..!

P ·

Hulle kan mos die selfone trace, dit is hoe hulle die moordenaar van my ouers opgespoor het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.