
(Argieffoto: Lorraine Claasen)
Vyf gewapende mans is steeds op vrye voet nadat hulle Woensdagaand ʼn egpaar in hul plaashuis in die omgewing van Smithtown, buite Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, aangeval en beroof het.
Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê minstens een van die vyf mans het ʼn vuurwapen gehad. Hulle het die huis omstreeks 21:00 deur ʼn skuifdeur binnegeaan.
“ʼn Verdagte met ʼn vuurwapen het die ouerige egpaar aangehou en die slagoffers is met kabels vasgebind,” het Nkohli gesê.
Die mans het verskeie vuurwapens en ammunisie in ʼn kluis, asook drie televisiestelle en vier selfone gebuit.
Die slagoffers, onderskeidelik 71 en 66 jaar oud, het hulself meer as ʼn uur later bevry en hulp ontbied.
Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om die ondersoekbeampte, sers. Monwabisi Peter, te bel by 042 200 6626.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek vra weer hoe weet die aanvallers daar is vuurwapens in die huis hulle breek net in waar vuurwapens is en hulle is nie eers bang nie.
Is die egpaar wit? Dan sal die rowers nie gevind word nie…. Net soos die zamazamas wat die 2 kinders aan die oos rand vermoor het.
Hulle breek nie net in waar daar net wapens is nie dis maar n bonus as hulle n wapen kan kry maar weereens wapens in kluis beteken niks as jy te oud is of wil die ding nie heeldag dra nie verkoop hom maar liewer
Skuifdeure bly maar gevaarlik, ek wens mense wil ophou om dit in hulle wonings te installeer.
In ‘n plaashuis van alle dinge, en hul vuurwapens in ‘n kluis. My vrou en ek het tot vanmore in ‘n groot huis op ‘n strand in Port Shepstone oornag, en ‘n pistool met ‘n patroon in die loop, was tot vanmôre onder my kopkussing. Nou is ons terug in Durban waar dit nie ‘n hanekraai is wat mens wakker maak, maar ‘n taxi hooter.