Egpaar in trok gekaap deur mans in uniform

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Vragmotor is Vrydagaand op die N1 naby Musina in Limpopo gekaap deur drie mans wat verkeerspolisie-uniforms gedra en blou ligte gebruik het.

Die vragmotor wat koper vervoer het, is omstreeks 19:50 sowat 8 km van die Beitbrug-grenspos naby ʼn weegbrug gekaap. Die vragmotor het van die Demokratiese Republiek van die Kongo na Durban gery toe die voorval plaasgevind het.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is die vragmotorbestuurder en sy vrou deur drie mans in verkeerspolisie-uniforms met blou ligte voorgekeer.

“Die verdagtes het die egpaar agter in die vragmotor ingedwing en tot by die Doreen‑Verbaard-grondpad gery waar hulle die egpaar afgelaai het.”

Die polisie is onmiddellik van die voorval in kennis gestel en die vragmotorperd is later verlate gevind. Die sleepwaens en koper was egter skoonveld.

Volgens Mojapelo word vermoed dat ʼn ander vragmotor gebruik is om die sleepwaens weg te sleep.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn span ondersoekers aangestel om die verdagtes en vrag op te spoor.

Enige iemand met inligting oor die voorval word versoek om lt.kol. Mamuhoyi te kontak by 082 414 6683 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Piet ·

En dan verwag die polisie diens dat n mens moet stop as hulle jou wil aftrek? Ek sal stop maar die knaap moet weet dat ek my vuurwapen in my hand het, reg om hom deur die deur te skiet.

James ·

Maar dan se hulle jy moet dadelik stop vir polisie anders word jy aangerand as jy bevoorbeeld na n veilige vulstasie ry…

So of jy stop en hulle kaap jou voertuig of jy ry na n veilige plek en word aangerand.

Wys jou wie die skelms is… ek dink almal dink dis valse polisie of verkeers konstabels maar hulle kan ook n dubbel lewe lei…

Michael P ·

Hierdie ding van valse poliesie gaan nou totaal en al hand uit ruk. Jy gaan so benoud wees as regte poliesie jou af trek

Lood Kurkprop ·

…as hulle my stop en vra vir my lisensie dan vra ek ” Gun licence or Car licence ?”…hulle het al gevra ” do you have a gun? ” as ek dit vra…en hulle het al gevra om my gun te sien…dan weier ek en sê “the SA gun law prohibits me to show my firearm to you unless i am going to shoot”….dan ry ek net weer nadat hulle my ” drivers licence” deurgegaan het…

Gerard ·

Trok ry vanaf Kongo, moet by Beitbrug sy vrag (koper) verklaar.
Kort daarna word hy gekaap. Klink vir my mense by die grenspos is kop in een mus met die “speedkops”???
En met die onbevoegde klomp narre wat deesdae in die Magte is, sal ek nie verbaas wees as hulle regte verkeersbeaamptes was nie, enulle ‘n bietjie “moonlighting” gedoen het vir daai ekstra krismis boks…

Penellope Jones ·

Die polisie kan mens nou nie juins kwalik neem as ons huiwerig is om stil te hou nie – wat verwag hulle van die blootgestelde publiek as misdadigers hulle voordoen as polisie?

Schalk ·

Gaan kyk maar na die doeane beamptes op die grens dan sal julle die gemors uitlig .Hierdie is n inside job.

Hendrik ferreira ·

Hierdie tipe dinge wat ons nood om n onafhanklike tuisland te kry.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.