Egpaar kritiek ná Bronkhorstspruit-plaasaanval

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Egpaar is Sondagaand op hul plaas digby Bronkhorstspruit in Gauteng deur ses aanvallers oorval en erg aangerand.

Vasti Mills, koördineerder van die Bronkhorstspruit-veiligheidinligtingsnetwerk (BVIN), was self op die toneel en sê die 64-jarige boer en sy 53-jarige vrou is die aand vermoedelik tussen 17:00 en 18:00 aangeval.

Hy sê die boer was in sy werkswinkel besig toe hy skielik deur ses mans oorrompel is. Ten minste een van hulle was met ʼn vuurwapen gewapen.

Volgens Mills het die boer om hulp geroep. Sy vrou het ondersoek ingestel en op die aanvallers afgekom terwyl hulle besig was om haar man aan te rand. Sy is daarna ook aangeval.

Die egpaar is glo met houtplanke en pype geslaan. Een van die boer se bene is glo met ʼn hoekslyper gesny en die vrou is met ʼn skroefbek aangerand.

“Die aanvallers het ʼn groot bedrag geld geëis.”

Konst. Munyadziwa Ramovha, woordvoerder van die Bronkhorstspruit-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê dit lyk in hierdie stadium of die inhoud van twee kluise gebuit is.

Mills sê volgens die inligting tot sy beskikking is die aanvallers met twee vuurwapens, juwele en ʼn klein bedraggie geld en ander huisware vort.

“Die aanvallers het hul buit en die egpaar se selfone op die man se wit Toyota Hilux-bakkie gelaai en in die rigting van die R104 gevlug. Van daar is hulle moontlik in die rigting van Bronkhorstspruit of Witbank [Emalahleni].”

Mills sê die egpaar se seun het kort ná die aanval by die huis aangekom.

“Sy ma kon haarself loswikkel en hom roep, waarna die nooddienste, polisie en gemeenskapslede ontbied is.”

Mills en Ramovha het bevestig die egpaar het talle ernstige beserings opgedoen.

“Die boer het onder meer gesig- en skedelfrakture opgedoen. Hy moes in ʼn hospitaal in Johannesburg ʼn noodoperasie ondergaan. Die vrou is per ambulans na Emalahleni geneem. Sy het ʼn kopwond opgedoen en het kneusplekke oor haar hele lyf en snye aan haar bene. Sy moes ook vir breinskanderings gaan.”

Ramovha sê die polisie ondersoek die voorval, maar kon nog nie met die slagoffers self praat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Werner ·

Solank ons mense dink hulle lewe nog in die goeie ou dae gaan ons seerkry

Nozi ·

Ses aanvallers teen 1 bejaarde man. Lafaards, te back en face die wit man een vir een en van dieselfde ouderdom as die aanvaller. Ek is innig bly jul het die aanval oorleef en ek bid vir jul vir ‘n vinnige herstel . Dit is net jammer ons sit met ‘n regering wat glad nie sleg voel op enige aanval op ons boere nie.

Bernie ·

Jy is so reg oor die regering, ou Bheki sê mos die boere moet nie kla as hulle seer kry nie!

Fedup ·

I wonder if this circus know that although slowly, the wheel is turning.
It never skips a beat.
You may attack us, but you won’t break us.
The day is very near.

Persheks Adri ·

Waar is Cele en sy mense? Seker weer op soek na mense sonder maskers… Nie dat ek op hulle staat maak nie. Hy sê mos dis vakansie misdaad mmmmmmm hy kook die syfers lekker.

Sterkte aan die oom en tannie ons bid vir julle en Maroela hou ons op hoogte asb.

Bernie ·

Hy sal nêrens wees nie, veral nie om boere te help nie, hy’t mos gesê die boere moet nie kla as hulle seer kry nie!! :(

Wakkerslaper ·

Hoe lank moet ons Boere nog agteroor buig vir ramaphosa en sy terroriste regering? Hulle voel vere vir plaasaanvalle – inteendeel, van sy ministers soos cele hits aanvalle en geweld teen ons aan.

Bring die Boere Kommandos terug! Of die staat nou daarvan hou of nie! Dit is AL manier hoe ons onsself gaan begin beskerm teen hierdie terroriste.

Oujongvrou ·

Agriforum ek stel voor julle begin mense aanstel om die boeregemeenskap te beveilig. Met wapens.

Linda ·

Al wat vir hulle belangrik is,is die haat binne hulle, darom altyd die verskriklike marteling.
Die ANC hou hulle blind vir die geweldadigheid.

My siening ·

Lafaards, tipies soos malema as hulle baie is hulle baie windgat maar ja die wiel draai cyrel jy verkondig indirek wit lewens maak nie saak nie! Rassiste vsek ANC&EFF. JULLE GAAN NOG HUIL WANNEER DAAR NIE MEER KOS IS NIE EN DAN KAN JULLE APPARTEIT SKREEU daar gaan nie kos uit hemel val.
Sterkte aan die 2 mense!

Pieter J ·

Dit is hoekom Bheki Cele ons wapens wil wegvat sodat ons soos hierdie arme mense ons nie kan verdedig teen hierdie aanvallers nie.

david ·

Hoekom kan die annvallers nie die slagoffers net vasbind, monde toeplak en laat spaander nie ? Waarom elke keer die wreedaardige aanvalle ..?
Diegene wat terrorisme ken sal jou vertel dat die wreedaardige aanvalle deel van die terroristiese taktiek is…..soos Mao Zedung dit gestel het–“brutally kill one and scare ten thousand…”
Hoe verdoesel jy ‘n terroristiese aanval ..? Deur gewone misleiding—beroof die slagoffr van iets-enigiets, soos ‘n selfoon en die STATUS van die daad verander dadelik–dan sien niemand die politieke agtergrond raak nie…dit word dit deur die roof gewone misdaad…..en niemand kyk verder nie….

In hierdie geval lyk dit vir my daar was moontlik binne inligting…..
Daar is net te veel aanvalle op bejaardes om terrorisme langer te ignoreer……en Bheki Cele se houding jeens plaas boere beklemtoon dit…!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.