Egpaar kritiek ná Dullstroom-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Robert Lynn is in ʼn kritieke toestand en sy vrou, Sue Howarth, in ʼn bedenklike toestand in die Life MidMed-hospitaal in Middelburg, hospitaal ná hulle gemartel is tydens ʼn aanval op hul plaas in Dullstroom.

David Spohr, Belfast se AfriForum-takvoorsitter, het aan Maroela Media bevestig die egpaar is Sondagoggend omstreeks 02:00 oorval.

“Twee egpare, Robert en Sue en Alan en Claire Taylor, woon op die plaas March Land, ongeveer 10 minute buite Dullstroom,” het Spohr verduidelik. “Hulle is almal in hul 60’s en albei egpare is oorspronklik van die Verenigde Koninkryk. Hulle woon egter reeds minstens 30 jaar lank in Suid-Afrika. Hulle het nie kinders nie.”

Volgens Spohr het Sue vermoedelik wakker geword, want sy was nie in die kamer toe Robert wakker geword het nie. “Die aanvallers het geld geëis, en toe Robert vir hulle sê daar is moontlik geld in ʼn ander vertrek, was Sue reeds erg aangerand toe hulle haar in daardie kamer aantref.”

Spohr het gesê die aanvallers het met die egpaar in hul Nissan Hi-Rider-bakkie weggery. “Hulle het Robert, met ʼn blinddoek oor sy oë, in die bos afgelaai. Hy kon eers, toe die son opgekom het, homself loswikkel en na die pad toe stap. Daar het hy Sue langs die pad aangetref.”

Volgens Spohr het daar motors verby die beseerde egpaar gery, maar nie stilgehou nie. Iemand het uiteindelik verbygery en het in Belfast hulp ontbied. “ʼn Veiligheidsmaatskappy het na die toneel gehaas en die egpaar aangetref. ʼn Plastieksak was om Sue se nek gebind en sy het begin versmoor. Robert was getraumatiseer en het waarskynlik nie besef Sue sukkel om asem te haal nie. Die veiligheidsbeampte het dadelik die sak losgesny en Sue het weer begin asem haal. Hulle is in ʼn ambulans na Belfast-hospitaal geneem voor hulle na Life MidMed-hospitaal oorgeplaas is.”

Robert het verskeie steekwonde in sy rug en bene en is vermoedelik ook met ʼn blaasvlam gebrand. Sue is steeds in ʼn koma.

Volgens Spohr is die egpaar se skootrekenaars nie gesteel nie en daar was ook ʼn goue borsspeld en ring langs die bad.

Adj. Willem Haugh, ondersoekbeampte van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. “Die egpaar is deur drie persone aangeval en gemartel. Hulle is langs die Stoffbergpad afgelaai,” het hy gesê. “Hulle is omstreeks 07:30 vanoggend gevind. Die aanvallers het met ʼn klein bedrag kontant en die egpaar se Nissan Hi-Rider gevlug.”

Volgens Haugh het die aanvallers vermoedelik deur ʼn venster ingebreek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Spohr het gesê Robert was ‘n ingenieur by Eskom en Sue het vermoedelik by ‘n beleggingsmaatskappy gewerk voor hulle afgetree en na Dullstroom verhuis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Dirk Coetzee ·

‘n Saak van huisroof? Daar’s nie woorde vir sulke belaglikheid nie.

Huisroof ·

Huisroof? Nee dis volksmoord en die toekomstige generasies moet die ANC kaders swaar eendag straf hiervoor.

Francis ·

Mens het nie meer komentaar nie want maak nie saak of jy komentaar lewer of nie daar word niks aangedoen nie !!!!!

Oni ·

Een ding verstaan ek nie. Hoekom is daar nie op n gereelde grondslag, Gebede soos vir reen, vir ons boere en mede burger nie. Ons aanbid mos nie ‘n Vader op n media nie. Laat ons in ons duisende opdaag en tot n Lewendige God bid.

Ouvrou ·

Mag ek die uitvaagsels skuim noem? Ek kan varke nie so beledig nie. My beker loop oor van woede.

Amanda Celliers ·

Huisroof?????? Hoekom bly die ANC regering stil oor die drastiese toename in uiters geweldadige plaasaanvalle en plaasmoorde? Wat weet hulle wat ons nie weet nie? Is dit hulle wat opdrag gee? Gaan dit, volgens hulle, maak dat mense meer gewillig hulle grond opgee sodat nog plase ten gronde kan gaan soos hoeveel keer al bewys is? Wat gaan ONS hieromtrent doen? Ek’s gatvol vir al die “couch soldiers” wat net altyd praat maar niks DOEN nie. Aanvaar ons maar net dat dit nooit met ons sal gebeur nie? Want ons sit lekker in ons huisies….kyk tv…hou ‘n braai….drink ‘n bier….koop vir sussie nog ‘n mooi rokkie…sit nog highlights in by die haarkapster….en stry oor die rugby? Moet asb tog net nie ons “comfort zone” kom opneuk en vra dat ons iets daadwerkliks moet gaan doen nie!

Grassie ·

Amanda – wat stel jy voor moet ons doen? Ek glo nie enigeen van ons het op hierdie stadium van ons geskiedenis ‘n werkbare plan nie. Omstandighede in die land gaan waarskynlik in die nie te verre toekoms drasties verander. Tot dan toe moet ons maar net vasbyt en kop bo water probeer hou.

Amanda Celliers ·

Grassie – in die eerste plek MOET mense meer paraat wees. In baie van hierdie aanvalle is deure oop of ongesluit. Mense gaan in die donker sommer net uit om iets te doen of om te kyk hoekom die honde so verwoed blaf…?? Vensters word oop gelos. …kyk as jy stilhou iewers….is daar wegkruip plek? Hoe reageer jou diere? Voel jy jy word dopgehou? Vreemde voetspore? Voertuigspore? Ens ens…ons kan nie net terugsit nie. Ons moet begin saamstaan en meer amptelike geraas maak. Daar’s kampe waar opleiding gedoen word by die ANC en EFF. Hulle is besig. Hulle verwag dat witmense nie veel gaan doen nie. Ons moet begin met wapenopleiding en baie ander dinge. Kan nie wag tot die pawpaw die fan strike nie.

CAB ·

Dis soos ek net In die week gesê het ek is moeg daaroor dat almal se daar word niks gedoen nie, dis te gemaklik om met oog klappe en oor klappe op te sit. Maar op die ou einde beledig Julle die mense wat Hulle vrye tyd in gesit het al duisende ure in gesit waar meeste mense net wens dat die Groote gemeentskap sal begin hand by sit. Dis net gemaklik om net nie te weet nie. Daar is die GPF en Afriforum Buurtwag wat bestaan om jou en my area veiliger te maak en dit is almal vrywilligers. Raak betrokke die mense wat betrokke is het julle nodig.

Francois Greeff ·

Mense word wakker. Hierdie is fyn beplande aanvalle deur Suid Afrikaanse. Hou op om so naief te wees as julle hoor dir was Mosambiekers or Nigiriers. Vra jou sel af, hoekom sal hulle sulke barbaarse skrik aanvalle/moorde kom loods in ons land en dan nie self die grond kom beset nie? Hoeveel keer word daar werklik iets van sulke groot waardes gesteel? Dit is tyd vir die volk om wakker te skrik voor en die Satan aan te sien vir wie hy werklik is.

Jaans ·

hoekom word die jagter aan gekla van moord. hy en sy vrou was in hul gebied, in sy land, sy mielies. wat het die arme slag offer op sy plaas gedoen daai tyd van die aand…of mag ons nie vra nie. dis tyd dat ons Blankes in op stand kom. sou hulle vermoor word dan was dit net weer maar nog n plaas moord,

Drikus ·

Dink net hoeveel lyding kon die egpaar gespaar gewees het as die papbroeke, wat by hulle verby gery het, vroeër gestop het om te help. Elkeen vir homself! Mag die wreedaards, wat die lyding veroorsaak het, behoorlik aan die pen ry.

johan ·

Eugene Terreblanche het dit goed beskryf “Hierdie droewige God verlate land”

Arno ·

Mens is nerens meer veilig nie hul martel en maak dood vir geld

willemien ·

Dit gaan oor moord nie oor inbraak nie. Maak julle oe oop. Skrik al is dit net wakker

Oom Piet ·

Dit wek kommer dat die owerhede meer begaan is op die aanvalle op buitelanders in Pretoria Wes as oor die talle plaasmoorde wat daagliks gepleeg word . Dit wil vir my voorkom asof hulle nie ‘n flenter omgee as ‘n blanke vermoor word nie. Hierdie laksheid van die owerhede sal terug slaan , gee net tyd.

Rita ·

Ek sal nie verbaas wees as hulle betaal word om die moorde te pleeg nie !!

pieter ·

Ek hoop die mense wat nie stilgehou het nie voel skuldig vir die res van hulle lewens. Hulle sou graag wou he dat iemand moes stilhou sou dit hulle gewees het. Voel verewig sleg daaroor.Wat jy aan ander doen kom gewoonlik terug na jou toe. Dink daaraan .

gerda ·

Stem saam met jou Pieter. Hulle weet wie hulle is. Skaam julle.

What gaan ons heen ·

Wat gaan ons heen, ons manne wat kan balei het swak en oud geword. Kyk net hoe loop ons indie strate en waarheen gaan ons kinders en met wie meng hulle as dit donker word. Is ons volk nie dalk te vriendelik en hordentelik teenoor die wat ons volk uitmoor nie, en laat alles maar net aanvaar soos wat dit is in ons vaderland. Die tyd het aan gekom en is nou hier dat ons moet nou Na ons begin self kyk anders gaan ons bestaans reg verloor indie toekoms. Elke meet as ek iets lees of hoor vañ ons Boer wat vermoor word, vra ek my self die vraag, as dit nou net anders om was, wat so die regeering gesê het en wat sou hulle daaraan gedoen het. Ons agter Klein kinders sal die geskiedenis vañ ons land leer, ons ou hande is maar min gesaai. Daar is net een manier, wat ons geleer het, as jy nie ore het nie, gaan jy voel en ore key, so ons volk sal weer opstaan met respect en trots. Ek spree my meegevoel uit oor ons land se onskuldige mense wat vermoor is, wees sterk en bly sterk en gee vir mekaar om. Ons is en sal daar wees vir jou Suid Afrika.

Charl13 ·

In my skooldae het ons voor elke rugby wedstryd gebid, eerstens dat daar nie beserings sal wees nie, en tweedens dat ons sal wen. Ons het vir die wen gebid omdat ons hard geoefen het. So ver my kennis strek aanbid hierdie mense ook ons God, nou wonder ek, waarvoor vra hulle dan. Ek is geleer dat geloof en bid sonder ‘n daad niks sal beteken nie, want op die ou einde is ons die instrumente wat God gebruik. Moet my nie verkeerd verstaan nie, om te bid is goed, maar miskien kort daar dalk net iets by die gebed. Dit is tragies dat ons mense so moet seer kry. Regtig dalk tyd geword om daad by gebede te voeg. Die skrywer se opinie. Ek wens die mense wat hier seer gekry het sterkte en spoedige herstel toe. Ons moet ophou praat en ons oe oopmaak vir wat hier gebeur. Waneer gaan genoeg, genoeg wees?

johan ·

Ons is baie wat lankal hard bid maar tot nou sien ek nie verbetering nie, so ons sal aan iets anders moet dink

Ag tog !! ·

Waar het jy gesien, gehoor,…… HUISROOF ???? Ag julle klomp hartelose, gevoellose Zuma en Malema volgelinge. !!! Doen so voort —- ons Hemelse Vader laat nie ongeregtigheid nie seevier nie – wees gewaarsku !!

Winifred ·

Dit was nie ‘n roof poging nie. Alles dui daarop op dat hierdie nie beplande moord was. Hoekom is die skootrekenaars en juwele nie gevat nie. SA kom ons bid elke dag vir die weerlose mense op die plase.

Helene ·

MM gaan my seker weer sensor en ek sê nie eers iets wat aanstoot gee nie. Ons almal wat in vrede wil saamleef moet op een dag op elke dorp by ‘n spesifieke punt opdaag en ons misnoeë met die slagting van ons volk te kenne gee. Ons moet murg in ons pype begin kry. Genoeg is genoeg. En ek is g…tvol!!!

Frik ·

Ons moet van hulle gevange neem. Al hierdie is beplande uitvoerings. Hulle moet aan iemand oorhandig word wat weet hoe om inligting uit hulle te kry. Dis die eenigste manier om van die aanvalle te stop. Ons moet uitvind wie of wat sit agter alles.

Lyn Turner ·

These thugs do this because they know our president is also a thug at heart and that is why they are assured of getting away with these murderous crimes. Our country is becoming lawless because our president is allowing all badness to flourish.

Nita ·

Ek kan net my kop skud en se:” Here wees ons asseblief genadig!”

Santie ·

Very true Lyn and thanks. Jaa hulle sien hulle kom weg met als en ook moord. Niks word gedoen nie en omtrent wetteloos in ons land. Die arme onskuldige mensies wie so erg nou aangerand is….mag hulle tog herstel en die Here Sy hand oor hulle hou. Dis net verskriklik verby

Isabel ·

Ek wil weet waarom alles wat met wit Suid- Afrikaners gebeur net gelate aanvaar word? Almal kla oor die geweld, misdaad, kriminaliteit, maar waarom staan wit Suid-Afrikaners nie nou op TEEN hierdie gruwels nie – ons het mos OOK REGTE??!!

Selfbeskikking ·

Die enigste oplossing is selfbeskikking. Ons moet begin onderhandel daarvoor en vinnig ook!

Marius Strydom ·

NZ bring n nuwe wet uit wat geklasifiseer word as hate crime en strawwe in die kategorie gaan baie hoog wees. Ek dink dit is wat SA ook moet doen hate crime moet gelabel word gewn borgtog n lewenslange tronkvonnis sonder n geleentheid vir n verkorte vonnis vir goeie gedrag. Tyd om hierdie rasiste van die straat af te kry, haatspraak behoort ook in die kategorie te val en Zuma en malema moet hulle woorde begin tel want dit laat dade soos die na.

Pietser ·

Dan gaan daar baie verregse wittes lewenslank sit as ek die kommentare so lees.

Schalk ·

Die is ‘n sielkundige oorlog teen ons. Kyk die verskillende uitwerking op ons volk. Mense vlug landuit en soek ander uitkomste. Ons moet sterk wees en saamstaan.

karin ·

Ek stem……..waarom n saak van “huis roof” oopmaak. Dis tog duidelik dubbele poging tot moord ???

Pietser ·

Roof is ‘n ernstiger misdaad (straf is swaarder) as vir poging tot moord.

Anoniem ·

Hopelik versprei die nuus oor hierdie plaasaanval en -marteling na die buiteland aangesien die slagoffers oorspronklik van Engeland af kom. Die wêreld moet weet wat aangaan in SA.

Christa ·

Ek lees hou ‘n boek v Bennie Mostert “Wanneer God Mense Nuut Maak” en elke keer wanneer gemeenskappe hulle wend tot God in gebed, keer Hy hele gemeenskappe om en kom hulle tot bekering. Al ons kerke moet so ‘n dag van gebed aankondig!! Ons kan nie die Satan op ons eie beveg nie!! Alleen deur die hulp van die Heilige Gees kan hy uit ons midde verdryf word!! Praat met julle gemeentes sodat ons so ‘n biddag kan reel – ons doen dit baie gou as ons reen nodig het!!!

Roelf ·

Hierdie aanval is verseker poging tot moord. Los dit daar maar HOEKOM word voorvalle soos die, waarvan daar baie is nie op TV Nuus of die Radio SAUK NUUS uit gesaai nie. Is dit nie van belang vir die instansies nie. Ons almal wil weet van die aanvalle op enige gemeenskappe nie net die Politeike korrektes se

T ·

Dis so maklik om kommentaar te lewer as jy self nog nie n plaasaanval beleef het nie. Ek het 2 jaar gelede en dit het my eers laat besef dit kan met enige een gebeur. Die ergste van als is ons bly glo dit kannie met ons gebeur nie. Ons moet maar elke aand met een oog oop slaap. Altyd voorbereid op die ongesiende, maar wat my dwars in die krop steek is die arme ou mensies van 70+ wat so gemartel word. Dullstroom is n wegkom plek vir toeriste dan word mense wat ge immigreer het om hier veilig te wees so verniel. Partykeer as iemand my vra van waar ek is weet ek nie of Mpumalanga of Suid Afrika die regte antwoord sal wees nie.

Wilhelm Prinsloo ·

Daar is net een oplossing. Bring die doodstraf terug

Wilhelm Prinsloo ·

Daar is net een oplossing. Bring die doodstraf terug. Praat en praat en lewer komentaar, maar die regering doen niks daaraan nie.!!!!!!!!!!!

Zebra ·

De la Rey , De la Rey, sal jy die Boere kom lei?
Ons mense kort ‘n LEIER! ‘n Man van God, wie se lewe gelei word na die Woord en wie staal in sy murgpype het
Intussen, sluit aan by jou naaste Afriforum, Solidariteit, Boere Krisis Aksie, Wees die oplossing, wees wakker, wees paraat en bo alles, bid en kry elke lewe reg voor God.

Brian Morris ·

After every case of murder and assault on each and every Farm there should be a vigil held by masses of people to show support for the victims. It should be a well orchestrated visible campaign which should be published in mainstream media to show support for the victims and to let the government know that this cannot be tolerated. Somehow these crimes should not be allowed to continue without a strong show of force and solidaeity. If people know about such a strategy and gather in large numbers then these crimes can be exposed and made more public. Most people don’t know what is going on.

Pietser ·

Good idea but I’m not sure the Afrikaner will swap watching 7de laan for any vigils. Too cosy with their big houses and nice cars to worry about thy neighbour.

amanda ·

MY STAANDE GEBED….. PS 94
GOD van wraak , o HERE God van wraak, verskyn in LIGGLANS.
o HERE, hulle verbrysel u volk en hulle verdruk U erfdeel.
Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese.
Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie.
Want die Here sal sy volk nie verwerp of sal sy erfdeel nie verlaat nie.
En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die Here onse GOD VERDELG hulle.

Gatvol ·

Daar word gevra wanneer gaan iemand iets hieromtrend doen? Saterdag was dit die stigting van die Groter Gansbaai Buurtwaf in samewerking met Afriforum. Die mense in Gansbaai is moeg vir die misdaad wat gepaard gaan met die perlemeonstropery en het besluit om iets daaraan te doen. Ongeveer 200 mens het opgedaag vir die vergadering. Die meeste ooit by so ‘n vergadering wat deur Afriforum Buurtwag gelei is.
So, waarom het ons besluit om met Afriforum saam te werk? Omdat hulle die burhers van die land paraat wil maak en die misdaad, wat almal raak, te help uitroei.
So, as julle iets wil doen, stig ‘n buurtwag of plaaswag. Sluit aan by die bestaandes en help. Daar waar die buurtwagte patrollies ry , het die misdaad drasties afgeneem.
Jong mense, sluit asb aan om te help. Dis meestal mense ouer as 60 wat die patrollies ry. Word deel van die oplossing. Gaan na hulle webblad afriforum.co.za om uit te vind hoeveel voordele daar vir jou is omm deel te word.

Nee ·

MARTELING is ook nou deesdae ROOF sien ek. Nice going there. Kan nie glo dat niemand die skrif aan die muur sien nie. Aanvalle van swartes op wittes op plase neem daagliks toe en steeds skryf mense dit aan ROOF toe. Marteling, en oormatige geweld waarmee mense aangerand en gedood word is WAT? ROOF? Dis n skande dat ons mediahuise en regering steeds te SLAP is om die moorde van swart op wit as RASSISTIESE aanvalle te sien, as ethnic cleansing!

Johannes Meintjes ·

Ten spyte van onlangse betoog oor plaasmoerde en moorde of misdaad teen blankes gaan die tendens onverpoos voort in SA. Dit lyk asof die Nuwe SA Regering die Afrikaner garde met sukses troef.

Pierre ·

Ag nee wat, ons sit maar net terug en wag vir ons beurt om gemartel en doodgemaak te word. Niemand gaan niks doen nie, beslis nie in ons leeftyd nie. Hopelik doen ons kinders se kinders eendag iets of die wereld sien wat hier gebeur. Vir nou, sit maar terug en wees dankbaar dat jy nog n aand gemaak het maar onthou net dat daai aand sterk oppad is.

Lee ·

HUISROOF??? Asb SAPS, is julle so dom!!!! Wat van aanranding of maak dit nie deesdae meer saak nie want dis wit mense??

se net ·

HOE IS DIT MOONTLIK DAT DAAR NET NIEMAND MAAR NIEMAND ONTREND GEVANG WORD DIE. ELKE DAG N PLAAS AANVAL MAAR DIE MENSE WORD NIE GEVANG NIE – NEE WAT EK DINK REGTIG DIE POLISIE WEET PRESIES WIE DIT IS MAAR SAL HULLE NIE VANG NIE WANT HULLE IS BETROKKE. WANT DIT IS ONMOONTLIK DAT JY KAMSTIG NIEMAND KAN OPSPOOR WIE DIE DADE PLEEG NIE

Ina ·

Wat met daardie twee mense gebeur het is afgryslik. En dat niemand gestop het om te help nie, is ook bejammerenswaardig, maar verklaarbaar. Mens word so dikwels aangesê om nie by sulke tonele te stop nie, want dit kan ‘n lokval wees, en dis vreeslik om te dink dat ons al tot hier gedaal het dat ons nie barmhartigheid kan betoon aan mense in nood nie. Maar mens kan tog probeer hulp ontbied as jy soiets sien. Meeste van ons het selfone met noodnommers op. Bel doodeenvoudig jou noodinstansie, en vra hulle om die polisie of selfs dalk hulle takke in die spesifieke area te kontak en ondersoek in te stel , nou miskien nie so goed soos om persoonlik te probeer help nie, maar tenminste sal daar hopelik gou hulp na die slagoffers uitgestuur word.

Pierre Joubert ·

Ek wil net se ons Staats President wat hy hom self noem is nie waardig om in so n Pos te wees nie, Hy gee niks om vir ons Blankes nie hy en sy Kabinet is kop in een mus mag Gog hulle wys wie is in beheer. Die Here seen julle almal en ek sny elke plaas moord af in die naam van Jesus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.