Egpaar kritiek ná ongeluk op eerste huweliksherdenking

Diaan en Janine Terblanche. Foto: Facebook

Diaan en Janine Terblanche. Foto: Facebook

Die egpaar van Marble Hall wat Sondagaand kritiek beseer is in ʼn botsing op die R573 ongeveer 12 km buite dié dorp in Limpopo, het ook Sondag hul eerste huweliksherdenking gevier.

Diaan (30) en Janine (21) Terblanche en hul drie weke oue dogtertjie, Dianiël, word almal in die hoësorgeenheid van die Life Midmed-hospitaal in Middelburg behandel. Carla, Diaan se suster, het Maandag aan Maroela Media gesê die familie wag nog vir die dokters om te sê wat die volgende stap is.

Maroela Media het vroeër berig die Terblanche-gesin se motor het omstreeks 18:00 reg van voor teen ʼn bakkie gebots nadat hulle glo ʼn vragmotor verbygesteek het. Die bakkie se hoofligte het volgens ooggetuies glo nie gewerk nie. Elf mense is in dié ongeluk dood.

Die polisie in Limpopo het intussen ook bevestig dat niemand van die toneel gevlug het soos wat deur verskeie ander mediaberigte gemeld word nie. Die nooddienste op die toneel het dieselfde bevestig.

“My broer-hulle was op pad huis toe ná ʼn familienaweek op ons wildsplaas ʼn ent buite Marble Hall. My ander broer, Janis, se baba is die naweek gedoop, so die hele familie was daar,” het Carla gesê.

Volgens Carla is Diaan se pelvis, borsbeen en vyf ribbes gebreek. “Janine se gesig is vergruis, haar arm en een rugwerwel is gebreek en een van haar longe is beskadig. Dianiël se arm en pelvis is gebreek en sy het bloeding op die brein opgedoen. Albei my ouers en baie van ons familie is by die hospitaal. Ons wag nou vir die dokters om te laat weet wat volgende gaan gebeur,” het sy gesê.

Sy het gesê die familie put in hierdie tyd krag uit hul geloof en bid vir Diaan, Janine en Dianiël se herstel. “God is groot. Ons moet net bly vertrou en sterk wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ockie ·

Kom ons bid almal vir hierdie jong gesinnetjie. God sal die kragtige gebed van die gelowige nie verwerp nie.

Ockie ·

Kom ons bid almal vir hierdie jong gesinnetjie. God sal die kragtige gebed van die gelowige nie verwerp nie.

René Ferreira ·

Ek ry daai pad elke oggend vroeg om My dogter by die skool te gaan aflaai en jy kan nie glo hoeveel mense nie ligte aanhet nie! Jy sien hulle doodeenvoudig net nie tot op die laaste oomblik nie! Oral dink mense as hulle kan sien waar hulle gaan, dat ander húlle ook kan sien!

Gielie - Namibië ·

Selfde hier in Walvisbaai teen die Namibiese kus, ry in digte mis sonder ligte of net parkeerligte.

Estie - Namibia ·

Gielie – Namibië ek stem 100% saam. Ek ry daardie presiese pad al vir die afgelope 6 jaar. Afgesien van die digte mis en die wat nie ligte aan het nie, dan ry hulle nog so onverskildig ook… Mens sou gedink het die kruisies langs die pad en die merke in die pad van vorige ongelukke sal die mense bietjie meer bewus maak, maar niks help nie…

Timmie ·

Dis so hartseer, so jong gesinetjie, mense op die paaie moet aan ander mense ook dink. Want maak nie saak hoeveel keer die padreels verander nie, jy sal nogsteeds een kalant kry wat dit nie na kom nie. En daar moet ‘n reel kom dat mense wat ‘n drank probleem het nie op die paaie toegelaat mag word nie, dit sal soveel lewens spaar. (Alkoholis of nie!) Ons sal bid vir beterskap en genesing. Amen

Jannie Lategan ·

Here wees asb. met Diaan, Janine en klein Dianiël, werk in hulle dat elke stukkende plekkie wonderbaarlik genees, sodat hulle kan getuig van die wonderlike God wat ons dien!! Ons bid dit in Jesus se naam, Amen.

Hawee Lange ·

Here ek kom vanoggend na U toe en ek le die Terblanche gesin Diaan..Janine en Dianiel voor n voete neer. Ék vra nou vir U ons God om die genesings engel af te stuur en hulle almal volkome te genees teen al die beserings wat hulle op gedoen het…Here hou n ekstra hand oor Dianiel waar sy bloeding op die die brein het weet niks is onmoontelik vir U nie. Ek vra ook nou vir U om die liggaljoen engel om hulle beddens en kamers sal sit waar hulle le om nou die bloed van Jesus Christus oor hulle te gaan plyt van hulle toontjies tot hulle kroontjies en oor hulle sal waak tot hulle ten volle genees het….stuur ook een van U desiepels wat naby aan die gesin is om bevryding op hulle te gaan doen so dat hulle….hulle sondes kan bely en na God toe keer…Dianiel is reeds n kind van God want alle kinders is onskyldig en ryn tot hulle…hulle eie besluite kan begin maak. Ek weet wat ek nou gevra het is reeds gedoen ons se God en hemelse Vader Christus Jesus aan God all die eer tot in ewigheid AMEN

Tina Pietersen ·

Ons vra dat die Here die gesin styf in palm van sy hand sal hou!!! Sterkte aan almal ons bid vir spoedige herstel!!!!

Kaaiman ·

Kan iemand my reghelp asseblief (ek is werklik vatbaar vir oortuiging) insake tragedies soos hierdie: Sê nou die gesin is gelowige mense en het voor hulle die reis aangepak het, ernstig gebid vir veiligheid daartydens. Toe gebeur die tragedie! Is hulle gebede vóór die reis nie verhoor nie, was hulle geloof nie groot genoeg nie, of wat. Waarom sal God hulle nou gesondmaak? Hy het dan nie hulle gebede voor vertrek verhoor nie. Was die gebeure God se wil? Het Hy dan nie gesê dat Hy jou sal beskerm sodat daar nie ‘n haar van jou hoof val nie? Nou wil alamal hê Hy moet ingryp en heelmaak. Dit spreek mos teenmekaar, of hoe? Ek het op so ‘n manier ‘n dierbare, diep gelowige familielid/vriend verloor, en ek verstaan dit ná jare nou nog nie. Dankie.

Gielie - Namibië ·

Beste Kaaiman, jy’s nie ‘n uitsondering indien jy hiermee worstel nie; dis menslik en ons is mos maar net gewone mense. Maar in Psalm 23 sê dat die Here ons herder is en dat ons niks kortkom nie. In Klaagliedere 3 by vers 30 rond is geskrywe dat die Here jou nie in hartseer wil dompel nie en dat Hy Hom weer oor jou sal ontferm. Onthou, Sy genade is oneindig groot.

SNEL ·

Kaaiman, ek weet presies wat jy vra, ek het ook gebid oor n saak, gebid vir leiding en op die einde my g@t gesien. Dan wonder n mens, maar al wat ek weet is sonde, hartseer dood en rampe het met die sondeval in die wêreld n vatkans gekry, al is jy n christen gaan jy dit nie vryspring, maar om God te ken dra mens daardeur en Sy planne is bo ons planne. God fokus ook meer op die ewigheid en wil hê ons moet ons skatte eerder daar hê as op aarde. So vir my is dit n kwessie van ek het n Maker en Hom moet ek eer, aanbid en dien en wat ook al op aarde gebeur, Hy sal my daardeur dra. Nou bid ek eerder dat die Here altyd by my is en ek stap net my lewenspad en weet, maak nie saak wat gebeur, Hy sal my krag gee daardeur. Vir God en hoe Sy goed inmekaarval, sal ons nooit verstaan nie. Hy het ons ook gemaak om Hom te aanbid. Ons moet Hom aanbid omdat hy God is en nie vir Sy hand nie. Hoe sal Hy weet waar ons loyaliteit lê as dit net altyd goed met ons gaan. Ek glo ons kan bid, maar tog sê ons aan die einde laat U wil geskied en as dinge dan anders loop as wat ons vra, is ons omgekrap. Deur sommige slegte situasies leer en word ons gebou, yster word gevorm as dit hitte kry. Dan dink ek aan Job, hy was getoets, so dan voel ek, laat ek vasstaan in geloof, al maak dinge nie sin nie, want ek het n Maker, uit stof is ek gemaak (selfs die suiwerste goud is in die mens se liggaam teenwoordig, bitter min, maar wel daar) en ek is gemaak om my Maker te eer, verheerlik en te aanbid, nie omdat dit goed gaan nie, maar omdat Hy God is.

Jan Kotze ·

Hello Kaaiman. Ek kan byvoeg by wat almal al geantwoord het. Die Here laat seker dinge toe om te gebeur om ons nader aan Hom te bring. Sodra daar dinge is in jou lewe wat nie 100% reg is en in plek is nie gee dit satan oop deurtjies wat hy gebruik en inkom in jou lewe en jou aanval waar hy kan. Ons het almal oop deure. Niemand van ons mense is volmaak nie. Op aarde in mens vorm was doit net Jesus wat volmaak was. Daarom moet ons elkedag die wapenrusting van God aantrek en onself toemaak onder Sy bloed. Bid elkedag vir beskerming en helderheid van verstand en insig sodat jy die aanvalle kan identifiseer op jou pad. Vir die gesinnetjie is die oorwinning klaar daar. Hulle sal genees word deur die bonatuurlike aanraking van ons Almagtige Vader. Ons Vader wil net he dat ons moet getuig van Sy liefde en wonderwerke wat Hy doen met hulle herstel.

Griet ·

Ons kan bid vir beskerming, maar God maak nie keuses vir ons nie. Hy laat ons nie te vinnig ry nie, óns kies om die spoedgrens te oortree, Hy laat ons nie dronk bestuur nie, óns kies om drank te gebruik en dan ‘n voertuig te bestuur, oms maar twee voorbeelde te noem. Die bestuurder van die bakkie het gekies om in die halfdonker, sonder hoofligte (dus met ‘n onpadwaardige voertuig) te bestuur, God het nie die keuse gemaak nie. God kan die omstandighede gebruik, maar Hy maak nie ons keuses nie.

Diaan & Janine, mag julle beide tenvolle herstel en die voorreg smaak om julle dogtertjie groot te maak met die besef dat elke dag vir die res van julle en haar lewe genade is. Sterkte ook aan die persone en hul gesinne, wat slagoffers was in die ander voertuig.

Francis Linstroms ·

Ons bid vir die gesin algehele herstel toe maar versoek terselfdertyd die regering om n wet te maak dat hoofligte te alle tye aangeskakel moet wees en sl egs vir aankomende verkeer, voetgangers en in dorpsgebiede gedomp mag word.

Dane ·

Snel, wat jy alles se, is waar. Ons ken net ten dele, maar eendag sal ons ten volle ken. Alle gelowiges gaan een of ander tyd deur baie baie diep waters – of dit ‘n ongeluk, siekte, finansiele verlies, ens is. Want ons moet gelouter word. Ons weet nie wat hier gebeur het nie………ons bid en glo.

CHRISTA ·

Kaaiman, die liewe HERE dra jou deur alles!! As jy jou oë op Hom hou, kan jy op stormwaters loop soos Petrus! ONTHOU: HY LAAT JOU NOOIT LOS NIE!!! Die HERE het nie gesê dat ons nooit moeilike tye sal beleef nie, maar Hy het beloof om ALTYD by ons te wees. Vertrou net op Hom!!!

susan ·

Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie en Sy wee nie ons wee nie. Die oorsprong van lyding is die sonde.Romeine 8:20. Mens wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Matt 11:6gelukkig is hulle wat nie aan My begin twyfel nie. Ons moet onthou Niemand gaan vir ewig hier op aarde lewe nie. Ons dae is al voor ons geboorte opgeteken. Die Vader vul die hemel met alle ouderdomsgroepe….

Gelowig ·

Snel, mooier kon nie een van ons dit gestel het nie. Ons het al almal slegte tye in ons lewens ervaar …. Hy weet altyd die beste. Laat Sy wil geskied. Sterkte aan hierdie familie …. mag God julle dra.

Eugene Marais ·

Romeine 8:28 : Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat hom lief het , vir die wat volgens Sy besluit geroep is Ek loof die Here vir so ‘n klomp gelowige kommentators , en ons dra hierdie familie op aan die Groot Geneesheer !!

Andre ·

Ons glo en vertrou die Here se genesing vind klaar plaas op die huidige oomblik.

Jessica van Greunen ·

Baie baie stetkte aan die gesin se famielie ek bid in Jesus naam dat hulle ten volle hersteling sal he Pappa Vader ek le die mense by U voete neer en ek pleit die bloed van Jesus Gristus oor hulle ek vra dat U , U hand van beskereming oor hulle sal hou dat Pappa Vader hulle sal vas hou en dat hulle U liefde en genade sal ervaar Here ek bid dit nie om dat ons dit verdien nie mar in U genade aleen Amen

faith ·

ai my hart sak in my skoene as ek van n gru ongeluk hoor. sterkte aan al die families wat geliefdes verloor het, sterkte aan die familie in die hospitaal hoop julle herstel vinnig aan die baba kleinding byt vas jy het baie eina maar liewe Jesus is by jou

Peet Schabort ·

Nie ‘n haar sal van jou kop afval as dit nie Sy wil is.
God is ‘n God van orde al lyk dit vir ons soos wanorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.