Egpaar kritiek ná roof in Amanzimtoti

Argieffoto ter illustrasie

’n Egpaar van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal is oor die naweek deur rowers in hul huis oorval en met ’n skerp voorwerp gesteek. Albei is in ’n kritieke toestand inderhaas na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het in ’n verklaring gesê paramedici is Vrydag omstreeks 13:30 na ’n huis in Dan Pienaarweg ontbied.

Volgens Jamieson is die egpaar, vermoedelik albei in hul vyftigs, gedurende die voorval in die bolyf met ’n skerp voorwerp gesteek. Die man en vrou is op die toneel behandel voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval Maandag aan Maroela Media bevestig.

Volgens Gwala het ’n onbekende aantal verdagtes twee selfone en die egpaar se motor gedurende die voorval gesteel. Dié voertuig is later in die omgewing van Malukazi, 11 km van Amanzimtoti, aangetref.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof, het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

‘huisroof’ sluit klaarblyklik sulke klagtes in. Iemand met meer kennis daaroor kan gerus die klag ‘huisroof’ uitklaar.

Anel ·

Berig bevestig net die voorige een tov gevaarlikste plekke ter wêreld.

Juliet ·

Nou wonder ek hoe hulle die 19000 gevangenes wat vrygelaat is gaan monitor? Ek kan nie glo dat dit nie deurdink is nie – daar is nie nou werk vir die gewone mense nie – nou laat jy iemand wat gewoond was om ten minste kos te kry en blyplek te hê los sonder werk, ek voorspel dat inbrake en diefstal gaan toeneem… dis mos ‘n logiese uitkoms van ‘n uiterste dom besluit. So jammer vir die egpaar se trauma, baie sterkte met die herstel. Ons moet almal ekstra waaksaam wees.

JM ·

Doen eers, dink dan. Logiese denke ontbreek en die land ly onder ondeurdagte besluitnemings. Die resultate daarvan kan duidelik na 26 jaar gesien word!

Michael 1 ·

As die media net wil sê wie en wat daardie aanvallers is kan ons n grafiek gebruik soos met covid 19 om te sien wie is aanvallers en wie is onskuldige slagoffers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.