Egpaar langs snelweg geskiet

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Egpaar wat op pad huis toe was van vakansie is Vrydagmiddag geskiet toe hul motor langs die N12-oos in die suide van Johannesburg onklaar geraak het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:15 na die toneel ontbied. Die 48-jarige man en sy vrou het in hul BMW X3 motor gesit, albei met skietwonde.

“Die man het skietwonde aan sy been gehad en die vrou is in haar maag geskiet. Sy was in ʼn kritieke toestand,” het Vermaak gesê. Die man het aan paramedici verduidelik hulle was oppad huistoe nadat hulle met vakansie was, toe die motor onklaar geraak het.

Hulle het langs die pad vir insleepdienste gewag toe ʼn onbekende man hulle genader het. Hy het ʼn vuurwapen op hulle gerig en waardevolle items by hulle afgeneem. Die rower het op hulle losgebrand voordat hy op die vlug geslaan het. “Die man kon daarin slaag om uit die motor te klim en verbygaande motoriste se aandag te trek,” het Vermaak gesê. “Hulle het dadelik die nooddienste en polisie ontbied.”

Die egpaar is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal gehaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Sjoe…. Dit maak ‘n mens se hart seer. Nêrens, maar nêrens is ‘n mens veilig nie en die regering kry net nie beheer oor die misdaad nie! Ek hoop hulle herstel spoedig!

TOM ·

hoe moet mens kalm bly en niks leliks se nie,wel die regering is die misdaad

jean garner ·

dis nou vir jou mooi,ons wonderlike reenboog nasie….ek skaam my dood

Mary ·

En dit is hoe 2016 begin……hier kort ‘n groot verandering in die Land van ons!!

johan ·

2016. Dra jou vuurwapen saam met jou. Hou dit gereed in jou motor. Koop genoeg . Suid Afrika is ‘n oorlogsveld en ons het niemand wat ons beskerm nie. As jy nie n wapen het nie, kry een, jy is geregtig op selfverdediging!

Chris W ·

Ek stem 100% saam!Ek ry nooit sonder my wapen nie.Trouens ek loop met hom aan my sy heel dag by die huis op die plaas.Daar is nie tyd om kluis toe te hardloop as die terroriste op jou is nie.EK kry die mense wat wapens ingehandig het baie jammer.Wie gaan hulle verdedig as dit nodig is?Nie ek nie!!

TOM ·

kom eks se vir julle,jy kry nie lisensie vir selfverdediging nie,2keer aansoek gedoen,maar hoor toe jy kry nie goedkeuring vir selfverdediging nie,hoe nou?sit op die aansoek vir moord en kyk wat gebeur

Daan Dup. ·

Sluit aan by n skietklub.Hulle sal jou help om n wapen te bekom en dan kan jy sommer jou skietvernuf daar opknap.

Dee ·

Ek glo jou nie. Ek het twee vuurwapens waarvan ek s’n lisensie onlangs hernu het.

hannelie stiemie ·

Ek maak nie van myself n ope teiken nie. Lees vuurwapen wet

HvR ·

Vreemde kommentaar. Geen informasie oor die oorsprong van die wapen nie. Grootste moontlikheid dat hierdie ”n “vryheidswapen/Burger kommando wapen”, SAPS/SANDF of onwettig ingevoer is.

Hierdie wys net weereens dat jy eie en gesin se veiligheid jou eie verantwoordelikheid is en al is jy hoe samewerkende met die kriminele dat dit geen waarborg is van ongedeerd weg te kom nie.

Hoop die paartjie herstel vinnig beide fisies en geestelik.

Ludwig Pietetse ·

Die patroon is deur my been en het net die been binne geraak.Hul het 60cm van my vrou se derm afgesny en weer gelas.Ek het buite die kar vir my versekerning mense gewag om die kar te kom haal en my vrou het in pasasier sitplek gesit. Hy het my geskiet in die been en my foon uit my vrou se hande gevat en haar in die maag geskiet terwyl sy sit.Die patroon is by haar bout uit.Dit gebeur vinnig sy vuurwapen was toe leeg en ek Wou hom vasvat maar kon nie vinnig genoeg beweek met die skoot deur my been nie.Hy het wegehardloop toe 3 kare stop om ons te help.Wil net baie dankie se vir die hulp en ambilance mense en hospitaal.Blessings

Ingrid ·

Sjoe, meneer & mevrou ons is gelukkig vir julle dat self nog kan reageer. Ons hoop ‘n spoedig herstel altwee. Hoop jou vrou en jyself sal mooi herstel, sterkte en beterskap

Johan ·

Ai Ludwig , EK hoop vir ‘n volle herstel VIR jou en jou Vrou. Als gebeur so vinnig, en JY het nie voorsien dat jou voertuig sou breek nie , en vir die wat se ‘n spaarwiel sou gehelp het , glo my as jou voertuig Daar sou Gaan staan het, met ‘n band wat gebreek het ,sou ‘n nuwe band nie eers gehelp het nie . Die mense was daar OM TE steel en lewens te verwoes…….Lafaards !!! Wens so jy kon hul skiet ……o gaats , vergeet ek jy sou in die tronk gewees het !! Kriminele Bo !!

Kai Beukes ·

Die probleme kan slegs verander as mense se harte verander van boos na reg. Geen politikus kan dit verander nie. Net die Here. Hoe? Gaan kyk gerus na: http://www.aprilforjesus.co.za. Die antwoord lê daar. Vrede

Adele ·

Die Here gaan niemand se harte verander as hulle nie dink hulle het verandering nodig nie! Hy forseer niks af nie!

Chris W ·

Ludwig baie sterkte vir jou en spesiaal vir jou vrou.Ek bid dat sy volkome gaan herstel .Die ‘ insident laat mens se ogies groot oopgaan.Weet van ‘n verlangse familielid wat langs die pad ‘n pap wiel omgeriul het en deur ‘n taxi doelbewus raak gery is en op die toneel oorlede is.Die taxi se nommerplaat is op die toneel gevind maar na 7 jaar is niemand vervolg nie.Lekker nuwe SA!.Sterkte weereens Ludwig vir jou en jou vrou.

Ludwig ·

Baie dankie vir almal se kommentaar.Ons is net mense en dink nie altyd aan alles nie.Agterna kan n mens jy kon dit of dat gedoen het.Met die omstandighede het als goed afgeloop en ons Vader het sy hand oor ons gehou.Blessings

GES ·

Wat ‘n manier om die nuwe jaar mee te begin? Ludwig Peterse ons bid vir genesing en ‘n spoedige herstel. Ons harte gaan uit na julle. Beste wense.

johan slabbert ·

As jou voertuig langs die pad gaan staan klim uit en gaan skuil waar jy on opsigtelik kan wees maar moet nie by die voertuig wag nie jy kan eder die aanvaller bekruip dit gee jou die voor deel.

Drikus ·

Dit is net so erg soos die voorval op die Middelburgpad waar die verwagtende moeder voor haar man en kinders verkrag is nadat hulle motor onklaar geraak het. Ons moet mekaar help deur saam met iemand te wag totdat hulp opdaag. Die lafaards sal nie sommer twee of drie voertuie gelyktydig aanval nie. Onthou jou voertuig kan ook onklaar raak, dan sal jy die ekstra oë en hande waardeer.

Christine ·

Hi Drikus. Nie so erg …. asb dusVriende van ons. Dis erg…..en so sad oor geval in Middelburg. Bid vir al hierdie Families in die situasies dat God sal intree met volkome genesing. Liggaamlik en emosioneel. Hoe kan ons enige van die situasie rate!!!????
Drikus…….dus nie n kompetisie nie my vriend .

Ben ·

Wie het iets gesê van ‘n kompetisie? Lees maar eerder weer Drikus se voorstel – dis van saam staan & ondersteun!

Lindie ·

Christine, wat Drikus sê, maak sin. Watse kompetisie wil jy hou?

Leonie Booysen ·

Almal wil n verandering in die land sien en wil he. Kan enige een hier vir my se wat hulle voorstelle is miskien

MissDemeanor ·

Leonie, ek dink as ons vir kinders van kleins af leer dat hul waardevol is en dat hul lewens betekenisvol is dan sal hul volwassenes word wat ‘n positiewe bydra kan lewer tot die samelewing. Ek dink ons moet fokus op daai tieners en kinders wat in moeilike omstandighede grootword.

Erich Niemand ·

Net ‘n interessante opmerking wat ek wil maak dit het dalk nie heeltemal betrekking tot die geval nie. Maar as julle deesdae voertuie koop maak asb seker dat die voertuig ‘n spaarwiel het. Die nuwe karre het ‘n opsionele spaarwiel wat jy kan aanskaf. Dit is die moeite werd. As ‘n mens in ‘n slegte gebied staan met ‘n pap wiel dan moet jy dit kan ruil. Want om vir padby stand te wag is nie altyd die beste opsie nie. Sterkte aan die gesin. Glo alles sal goed gaan verder.

Lindie ·

Sover my kennis strek is is ‘n voertuig sonder spaarwiel nie padwaardig nie. ‘n Kar kan dus nie daarsonder verkoop word nie.

Jaco ·

Ek en my dogter het presies selfde oorgekom, ook in daarie area. Gewapende roof. Gelukig nie die sneller getrek nie. Twee gewapende mans. … In ons geval het die roof reg onder n sekuriteidskamera, langs die snelweg plaasgevind. SAPS het tot op hede geweier m die saak te ondersoek of selfs enige navrae te beantwoord.

emma ·

Ons polisie gee anyway ok nie n wetter om nie.My man verlam gelaat na hy geskiet is in gewapende roof.Toe ek polisie vra of da enige vordering is…was die WIT speurder se antwoord ” daar is belangriker sake wat ons aandag verg.”

Grieta Pike ·

Suid Afrikaners vertel stories, kla, maar doen min. Berlyn muur het sonder ‘n skoot geval en 1994 was toe nie ‘n bloedbad nie, al het ook ek water en blikkieskos gaan koop. Ek daag elkeen wat hierdie lees om gebed dae te reel – 24 uur kettings te reel – ‘n vas te reel soos wat Esther gedoen het….. Wie nie glo aan krag van gebede nie – reel petisies en optogte – maar kla deur iets te doen. Hou op om net stories oor te vertel en dink iets uit om te DOEN!

Bernard ·

In die geskiedenis van die heelal was daar NOG NOOIT soveel kerke nie asook NOG NOOIT soveel probleme nie. Jammer, maar dit lyk nie asof daar n verband tussen die twee is nie…

Johannes Meintjes ·

Die beste wettige vuurwapen vir verweer in die tyd van nood is die een wat jy elke dag aan jou lyf dra.

Gys ·

Johannes, ek het ‘n soortgelyke probleem as Tom om ‘n vuurwapenlisensie te hernu. Ek het aansoek gedoen en betaal, maar slegs ‘n bevoegdheisdsertifikaat ontvang. Op my vraag wanneer ek my wapenpermit sou kry, het die Polisie my ingelig dat ek nie een sou kry nie. Dit kom volgens my dus neer op ontwapening. Ek kan net noem dat ek my wapenlisensie in 2004 in Bloemfontein hernu het en ‘n groen permit (sonder enige vervaldatum daarop) ontvang. Verlede jaar in Feb is ek in kennis gestel dat my wapenpermit verval het. Ek het al, sonder sukses, met Afriforum geskakel in die verband. Ek sal enige hulp baie waardeer.

Frans ·

Suid Afrika is ‘n wettelose land want die beste grondwet beteken niks as die wetstoepassers ander pad kyk.Baie min moordenaars en ander misdadigers word werklik suksesvol vervolg en beland in die tronk waar hul hoort.

Lees gerus die South African Law Commission se ‘Research paper 82’ wat ondersoek ingestel het hoe suksesvol vervolging in ‘n aantal distrikte was.Die skokkende resultaat was dat 75% van alle ernstige sake soos moord,verkragting, roof met verswarende omstandighede nooit vervolg word nie en dat van die sake wat wel in die hof beland,10%
teruggetrek word, 4% hangende is,8% skuldig bevind word,en 5% onskuldig.

Daar is geen konkrete bewyse op die stadium wat aantoon dat dit elders beter gaan in die oorblywende distikte.Dit is skokkend want misdaad gaan oor alle kleurgrense.

Wat beteken dit nou vir ons as gewone burgers.As jy met vakansie gaan en of terugkom bly in kontak met met jou mense en hou hul op hoogte van jou bewegings gedurende jou reis.
Sluit aan by buurtwagte. Die een waaraan ek behoort sal my huistoe begelei binne die munisipale grense waarin ek woon.

Reis eerder in groepe as alleen waar moontlik. As dit vir jou gek klink wel ons bly in ‘n gekkeparadys en lei Suid Afrikaners aan ‘n kuddementaliteit en tree soortgelyk op.

Wanneer roofdiere toeslaan op hul prooi spat die kudde uiteen en laat spaander om dan ‘n ent verder rustig verder te wei tot die volgende slagoffer.Suid Afrikaners kort ‘n buffelmentaliteit waar pleks om weg te hardloop slagoffers te hulp gesnel word.

Dit kan net gebeur as mense georganiseerd raak ,want saam bereik ‘n mens meer.

Alle voorspoed en sterkte en spoedige herstel word die slagoffers van die aaklige misdaad
toegewens.

Dries Strydom ·

Ek het gistermiddag van Nelspruit na Lydenburg gery, ‘n paartjie ( nie afrikaans , nie pienk of wit vel nie) van Gauteng was in die LongTompas gestrand. Ek het gestop en terug gery na hulletoe. Uitgeklim en verneem of hulp oppad was. Met groot verbasing van hulle het ek eers vir raad gebel en toe teen n slakke pas agter hulle aan gery tot in Lydenburg. Hylle was omtrent my kinders se ouderdom. In die dorp het ek hulle gehelp om n werktuigkundige uit te kry , hulle ‘n USB herlaaier gegee en gesorg dat hulle ootnag slaapplek kry. Hulle wou my betaal en ek het geweier, my beloning: Daar bo en die vreugde om die stereotipe te laat bars. Later gisteraand bel haar vader my bykans in trane en vol ongeloof. Vergeet skiet vergeet haat, slegte dinge gebeur oral met goeie mense. Wees in 2016 anders, maak n verskil toe? Ek soek nie komplimente nie of erkenning nie

Drikus ·

Dries, baie dankie, jy stel daarmee die voorbeeld waarmee aanvallers getroef word. Meer van ons moet juis dit begin doen: Kom ons maak ‘n punt daarvan om by medereisigers te stop om hulle by te staan. Dit sal wonderlik wees as twee of meer motors saam kan stilhou om hulp aan te bied. Sodoende word die moontlikheid van ‘n suksesvolle lokval uitgeskakel.

Drikus ·

Dankie, Dries, daarmee stel jy ‘n besondere voorbeeld van wat ons nodig het teen die hartseer van aanvalle langs die pad.

Joey ·

Baie sterkte vir julle Ludwig – die aaklige gebeure sal emosioenele letsels laat , maar ons vertrou dat julle beide spoedig sal herstel. Wat ‘n aaklige insident is dit nie. Ons is nerens meer veilig nie. Teen die tempo sal ons nie meer hierdie mooi land van ons kan geniet nie want ons sal te bang wees om erens heen te ry vir vakansies of uitstappies. Ons woon regtig nou in ‘n era waar die misdadiger ‘n skrikbewind voer teen onskuldige burgers van SA.

Johan ·

Ek stem ….keelvol is NIE eers meer hier van toepassing nie ……

Dup du plooy ·

Ja die publiek moet wakker word! Dis Suid-Afrika hierdie in sy ROFSTE VORM .wees gewaarsku en wakker om vinnig en onmiddellik te reageer.

Didi Visser ·

Ek gaan dit my missie maak die jaar om te emigreer. Het nou genoeg gehad.

HEVW ·

Behalwe hulle wat die land wil verlaaat, maak die kommentaar gelewer mens opgewonde. 2016 Kan n nuwe era inlei waarin mense begin omgee vir mekaar en saamstaan en sorg dat hul paraat is. In 2016 moet meer massasaamtrekke gereel word waar hierdie sake aan die orde gestel word. Kontryfeeste waar mense so kla oor die Stem kan dit gerus op hul agendas plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.