Egpaar met byl op plaas aangeval

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

ʼn Egpaar is Sondagaand op ’n plaas in die Marquard-distrik in die Vrystaat deur ʼn man oorval en “vir geen rede” met ʼn byl aangerand.

Wallie Wortman (67) en sy vrou, Bernadine, wie se ouderdom nie bekend is nie, sterk tans in ’n hospitaal op Senekal aan ná ʼn aanval in hul huis op die plaas Willowslope.

Volgens Hannes de Bruyn, landelike veiligheidskoördineerder op Marquard, het Bernadine hom omstreeks 20:00 ʼn Whatsapp-boodskap gestuur en van die aanval in kennis gestel.

“Bernadine het net gesê hulle is deur ʼn verdagte met ʼn byl aangerand,” sê De Bruyn.

Volgens brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het die verdagte na bewering die egpaar met die byl op die kop en bolyf gekap.

De Bruyn sê die egpaar is ná die aanval in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Bethlehem gehaas en is later na die hospitaal op Senekal oorgeplaas.

“Ons vermoed ʼn tweede verdagte het buite die huis gestaan en wag,” het De Bruyn gesê.

Hy sê iemand het die oggend – terwyl die egpaar in die kerk was – by die stalle op die plaas ingebreek en ʼn perdesaal gesteel. Dit is nog nie duidelik of iets die aand van die aanval gebuit is nie. Dit is nie duidelik of die diefstal met die aanval later die dag verband hou nie.

Volgens Makhele het die aanvaller niks vir die Wortman-egpaar gesê nie.

“Hy het hulle vir geen oënskynlike rede aangeval en daarna van die toneel gevlug,” sê Makhele.

Volgens Makhele is ʼn klag van huisbraak en twee klagte van poging tot moord aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Groen Ghoen ·

Die arme mense, elke dag net meer en meer slagoffers. Sal dit waar wees om te beweer dat daar van die gewaande reënboog slegs bloedrooi oorgebly het?

OW ·

Jy is heeltemal reg.Hierdie land se demokrasie is in bloed, moord,korrupsie,diefstal,haat,geldwassery,noem maar op,geskryf.

Blikke ·

OW
As ek kon het ek jou nou 100 op duimpies gegee….jy is so reg!!!

Blikke ·

OW
As ek kon het ek jou nou 100 duimpies op gegee….jy is so reg!!!

Harley Davidson ·

Die probleem is die media is gemuilband of te bang om te sê wie val die boere so aan en dit is die verskil of die buiteland gaan reageer of nie,nou klink dit of dit ‘n misdaad probleem.

Robert Sydney ·

Hierdie tipe sinnelose aanvalle kan net aan haat toegeskryf word en sal nie ophou totdat ons almal in die buiteland is. Dit is die rede waarom sessering ons enigste alternatief is.

AW ·

Ek is bitter jammer dat Julle so n voorval moes beleef het !!

Net Geloof en Hoop Hou ons Staande !!

Frank John ·

Net jammer julle was nie gewapen om julself te verdedig nie.

Jack ·

Sondae is die dag waarop die mense hul bloeddorstige werk doen. Kyk gerus na die stats. Boere moet veral op die dag waaksaam wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.