Egpaar met byl, skroewedraaier aangeval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 52-jarige man en sy 45-jarige vrou is Donderdagaand na ’n hospitaal geneem nadat hulle in hul huis in Port Elizabeth in die Oos-Kaap met ʼn byl en skroewedraaier aangeval is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 22:45 plaasgevind.

Drie rowers het vermoedelik deur ʼn oop skuifdeur toegang tot die huis verkry.

“Daar was nie ʼn traliehek voor die skuifdeur nie, en die drie rowers kon maklik toegang tot die huis kry,” sê Janse van Rensburg.

Die rowers het glo onmiddellik op die egpaar toegesak. “Hulle het die man dadelik met die byl en skroewedraaier begin aanval, waarna hulle albei wakker geskrik het. Hulle het die man verskeie kere met die skroewedraaier gesteek en met die byl gekap. Die voorval het egter nie lank geduur voor die rowers op die vlug geslaan het nie.”

Janse van Rensburg sê die rowers het met net twee selfone gevlug. Die man is na die hospitaal geneem waar hy behandel word, hoewel die vrou onmiddellik ontslaan kon word.

“Dit is nie duidelik hoekom hulle juis gefokus het daarop om die man aan te val nie, dit alles is deel van die polisieondersoek,” sê sy.

Meer inligting kan in dié stadium nie bekend gemaak word nie. Janse van Rensburg sê egter die egpaar sal binnekort albei hul verslae aflê.

Enigeen met meer inligting word versoek om die Kabega-polisiestasie in Port Elizabeth te kontak by 041 397 6801.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

m ·

Oop skuifdeur, rerig is daar regtig nog mense wat so naïf kan wees in n wrede land soos hierdie waar n lewe niks meer werd is nie.

Org ·

Oh nee, jy mag nie na hulle verwys as rowers nie, hulle was honger, en dit is hkm hulle jou erf, jou huis beset. Neem jy stappe om jou gesin se veiligheid in ag te wil neem dan word jy soos die arme man in Leeudoringstad aangekla vir moord, na dat hy en sy familie aangerand is met koevoete en ‘n rewolwer. So hoe nou moet ons nou sit en kyk en sê laat Gods water oor Gods akker loop. Dit is tyd dat ons moet begin te besef ons is gevangenisse in ons eie huise. Ek glo in God, maar geloof alleen gaan ons nie uit die verknorsing uit haal nie.

Fly on the wall ·

Met ‘n oop deur slaap???? Dis mos moeilikheid vra

cor ·

Hulle het nie met n oop skuif deur geslaap nie, daar is net nie n veiligheidshek aan gewees nie. Dit is niks om n skuif deur te onspoor en oop te maak nie. Dit is ook nie in elke huisbewoner se begroting om ‘n veiligheids hek aan te sit nie vir al as jy dalk net ‘n huurder is en die huis eienaar wil dit nie doen nie. Kyk maar in die sogenaamde veiligheids komplekse hoeveel mense word nie net daar aangeval nie.

Fly on the wall ·

Ek stem..opp deur is moeilikheid vra. Tensy dit oop gelos was vir ‘n rede

Marinda ·

Iets klink nie vir my reg nie. Is die skuifdeur dalk met ‘n doel oopgelos???

marous ·

Sou dit ‘n verskil maak as die huis soos Fort Knox gelyk het …nee . Die polisie kan hulself nie eers verdedig nie. Die land is verrot.

Amelda ·

Hulle hoef nie ‘ n refe te soek nie. Hy is wit dis hoekom hy aangeval was

Thinus ·

Die tipe ding is nou n daaglikse gebeurtenis. Daar is n aktiewe oorlog teen wit mense in die land en die wat dit nie sien nie is of blind of ontsettend naief…

Pastoor ·

Ons moet weerbaar wees. Maak seker alles is gesluit voor jygaan slaap. Sluit jou kamerdeur ook. Wees meer veiligheids bewus. Asseblief kyk uit vir mekaar

Deon ·

Die deur is oop en dan word daar net op man gefokus!!! Ek dink die vrou het iets daarmee te doen!

Wonder ·

Ek het die berig tweekeer gelees maar kon nie ” n saak van poging tot moord”is oopgemaak, iewers lees nie.Sien net rowers en die rowers in die berig???

André ·

Die feit dat hulle die man aangeval het terwyl hy slaap, bewys vir my dat dit ras gedrewe is. Hulle kon mos lekker gesteel het wat hulle wou en net gegaan het. Dit word nou ‘n instelling om wit mense te martel en/of dood te maak as hulle inbreek. Ek glo hulle weet waar wit mense bly. Wat hulle doen is veel erger as die woorde wat op sosiale media gebruik word, maar dit sal nie op die nuus kom nie. Veral wat ek weet word sulke dinge verbied om op die sabc gewys te word.
Ek aanbid ‘n lewende God en vertrou dat hierdie mense eendag geoordeel gaan word en die ewige hel as beloning sal ontvang. Hulle ken nie naasteliefde nie. Gelukkig is God ‘n regverdige Regter en niemand kan hul oordeel ontsnap soos hier op aarde nie.

Ek ·

Poging tot moord !!!!! Nog een !!!!!!! …….. As hy gesterf het, wat sou dit gewees het ???…… “Miskien moord” …….. Of soek die mense is stukkie grond ? Dring dit deur na diè mense en diè regering dat hierdie jàg op die blankes nie so verduur sal word nie —– Ons Hemelse Vader sal die onreg nie toelaat nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.