Egpaar met kettings vasgebind tydens plaasaanval

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde egpaar is Vrydagaand op hul plaas naby Ixopo in KwaZulu-Natal deur ʼn onbekende aantal aanvallers oorval, vasgebind en erg aangerand.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 18:00 gebeur. Volgens Zwane is min inligting tans beskikbaar. Dit is nie duidelik hoeveel aanvallers daar was nie. Hy het gesê die egpaar was buite op pad na hul huis toe hulle oorval is en deur die aanvallers die huis in geneem is.

“Die aanvallers het die egpaar met kettings en toue vasgemaak en erg aangerand. Hulle het daarna ʼn onbevestigde bedrag kontant geroof voordat hulle te voet gevlug het,” het hy gesê. Die egpaar is later na ʼn hospitaal geneem, maar dit is nie duidelik hoe hulle daarin geslaag het om hulp te ontbied nie.

Volgens Zwane is die man 87 jaar oud en sy vrou 79 jaar.

Zwane het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Johann ·

En ons arme boere word ontwapen en die boewe word bewapen.

Jakes ·

Wie het nou weer gese ons gaan hulle nie die see injaag nie,ons sal hulle net “potion” gee..

Rocky Bell ·

“Saak van huisrroof is geopen”. Moet dit nie eerder wees “Saak van poging tot moord”

Sagt ·

In hierdie rassistiese ANC land is dit net huisroof maar hulle sal boet na die verkiesing wanneer hulle almal tronk toe gaan.

Maya Roon Joubert ·

Ek is eintlik verstom na al die aanvalle moord en kriminele oortredings terwyl ‘n onwettige onbetaamlike president weier om af te staan, ons mense bystaan en toekyk hoe alles om ons heen vernietig word.

Deon Koegelenberg ·

Roof kan mos nie die enigste klag wees nie wat van aanranding om ernstig te beseer

Die Kryger ·

Dit is n NOODKREET NA DIE VADER HELP ONS HERE. Ons moet eendragtig wees in GEBED

al ·

Hy maak die onmoontlike moontlik. In die Naam van die Vader en die Heilige Gees bid ek vir verandering in hierdie land. Help ons om wonde te heel.

jan van riebeeck ·

God gaan ons nie help terwyl ons ons sondes bo Hom najaag nie

Bees ·

Al oom aartappel die geroepte en sy skapies het reeds die gebed gedoen .

Rina Vermeulen ·

Kyk mens lees nou omtrent daagliks hiervan. Dis om nou hiervan naar te word en kommentaar altyd dieselfde. Ek is tot in my siel in toe moeg oor dit en vra nou mense asb is daar nie iemand met ñ plan of iets wat daadwerkliks kan werk nie?Die regering gaan ons nie beskerm nie en mense moet dit nou begin besef. Bid alleen is ook nie meer genoeg nie en die bybel sè ons moet ook iets doen om ons self of volk te beskerm .

Pastoor ·

Nou hkom hulle so slaan en vasbind. 87 e 79. Oumense moet respekteur word. God slaap nie.

Pastoor ·

Nou hkom hulle so slaan en vasbind. 87 e 79. Oumense moet respekteur word. God slaap nie. Mooi al jy praat waar

Akademi Buktu ·

Bees, die wêreld lyk soos hy lyk omdat mense praat soos jy praat.

fred ·

As almal dink soos Bees dink…………………handel soos Bees handel…………………..spel soos Bees spel……….dan gaan die wêreld nooit ‘n beter plek word nie.

Werner ·

Spul lafaards. Kom val jong boertjies aan. Dan lyk dit soos die parys voorval. Ek het ‘n plaas vol sonne blomme indien julle belang stel. Onthou net, as ek julle vang dan gaan ry ons ‘n draai met my bakkie.

Bees ·

As jy van kleintyd af vir n kind breinspoel met glo en dink soos n kind -dan kry jy grootmense soos Fred

annette duvenhage ·

Huisroof….word poging tot moord nou huisroof genoem? Dis om van te kots om dit ligtelik te stel.

Ben Prinsloo ·

Ek verstaan ons volk se probleem. Ek stem ook 100% saam dat ons moet bid tot Die Skepper. Ek voel egter net dat bid alleen gaan niks help nie ons sal iets moet DOEN ook. Wat ons moet doen weet ek egter op hierdie stadium nog nie.

Sherril ·

Cowardly savages. It’s time for Jesus to return and take us all home.

snoefie ·

Ben en ander, julle is heeltemal reg. ons moet ten eerste bid. tot Hom bid om ons sonder te vergewe en ons genadig te wees. ons moet ons hoop en vertroue op Hom stel. dan moet ons ook paraat wees en waak om nie deur Satan en sy gesante oor val word nie.

Jon ·

Ben, ek stem sasm met jou.
Tydens 9/11 het drie uit vier van die gekaapte vliegtuie hul teikens bereik. Die vierde vliegtuig het nie sy teiken bereik nie want in plaas van net te sit en bid, het die passasiers die terroriste aangevat en probeer oorrompel. Deur hul heldedaad is daar waarkynlik baie lewens gered op daardie dag.
Die vraag is: Gaan ons net bid of gaan ons begin doen? Ek self weet ook nie wát ons kan doen nie maar ons kan gerus te minste begin saamstaan, aktief begin betrokke raak in die gemeenskap en organisasies soos Afriforum ondersteun.

Grotman ·

Huisroof is altyd die verskoning. Ons woon in n surkus maar ek lag lankal nie meer nie.

Johannes Meintjes ·

Die terrorisering van die mense in SA, soos oral elders, vorder volgens plan. Massa angst is besig om die regte indikators te gee vir die oorgawe om ge-implimenteer te word. Elkeen in “gesag” speel hulle rol, want hulle is belonings aangebied in die Nuwe Ordes. Die massa harloop in kringe en kerm op sosiale media. Christelikheid het betekenloos geword.

John ·

Dit is tyd dat ‘n leierskorps uit Afrikaners saamgestel word wat sake in oenskou kan neem, inligting versamel en waarskuwings uitreik. Hierdie mense mag geen party of instansie direk verteenwoordig nie, buiten om Christene te moet wees. Inligting via die media is slegs flarde en gewoonlik ou nuus. Gevaarsone moet belig word en daadwerklike planne beraam word. Misdaad neem toe. Ons kan nie wag vir een om in die parlement te skreeu dat Zuma moet verdamp nie en ‘n ander om hom te vra om seblief tog te se hoeveel suurstof Afrikaners, teen betaling natuurlik, daagliks mag inneem nie. ‘n Inligtingskantoor waarheen gebel kan word en wat waarskuwings kan uitreik, moet geskep word. Speel jul kaarte teen die bors wat ander instansies betref. Dubbele agenda’s is nie gister uitgevind nie. En geen range nie asseblief, anders kan ons dit maar los. Ou slim ooms in veiligheidsoorde, uit die vorige bedeling, mag nie leiding neem nie. En geen orasies van De Klerk-Klasies nie. Jong bloed vir ‘n lewende toekoms is broodnodig. En veral geen ou sanger-met-ghitaar nie. Dis nie ‘n begrafnisonderneming of ‘n Afrikaans-is-groo-oot losie nie. Die ANC het Lethuli-huis. Waar is ons s’n?

m ·

Daar is baie kommentaar wat sê ons moet bid. Wat is wat ons moet doen. Ekself is al sinies, want hoe sal God ‘n land help of seën as die leiers van die land van Hom ‘n bespotting maak? Ons regering is meesters daarin om hulself teenoor God gelyk te stel, en aanbid dan nog hul voorvaders ook!

Ons moet vir Zuma en ons regering bid – maar ons doen nie want ons wil nie – ons wil hulle eerder die niet instuur. En tog sê die Woord ons moet vir ons vyande bid…

Ek was nog op skool, kan nie onthou presies wanneer nie, dit was lank terug maar ek onthou ‘n dag (ek dink die parlement is voorheen met gebed geopen?); daardie dag het Chris Heunis as ek reg onthou gesê hy gee nie om as daar tot ander gode gebid word in die parlement nie, solank daar net tot sy God ook gebid word. Daardie dag was ‘n keerpunt vir SA, want God is ‘n jaloerse God.

Ons moet bid dat ons leiers God vind, of dat hulle verwyder word en ons ‘n God-vresende regering kry. Dit voel onmoontlik en niemand van ons is lus om vir Zuma en kie te bid nie, ons wil hulle eerder ….. toe stuur. Maar ons sal moet, want God sal ‘n land slegs seën as die land Hom dien, en die leiers loop ongelukkig voor…

Cilla ·

Mense ASB! Vrouens en oumense alleen op plase is “Sitting ducks”. As jy vriende of familie het wat sulke sagte teikens is – help hulle om daar weg te kom.

ou oom ·

John, jy is uitgesproke oor wie welkom in jou plan is en sluit ‘n hele klomp mense uit. Dis juis samewerking wat nodig is en daarmee saam ‘n strategie wat kan werk. Jou idee van ‘n inligtingsdiens is goed, maar daarvoor het ons juis ‘n organisasie soos Afriforum nodig om mense wat ‘n belang by die saak het te mobiliseer.

al ·

Ek glo ook inligting is belangrik. Ons moet begin dink soos ons teëstanders, dan sal ons sukses behaal.

emma ·

Is dit nie moontlik dat alle oumense op plase met ń soort “panic button” toegerus kan word nie? Iets soos ń rubberbandjie om die arm dra en dan in kontak met hul naaste bure indien die bandjie geaktiveer word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Oumense op plase met “panic buttons” help niks. Ons is almal op plase, dorpe, stede, uitgelewer aan skepsels met geen gewetesl Maar nou word gese ons is almal dieselfde? Wie kan vir my dit verdidelik want ek ken NIEMAND wat aan ENIGEEN al gedoen het van dit waarvan ek lees in koerante en op televisie sien nie.

wyfie ·

Is reg as jy sonder Hom wil leef, Bees. Groot probleem kom die dag as jy sonder Hom sterf. (En in SA kan dit dalk spoediger gebeur as wat ons dink… ) Jy praat dwaas. Ek sal jou aan raai om te onthou dat God Hom nie laat bespot nie. Sy hand is nie te kort om te help nie en Sy oor is nie te doof om te hoor nie. Feit is, ons sonde staan soos ‘n muur tussen Hom en ons. As ons kan klaarkry met ons eiewillige hardkoppigheid en onsself volkome aan Hom onderwerp, sal Hy hoor en antwoord.

Ai ·

Ek het n idee. Ek weet nie wie om te kontak met die idee nie en ek wil dit nie hier plaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.