Egpaar met pangas op Vrystaatse plaas aangeval

Argieffoto

ʼn Bejaarde Vrystaatse egpaar is in ʼn hospitaal opgeneem nadat hulle Saterdagoggend op hul plaas in die Hertzogville-distrik deur ses aanvallers oorval en erg aangerand is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hoewel die besonderhede rakende die aanval nog vaag is, kon Thakeng bevestig dat die egpaar voor 07:00 buite hul huis op die plaas Langeveld aangeval en in die huis in gedwing is. Twee vuurwapens is tydens die aanval gesteel.

Thakeng het die egpaar as Japie (75) en Emma (75) van den Berg geïdentifiseer.

Volgens Thakeng het ʼn plaaswerker die polisie om 07:00 gebel om hulp te ontbied. “Die landelike veiligheidsplan is onmiddellik in werking gestel en meer as 50 boere het die polisie met twee helikopters bygestaan om na die verdagtes te soek,” het hy gesê.

“Dit het daartoe gelei dat adjudantoffisiere Johan Thiart en Gert Dreyer en konst. Ashley Legodu met behulp van die boere vier verdagtes vasgetrek het.” Volgens Thakeng is die verdagtes onderskeidelik tussen 26 en 35 jaar oud.

Die vuurwapens wat gesteel is, word steeds vermis en die ander twee verdagtes is nog op vrye voet.

Thakeng het gesê die egpaar is blitsig na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas en daarom kon hy nie onmiddellik bevestig hoe ernstig hulle beseer is nie. Die polisie sal hulle so gou moontlik in die hospitaal besoek om verklarings af te neem en die aard van hul beserings vas te stel.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het egter aan Maroela Media gesê hy verneem dat die egpaar met pangas aangeval en albei ernstig beseer is. Volgens Cameron is die vermoede dat Japie se toestand ernstiger is aangesien hy erge kopbeserings opgedoen het.

Thakeng het die boere van die plaaslike gemeenskap geloof vir hul samewerking en vinnige optrede wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei het.

Die vier verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van huisroof.

Mense met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die voortvlugtende verdagtes kan lei, word versoek om AO Errol Bannock by 065 930 7622 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

rollie ·

Want die motief was roof en nie moord nie. Volgens die definisie van roof moet daar ‘n geweldselement aanwesig wees so dit volg ook dat dit onsinnig sou wees om ‘n aanklag van aanranding by te voeg.

willie ·

Rollie verseker is jy nie enstig met jou kommentaar nie! Wel hier word nou nie oor grappies gepraat nie, maar wel oor poging tot moord! ñ Panga is verseker ñ moordwapen!

Jacky ·

Stem saam. Poging tot moord. Aanranding met doel om ernstig te beseer ens. Net huisbraak is klug van ń klag. Sies Suid-Afrika.

Lana ·

Huisroof se dinges!! Poging tot moord!!
Sleg goed. Ses jonges van hulle om twee ou mense aan te val.
Bly vier is al gevang.

AD ·

HUISROOF???????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????? Nee hell

BB ·

Huisbraak se g@t, dis poging tot moord, oortreding van private eiendom, inbraak, geweld teen ou mense, lafhartigheid 6 teen 2 ou mense, en daar is nog baie klagtes wat n mens kan by sit!!!!

Blommetjie ·

Hoekom Huisroof???? Wat van Huisroof en poging tot moord?!?! Dis verregaande!

LK ·

Why only “huisbraak”? For starters what about GBH and armed robery with the intention to kill to mention just two more obvious things, I can think of more…

Michael ·

Snaaks dat altyd 3 of 4 gevang word en nooit die wapens kry nie baie snaaks.die 2 wat nog soek is moes eers die wapens by hulle base gaan inhandig

Oom Kalahari ·

Hierdie krimunele is lafaards en te lafhartg om man op man te kom. Ses van hul om ‘n ou bejaarde man en vrou aan te vat en waarom nie jul eie portuur tussen 26 en 35 nie, want jul weet jul gaan dan die pot mis sit. Dankie aan die polisie, plaaswerker en gemeenskap vir hul vinnige optrede, maar verstaan nie how is dit huisroof as die egpaar met pangas aangeval is nie. Dit is wel roof maar ook poging tot moord en aanranding met doel om ernstig te beseer. Hoop Japie en Emma alle sterkte toe met spoedige herstel en op jul oudag na aftrede moet jul deur al hierdie duiwels uitdagings en beproewinge gaan vir oorlewing waar jul aftrede in rustigheid en vreesloos moes wees. Hierdie land is vrot van die goed vloeiende en beskermende kriminelele.

Deon Koegelenberg ·

Dankie oom Kalahari ek stem heelhartig met jou saam elke woord wat jy daar skryf is waar ek vra myself in die laaste tyd , Hoe lank sal die boere dit nog vat sonder om in opstand te kom ?????

Adele ·

Twee hartsmense so verniel en nou word hulle aangekla vir huisroof!!!!! Oom Japie en Tannie Emma ons bid vir julle.

Max ·

Die slagoffers is blank so daar is gelukkig nie rassisme tersprake nie.

carnett ·

En nou….ek skiet n Anfaller dood,wat my Lewe will neem.
Huisbraak,miskien….wat weet jy wat hulle will doen…nix nie.
Wat van n Kluis…die erste een wat hulle vraa is die Sluitels davor!
Gaan nie om nie…om my gesin veilig te hou is alls in MY wet!!!

jean ·

As dit ook nie vir die plaaswerker, die boere en die helikopters was nie, was hulle nie “blitsig” na die hospitaal vervoer nie…..Sterkte aan hulle en die familie..

Johanné ·

Shocking!!! Huisroof!!!! Dis nie huisroof nie, dis besit van onwettige wapens, wapenroof, poging om dood te maak, en en en

Koos ·

Daar bestaan nie ‘n misdryf of klag soos “huisroof” nie. Dis ‘n term wat die polisie gebruik vir hul statistieke. Wat hier ter sprake is word roof met verswarende omstandighede genoem en poging tot moord. Mense wat nie paraat of wat te oud is om hul vuurwapens te gebruik moet dit eerder weggee of verkoop want mens hoor telkens hoe hul wapens afgeneem word sonder dat hul selfs ‘n aanvaller kwes.

Naas ·

Die voortdurende kommentaar op stories oor wat die klag is wat een of ander polisiebeampte voor op die dossier skryf raak regtig te erg. Die polisie het absoluut niks te doenmet die klag waarvoor die beskuldigdes tereg gaan staan nie. ‘n Staatsaanklaer sal daaroor besluit nadat die dossier aan hom / haar voorgelê is. Die beskuldigdes in die berig gaan natuurlik van poging tot moord aangekla word asook van gewapende roof. Daar bestaan nie ‘n misdaad soos huisroof in die Suid-Afrikaanse reg nie.

Ag Asseblief Tog ·

Naas, soos ek al die kommentaar al hier op MM gelees het, is al die mense in die kommentaar slimmer as die duiwel in die kinner Bybel. Hulle glo dat hulle van alles weet en nog meer.

Hester ·

Boere het nou genoeg gehad los die weerlose ou mense uit vat die ware boere aan wat hulself kan verdedig dan sien ons

Muis ·

Mense het altyd so baie te se as hul self nie betrokke is by ‘n situasie nie. Dra jou wapen… boere dit en boere dat. Vind eers die waarheid uit voor jy jou mond spoel oor wat gebeur het. Wapens nie gekry nie…. goed gebeur nie as jy jou vingers klap nie, dis nie ‘n fliek nie, dit vat ongelukkig tyd. Ai mense julle leef in ‘n droom wereld kom aarde toe.

KOOS 2 ·

Hulle moet hull gesigte wys ons Boere wil dit sien Malema as j die Boere wil uitwis maak n oorlog

Penellope Jones ·

Is dit nie poging tot moord as pangas gebruik word om mense mee aan te val nie . . . . . .

Bekommerd ·

Ek is so siek en sat om van die geweld te lees en te WEET daar gsan NIKS van kom nie. Oor twee weke is hulle vrygelaat op parool van ‘n paat Rand net om weer te roof en aan te rand, terwyl ons blankes boet vir alles wat ons doen of sê. Ons het nodig dat iets daadwerklik gedoen moet word aan hierdie onsinnige en onregverdige situasie in ons land. So kan dit nie aangaan nie!

Loraine ·

Sal hierdie tipe aanvalle ooit stop? Ons is “sitting ducks” en word gejag. Die jagsseisoen is oop en ons kan/ wil/ mag/ moet niks doen nie.

Genoeg ·

Wonder hoekom is dit in 99% van die aanvalle bykans altyd 6 persone wat in die aanvalle betrokke is?

Buitelandse hulp ·

Ons moet onder buitelandse mense fondsinsamelingsprojekte begin om vir privaatsekuriteit te betaal om bejaardes in die land te beskerm.

A ·

Wanneer gaan hulle by kom. Dis alles hehalwe roof. Huile gaan om te martel en moor. Die goed wat hulle so terloops vat is masr net om die mense ‘n rat voor die oë te draai.

A ·

Hulle is te lafhartig om een een iets te doen. Hulle is altyd in groepe. Agteraf soos ‘n klomp hiennas

Cornelia ·

Al hierdie gru dade laat mens ernstig en met eerlike gedagtes terugkyk na aparte ontwikkeling. Die huidige kommunistiese dwang beleid van geforseerde vermenging is net so afbrekend en skadelik vir my as Afrikaner as wat aparte ontwikkeling vir die deursnee onbeholpe Ramaphosas, Malemas, Zumas en hulle diepsloot bondgenote is. Die deursnee Afrikaner sal nooit verswelg kan word deur ondermynende aanslae teen sy vryheid en eiesoortige karakter en gees nie. Want die Afrikanes is ‘n wêreldleier van formaat op elke lewens terrein wat hom nie wil ophou met duistere politiek en terreur teen onskuldige landsburgers nie.

Eish ·

Née suster, jy vergeet die hensoppers wat normaalweg so 10% van ons uitmaak. Byvoorbeeld dominee Carl Niehaus.

rollie ·

Ek kry die indruk dat die lesers hier dink dat gewapende roof sommer ‘n geringe misdaadjie is. Mense, die MINIMUM voorgeskrewe vonnis vir gewapende roof is 15 jaar vir ‘n eerste oortreder (soos vir moord). Dis BAIE ernstig, ernstiger as poging tot moord.

Oom Kalahari ·

@Cornelia, pragtig gestel en ook ons algehele gevoel en sieninge, maar is maar ‘n handjie vol wat geraas maak in ‘n donker kamer/tonnel en niks om ons kan sien wat werklik verander nie. Ons almal is nie oop vir die geforseerde vermengendheid nie en merk dit nou op met kleinkinders op skole vlak, maar is wat deur Mnr Panyaza Lesufi afgedruk word soos wat op Universiteite deur Jonathan Jansen en sy meelopers gedoen word. Die blanke afrikaner se sterk gene moet gebreek word is in sy geskrewe boeke gestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.