Egpaar met ysterstaaf, panga aangeval

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Egpaar in hul 70’s is Maandagaand in hul huis in Kabega Park in Port Elizabeth met ʼn ysterstaaf en ʼn panga aangeval.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Maandag omstreeks 20:30 plaasgevind.

“Die 74-jarige man was buite die huis besig toe twee verdagtes, een met ʼn ysterstaaf en een met ʼn panga, opgedaag het,” het Naidu gesê.

Die man is volgens Naidu deur die verdagtes gedreig en in die huis in geneem. “Die verdagtes het hom en sy vrou (70) met ʼn panga aangerand,” het Naidu gesê.

Volgens haar is juweliersware, ʼn selfoon en ʼn vuurwapen tydens die aanval gesteel.

Die slagoffers is volgens die polisie na ʼn hospitaal geneem en is reeds ontslaan. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en huisroof.

Die polisie het ouer persone gewaarsku om meer bedag te wees op veiligheidsmaatreëls omdat hulle kwesbaarder is vir aanvalle en maklike teikens vir misdadigers is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pippy Langkous ·

Mag mens nie meer in mens se eie voorjaard wees nie…Waar gaan die wereld heen.

Lolla ·

Jaaaaaa…..ons almal weet wie die skepsels is wat met pangas rond loop 20:30 ne? Soooo, dis natuurlik waar “dompasses” vandaan gekom het. Enigge produktiewe, konstruktiewe mens met n gesonde doel, is daardie tyd van die aand nie op straat nie, maar besig om deel van n gesin en famillie te wees!

Aandklok ·

Ja vreemd alle maatreels wat ingestel was was EINTLIK om die publiek teen aanvallers/verkragters/moordenaars te beskerm destyds. Dit het wel vir baie mense op ras gedui, maar daar was ‘n rede hoekom ‘n aandklokreel ingestel is, daar was ‘n rede hoekom mense met pasboeke moes rondloop (ek moet nou steeds myself kan identifiseer met my ID), so behalwe dat dit nou ‘n ander naam het moet jy steeds jou ID (pasboek) by jou dra. Dit het ook te doen gehad met onwettige immigrante – oor waarvandaan hulle kom. Apartheid was nie die ideale stelsel nie, maar BAIE reels wat onder apartheid ingestel is was daar OM DIE PUBLIEK te beskerm. Nou dat almal kan kom en gaan soos hulle wil sonder identifikasie, en sommige onwettig in die land is en net uitskuif as hulle moorde gepleeg het .. is daar geen keer aan misdaad in hierdie land nie. EK weet die regering gee nie om nie .. maar glo my die klein jakkalsies gaan uiteindelik die hele wingerd opvreet.

Alida ·

Hulle sal nooit erken dat sekere reels van die ou dae ingestel was om misdaad te bekamp nie.

madels ·

Almal het ook kameras in hul huis, as jy n werker het, neem n foto van hom/haar en skryf hul volle name neer, neem ook vinger afdrukke wanneer jy n nuwer werker kry en bere dit op n veilige plek. Daar is mos baie maniere om jouself te beveilig…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.