Egpaar ná kerk aangeval; boer in hospitaal

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Boer van Lichtenburg in Noordwes is Sondag na ʼn hospitaal in Rustenburg gehaas nadat hy deur drie verdagtes aangeval en beroof is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê Dirk (69) en Lettie Pretorius (56) het omstreeks 12:00 ná ʼn kerkdiens by hul huis aangekom toe drie verdagtes op hulle toegeslaan het.

Volgens Funani was die verdagtes met net ʼn “groot stok” gewapen. “Die drie verdagtes het toegang tot die huis verkry en toe vir Dirk met hul kaal vuiste en die stok bygedam. Hulle het hom oor sy hele liggaam, maar veral oor sy kop, geslaan,” sê sy.

Die verdagtes het daarna glo drie vuurwapens en ʼn onbekende bedrag geld gesteel en met Dirk se Renault Duster-sportnutsvoertuig op die vlug geslaan.

Lettie, wat glo nié in die voorval beseer is nie, het vermoedelik die polisie en nooddienste na die plaas ontbied waarna Dirk na Rustenburg gehaas is.

Funani sê die polisie het die gesteelde voertuig later dieselfde dag aangetref. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Mense met meer inligting word versoek om onverwyld die polisie te nader by die misdaadnoodlyn, 0860 010 111,” sê sy.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

STERKTE OOM ·

Ek let spesifiek op dat die mans op die KOP gekap en geslaan en gesteek word .. LAFAARDS, weer ‘n klomp teen een man wat niksvermoedend van die kerk af gekom het nie .. Ek hoop een van julle lees hier en lees AFRIKAANS, julle is LAFAARDS om enkel boere op plase aan te val .. JULLE gaan daarop uit om mense te martel en te verneder en te vermink .. ek sien veral baie kopskote en machetes en messe wat spesifiek op die boere se koppe gebruik word . dit is poging tot MOORD en niks anders nie ..EN alhoewel daar tien teen een niemand gevang gaan word nie, gaan julle dag kom .. HOEKOM SOEK DIE POLISIE NIE NOU DIE AANRANDERS en plaasmoordenaars so ernstig soos die ouens wat op die polisiekantoor (met gewapende polisie) toegeslaan het nie?

lizl ·

En so word die Sabbat dag nie geheilig nie… hulle straf sal hulle kry, al is dit nou nie in die tronk nie.

Casper Labuschagne ·

As enige ander gemeenskap in SA so aangeval was, op dieslefde patroon, so brutaal aangerand, gemartel en tereggestel word, dan sal daardie gemeenskap in oproer kom. Die Sjinese gemeenskap het al geprotesteer en ook beide Indiër en Moslemgemeenskappe omdat hulle voel hulle word spesifiek in brutale misdade geteiken. Maar as die wit gemeenskap protesteer, dan dreun die refein – “bloot net gewone misdaad.”

Die spieëltoets: Wat sou gebeur het as die wit minderheid presies dieselfde misdade, brutaliteit en voorkoms daarvan teenoor die swart meerderheid gepleeg het? Daar sou sekerlik ‘n herrie en protes wees soos min en die media sou oor niks anders as wit teen swart rassisme en die haat en wreedheid daarvan geskryf het nie. Maar nou geld die teenoorgestelde en mense skud bloot hul koppe en mompel iets oor misdaad.

Joae ·

Stem 100% saam, en ons regering lag dié af en ons reg stelsel sê dié is net “huisroof” en dan die ou deuntjie van “dis erger in die plakkerskampe” en en en en.

phillipvandyk ·

ons weet presies wat sal gebeur. onthou die KFC geval, en dan die manne vand ie doodskis. die man is nie aangerand nie, hy is nie geslaan nie, net gedreig. 15 jaar tronk straf

ontevrede leser ·

“die polisie ondersoek n saak van huisroof en “aanranding””, nie aanranding nie, “POGING TOT MOORD”, n groot stok is nie om die spel “kennetjie” mee te speel nie

Marius ·

Lisl, sondag is nie die sabbatdag nie…saterdag is die Sabbatdag.

Alida ·

Ag Marius jy is kleinilik!!! Almal behoort nie aan jou kerk nie. Dit gaan oor die daad wat gepleeg is ongeag die dag.

Se Net ·

Marius hoekom nou daaroor bespiegel sewende dag is om te rus as jy nou kies dat dit ‘n week van Sondag tot Saterdag of van Maandag tot Sondag is. Sabatdag is die sewende dag en gemaak om te rus. Nerens in die bybel is Maandag of Saterdag genoem nie, dit is die mens wat die dae ingestel het. Tensy jy my verkeerd kan bewys uit die Bybel

Speedguard ·

Ai Marius, dit word nie in jou keel afgedruk nie, waarom moet jy haar nou “Kruisig” omrede sy glo Sondag is haar Sabbat, ek dink dit is totaal onvanpas om die tragedie te gebruik om jou denke en geloofs beleid te proffeteer!
Gaan staan buite die Kerke wat Sondae as hul Sabbat gebruik en ooreed hulle , jy is beslis op die verkeerde forum!

Jona ·

Dis nie so eenvoudig nie @Marius. Histories gesproke wat terug dateer na die eerste eeu was Sondag, nie Saterdag die normale vergadering van Christene in die kerk, en die Sabbat is aan die VOLK van Israel gegee en nie aan die Kerk nie, maar die Sabbat is deel van die Ou Testament wette, en Christene is vry van die Wet (Galasiërs 4:1-26; Romeine 6:14). Die hou van Sabbat word nie van Christene vereis nie hetsy of dit Saterdag of Sondag is.

Sabbatdag ·

Marius vir die meerderheid van ons is Sondag die Sabbatdag!

Theresa ·

Ag nee. Moet nou net nie weer oor hierdie tipe ding ook stry nie.

Wonder net. ·

Waar was die boer se wapen? In vandag se tyd, is dit n MOET dat n boer n wapen ten alle tye by hom dra. As jy n wapen het, kan iemand met n stok jou NIKS doen nie!

Theresa ·

Verkieslik, ja. Maar dra jy ook joune heeldag en nag, want almal is die teiken deesdae. In jou tuin, in jou huis, in jou motor, in die straat, in ‘n besigheid, in ‘n park, besig om te werk, besig om te bid, besig om te lewe, besig om te slaap. Almal – heeltyd – oral.

Peperspry ·

Ek dra my peperspry heeltyd aan my. Dit het my al twee keer gehelp.

Altyd ·

Altyd Theresa, altyd, dag en nag; 25 uur per dag en 8 dae per week, reeds vir 34 jaar.

Jan ·

Baie sterkte aan die slagoffers. Aan die aanvallers “if you life buy the gun you will die by the gun.”

Wanda ·

Maruis as saterdag vir jou die sabbatdag is, fine. Vir ons is dit Sondag. Bepaal jou by die berig

Jerry ·

Die aanvallers is mense wat niks het om te verloor nie en die enigste manier vir hulle om iets in die hande te kry is om n sagte teiken soos die ou oom aan te val. Nou het hulle vuurwapens en sal hulle enige boer aanval om hulself te verryk en sommer wraak ook terselfdertyd neem. Die boere moes jare terug toe die moorde begin toeneem het al drasties hulle lewenswyses aangepas het, maar dit is asof hulle in ontkenning bly leef dat die goed met hulle kan gebeur. Afri-Forum se plaasbeveiliging bevat tog sekerlik die element van veranderde lewenswyse en optredes

Willie ·

Waar is die slapende SAPD? Kom SAPD van hulle ook so vinning… Toe ek daag julle uit….

SNEL ·

Lizl, bedoel jy nou die Saterdag word nie as Sabbat geheilig deur die boer en sy vrou nie of die Sondag as Sabbat deur dit te mik op die skelms .

boerseun ·

As die oom n handwapen gehad het en dit gebruik het,dan was hy gearesteer vir poging tot moord of dalk moord. Ek is bewapen en ek weet dat as ek dit gaan gebruik sal my familie veilig wees maar die einde van my lewe sal aanbreek.want ek sal gearesteer word en die aanvallers sal na privaat hospitaal geneem word. Die regstelsel is een groot grap.

Werner ·

Gebruik liewer n hand wapen en baklei n hofsaak as wat jou famillie begrafnis hou

PJC ·

Hoeveel keer gaan boere nog aangeval word wanneer hulle van die kerk af kom. Dit is ongelukkig deesdae so dat ń mens jou vuurwapen moet saamneem kerk toe ook. Dit is nie ń sonde nie maar wel ń noodsaaklikheid.

Hendrik ·

Ek het juis vanoggend opgemerk hoeveel kopwonde hierdie plaasaanvalle veroorsaak. Die boere moet maar ‘n hoofbeskermer aanskaf. Iets soos ‘n Klimhelmet of kano helmet. Vanaand in die aande.

TTh ·

DRA julle wapens te alle tye !!!, wanneer gaan mense/plaasboere dit besef?

Marius ·

Dit is eenvoudig. Ons is besig met ‘n oorlog en hierdie word gorilla oorlog genoem. Niemand het “officially” oorlog verklaar nie maar glo my. Die is oorlog – teen ons eie mense. Slaan toe en verdwyn – tot volgende keer. Die keer is dit te naby… Die regering gaan ons nie beskerm. Daar moet ‘n manier wees om ons self en ons mense self te begin beskerm!

Marina ·

Ai maar die media kan klomp snert ook skryf. Hierdie man en vrou is my bloedfamilie. Hy is met ‘n geweer geslaan en hulle was aangehou met die drie se wapens. Stokke? Van wanneer af is vuurwapens stokke? Kry julle feite reg voor julle nuus plaas

Elzabe van der Westhuizen ·

Oom Dirk en tannie Lettie is in ons gemeente in Zeerust en NIE van Lichtenburg nie. Die aanval was in die ZEERUST omgewing. Hardwerkende gemeentelede van ons kerk. Bitter hartseer dat plaasaanvalle verdubbel by die dag !!!

Isabek ·

Mense, mense, mense. Van julle is so maklik… rerig… as niemand n eiertjie gele het oor Maruis se “Saterdag -Sondag” storie nie, dan kon ons almal gefocus het op die berig. Ignoreer wat jy nie like nie en hou by die storie. Marius het nou meer aandag gekry as die oom en tannie wat na kerk aangeval is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.