Egpaar op De Doorns aangeval

De Doorns Foto: Wsteyn , Dreamstime Stock Photos, Stock Free Images

De Doorns Foto: Wsteyn , Dreamstime Stock Photos, Stock Free Images

Johan en Elmarie de Klerk is Woensdagaand op hul plaas in De Doorns in die Wes-Kaap deur drie gewapende mans aangeval.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval Saterdag aan Maroela Media bevestig. “Drie mans, wat klapmusse en handskoene aangehad het, het die 65-jarige man oorval toe hy met sy honde gaan stap het. Die inbrekers het deur die veiligheidshek van die plaas gebreek. Hulle het hom aangerand en sy hande vasgebind en hom na die slaapkamer gedwing.”

Van Wyk het gesê die aanvallers het ʼn onbekende bedrag kontant en selfone gesteel. “Hulle het te voet gevlug.”

Hy het bevestig De Klerk moes mediese behandeling ontvang vir beserings wat hy tydens die aanranding opgedoen het. “Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak. Die ondersoek duur voort.”

Dawid Barnard, Elmarie se broer, het aan Maroela Media gesê dit gaan onder omstandighede goed met hulle. Hy het gesê die egpaar sukkel om die voorval te verwerk. Hulle het nog nie weer sedert die aanval in die huis geslaap nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Charlotte ·

Saak van huisbraak?????? ASB en wat van aanranding. Die gemors kom met alles weg. Ons werk vir wat ons wil hè en hulle steel hul pad oop .Die gemors het geen gewete nie… Sterkte vir die oom en tannie. Ons kan maar net op ons kniee bly en bid

Lindie ·

Is ook verstom oor die aanklag. Gewapen en aanranding? Siek land.

Johann ·

As hulle gewapend was is dit niks anders as gewapende roof nie. Anders is dit huisroof. Nogal n kaptein wat die snert kwytraak.

Jan ·

Daar word nou al vir jare oor plaasaanvalle berig wat met reëlmaat uitgevoer word. Mens het nie genoeg woorde van afkeur vir hierdie dade nie, en dit hou net nie op nie, raak net nie minder nie. Dit is het nou al soos ‘n weeklikse vervolgverhaal geword.

Die gewilligheid van die regering ontbreek om daadwerklik iets aan die krisis te doen. Is hulle bang as hulle bv die komandos terugbring, dat hul kiesers dit sal sien as dat die boere voorkeurbehandeling kry? Is dit waarvoor hulle bang is, want dit is hoekom hulle die kommandos in die eerste instansie weggevat is.

Oud Kommando lid ·

Die ANC regering was te bang vir die kommando stelsel, weens die gevaar wat dit moontlik sou kon inhou vir hulle.

Almal van ons wat betrokke was by die kommando`s, is hoogs opgeleide soldate, wat ook ervaring het van grensoorloë. ( Onthou nog van daai 2 jaar verpligte miltilêre diens, asook, die 8 kampe wat ek in 10 jaar moes voltooi, waarna ek by `n kommando ingedeel is.)

Die regering was/ is te bang vir `n ander soort staatskaping as die “Gupta”sage.

Danelle De Klerk ·

Dit is my skoonouers, teleurstellend om n berig te lees wat se feite nie agtermekaar is nie!

Christa ·

Danelle, alle slagoffers moet OOK video’s neem van die misdaadtoneel en dit op die internet plaas dan sal ons burgers en die buitewêreld sien waarom mense mag in eie hande wil neem en die skurke die skrik op die lyf probeer jaag sodat hulle NOOIT weer hulle voete op die plase sit om die boere aan te val nie!!!

Henry McDonald ·

@Danielle – sal waardeer indien korrekte feite verstrek kan word? ASB……

Pastoor ·

Dit is mos maklik om te verstaan. Hulle leier met die los tong het mos gesê. Sy makkers voer dit uit. Roep hom tot orde. Hy moet verantwoording doen

Janet ·

Die afgelee kusdorpe waar mense aftree word ook nou bekruip deur groepe aanvallers. Dit gaan net so erg word soos die plaasmoorde. Geen veiligheidshek, diefwering, honde of alarms keer hulle nie!

JC ·

#boikot hoofstroom media!! Se nee vir subtiele manipulasie en polities korrekte indoktrinasie en propaganda!!!

PMB ·

Ek stelvoor julle le n klag teen Malema aangesien hy mense aanhuts om misdade te pleeg. Dit is beslis een van sy trawante!

Jef ·

Sterkte aan die egpaar.
Ek het geen woorde meer vir al die misdade in SA nie

Siekensat ·

Hierdie plaasaanvalle is soos tereuraanvalle.As dit in Amerika gebeur het en hulle sou een vang sal hulle ondersoek wie is hy en waar kom hy vandaan en wat is sy motiewe.Ek dink die boere moet n taakspan maak wat ondersoek en kyk wie sit agter die goed.Ons boere het nou lank genoeg deur die goed gegaan dis tyd om dit te stop.

Melanie ·

Plaasaanvalle en renosterstroping kan volgens my beide onder gru-misdade gekategoriseer word. Net soos met renosters, sal die regerende party seker eers wakker skrik en die geweldige negatiewe impak van hul verlies ervaar as de laaste boer moorddadig in hierdie land afgemaai word. Dit is siek, om die minste te sê!!!

Paardes ·

Die regerende party se minister is self hierby betrokke volgens laasweek se berigte, hulle sal nie wil stop nie.

Anelle ·

Danelle ek stem saam. My oom en tannie het dit nie verdien nie.. Hoop die feite word geplaas. En dat hulle gevang sal word! Nie net vir huisbraak nie maar vir aanranding ook!

Donovan ·

Met vuurwapens… waar is die poging tot moord saak… maar ja dit word mos Colonial Justice genoem… Ai ek is malema vol oor al die gemors…

sarina ·

Ai ek ken die mense. En hulle is sulke goeie mense en sal nie n vlieg skade aandoen nie. Hoekom moet hul deur sulke trauma gaan. Hoekom moet daar eers mense by die dood omdraai voordat iets gedoen word. Ek bly ook in de doorns en die misdaad hier raak al hoe erger by die dag. Ek het electric fencing om my huis. N alarm slaap met n panic button en steeds vrees ek wat my en my man en kind kan gebeur. Ek dink as dit minder lekker gaan in die tronke sal die land weer beter wees. Want daar kry hul 3 etes n dag mediese behandeling. Daar is dstv. En jy kan selfs nou geleerdheid kry. As jy in die tronk is moet jy n straf uitdien. Gee net een ete n dag en verder moet daar hard gewerk word. Die land is glad nie meer vir reg en geregtigheid nie. Hier is net verkragting en aanranding en moord elke liewe dag.

Hannelie ·

NIKS sal weereens gebeur want ons bly in ‘n wettelose land met “leiers” wat self bedrog in oë staar. Hoe bestuur jy aanrandings, moord ens as ons kamstige leiers nie eens hul self onder toom kan hou nie. Ons land is klaar afgebreek deur die leiers

Manna ·

Dit is tyd dat daar ‘n eenheid gestig word om stil stil sonder verhore van die elemente ontslae te raak. Sterkte vir egpaar.

FM ·

Voordat grootbek,akteur, populis, rassehater, opsweper en minderwaardigheidsbekleër MALEMA nie in die bek geruk word nie sal hierdie tragedie nie plaasvind nie. Mense ondersteun asb vir SOLIDARITEIT, AFRIFORUM ens om hulle hande te sterk om alles in die howe te beveg. Ons het nog regsmense met skop. Hou aan om aan te hou. Die malemas dink seker ons sal handdoek ingooi. Malema we are coming for you!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.