Egpaar op hoewe oorval, aangerand

Argieffoto: Reint Dykema

’n Egpaar is Saterdagmiddag op hul kleinhoewe in die Bokfontein-omgewing in Noordwes deur drie onbekende mans oorval en aangerand.

Kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het Sondag aan Maroela Media gesê die man (77) en vrou (75) verkoop vleis vanaf die kleinhoewe vir ʼn ekstra inkomste.

Drie mans het omstreeks 15:30 die kleinhoewe betree onder die voorwendsel dat hulle vleis by die egpaar wou koop, toe hulle toeslaan.

Hoewel albei deur die mans geslaan is, het die vrou die ergste daarvan afgekom en is sy na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Die man het ligte beserings in die voorval opgedoen, het Funani gesê.

Sy vertel dat die mans daarna op die vlug geslaan het met twee van die egpaar se vuurwapens asook twee selfone en ’n skootrekenaar.

Die verdagtes is steeds soek.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frm

Huisroof ag asb

Arno Scheepers

En natuurlik was cyril heel eerste by die egpaar om hulle by te staan…..oh jammer hy is nog steeds by die drie aanvallers om hulle geluk te wens.

Mieliestronk

Die polise van die land n huisroof is ek wag dat jy weg is van jou huis af is ek gaan breek jou huis oop en vat jou goed Dit is n huisroof As jy by jou huis is en ek kom in jou huis in ek slaan jy met goed en vat wapens is dit n plaas aanval Dit lyk CR het die huisroof stories in die polisie se ore gefluister Want hy is bang vir die buiteland wat agter die plaasmoorde wil kom Kan daar tog iemand vie die arme polisie n prentjie teken en wys van plaas… Lees meer »

piet piet

Die diewe blyk slimmer as die boere te wees hulle verander nie hulle modus operandi nie ,die boere word gereeld so gevang en beroof,aangerand,leef die boere so geisoleerd dat hulle nie weet van plaasmoorde en die skerp toename in plaasaanvalle nie?

piet piet

Die rowers het nou 2 vuurwapens gekry om ander boere te vermoor,ons is on eie grootste vyand.