Egpaar op Kersdag op plaas in Vrystaat aangeval

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Foto’s van die egpaar in die hospitaal volg onderaan die berig. Dit kan moontlik sensitiewe kykers of kinders ontstel.

Niemand is nog in hegtenis geneem ná Dawie Keyser (67) en sy vrou, Sunita Keyser (68) op Kersdag op hul plaas Wolhuterskop in Hertzogville in die Vrystaat aangeval is nie.

Kapt. Sfiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die egpaar is omstreeks 21:20 oorval. “Die oortreders het drie vuurwapens uit die kluis gesteel en die man en vrou met knopkieries aangeval voor hulle agterop ʼn bakkie vasgemaak is,” het hy gesê.

Volgens Nyakane het die aanvallers met die egpaar weggery en Sunita het naby ʼn vulstasie in Boshoff van die bewegende voertuig afgespring. “Sy kon paramedici ontbied wat op hul beurt die polisie in kennis kon stel,” het hy bygevoeg.

Nyakane het gesê Dawie is later ongeveer 10 km buite die dorp langs die pad gevind. “Die bakkie is later verlate gevind op die R59 op pad na Dealesville.”

Hy het gesê die ondersoek duur voort. “Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding, gewapende roof en ontvoering.”

Maroela Media kon nog nie terugvoer van Vrystaat Landbou kry om te hoor hoe dit met die egpaar gaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

M Swanepoel ·

Dit is allerverskrikliks (as daar so ‘n woord is) geen ou mens verdien dit nie

Penellope Jones ·

Hoekom verskyn hierdie berigte en foto’s nie in die Engelse media ook nie??

sharon ·

Hierdie word direk voor ANC en EFF se deur gelê… Dagvaar hierdie partye vir elke insident. Dit is immers hulle wat dit aanhits. Sterkte

pieterdp ·

Hoel lank gaan ons nog die ander wang gee. Waar is ons Leiers wat bystand, raad en hulp vir ons gee. Doe ANC is besig om ons te vernietig. Hul oorlog en vernietiging het nie ge staak na 1994 nie. Wat nou.

Cor ·

Ek stem, ons moet ‘n leier kry wat net soveel media dekking uitlok soos die malema;s en die partye saam met hom, hulle oorweldig die nuus, terwyl ons mense maar toekyk. Kom ons bly bid vir so ‘n persoon deur God aangewys om namens ons die leisels te vat.

sharon ·

Hierdie word direk voor ANC en EFF se deur gelê… Dagvaar hierdie partye vir elke insident. Dit is immers hulle wat dit aanhits. Sterkte aan hierdie mense

posduif ·

Wanneer gaan dit eindig ??? Plaasmoorde vind plaas elke dag en NIKS word gedoen nie !!!!!!!

lea venter ·

Stem saam posduif wat word gedoen? Jy hoor net hulle ondersoek en niks soos in niks gebeur nie.

Fritz ·

En ons word rasiste genoem. Dis meer volksmoord. Die media gan mal oor die Sparrow insident maar berig glad nie oor die soveelste plaasaanval nie. Maar die cowards teiken oumense. Pateties en opotunisties. Dis tyd dat ons vir onsself opstaan en saamstaan want niemand anders gan nie.

Susan ·

Ja Plaas dat hul hierdie berugte en Fotos op die aand nuus uitsaai en koerand voorblaaie haal. Genoeg is genoeg is blankes moet begin saam staan teen hierdie volksmoorde!!!!

Netekke ·

Dank Vader hulle lewe darem nog. Dit moes ‘n baie traumatiese ondervinding gewees het, ligpunt……. Hulle lewe nog.
Wonder net of iemand ooit in hegtenis geneem gaan word omtrent hierdie voorval.

Ella ·

Prys die Vader Hulle is lewendig. Ons moet onthou , hierdie mense gaan eendag voor die troon staan, Hulle gaan nie ongestraf bly nie.

Besorgde ·

Dit is duidelik n RADIKALE RASISTIESE aanval op weerlose Blanke Oumense.
Die regering doen absoluyt niks om dit te keer nie.want RASSISME kom net van die Blankes af

jaco ·

hierdie goed gaan al hoe meer en meer en meer word. Plaaswagte, buurtwagte en kommandos gaan nie help nie. Dit gaan net gesien word as rassisme en tot verdere aanvalle op boere lei. Boere moet NOU hulle plase verkoop, voordat wetgewing gemaak word wat hulle vir next to nothing gaan onteien. maak liewer die helfte van wat dit werd is nou as NIKS oor 5 jaar.

Frik ·

Die Varke wat daarvoor verantwoordelik is verdien om gehang te word. Geen genade moet hulle toekom nie., waarom 90% altyd oumense. Dit word nie eers genoem meer op Nationale nuus nie maar behoede jou as jy net ietwat te kras is oor rasse boodskap

wilma ·

Mense in regering klomp patete. Ek glo hul lag onder mekaar oor aanvalle op wittes.

Colleen ·

Ja, hulle juig seker elke keer as so iets vreesliks gebeur.

Christelle9 ·

Dis hartverskeurend…. wat elkeen van ons in gedagte moet hou is: buiten die fisiese pyn van die slagoffers, is daar ook die emosionele kant…. wat vir altyd by jou spook…. nie net by die slagoffers nie, maar ook hul familie en vriende. En wie dink ooit aan al die mense wat op hierdie tonele bystand gee, ouens (ons mans, pa’s, seuns en oupas) wat vir ure op die aanvallers se spoor is. Hierdie aanvalle het ‘n veel groter impak as wat die gewone man op straat van weet. Kinders wat nagmerries kry, bang is vir hul eie huise en om op die plaas te wees. Arbeiders wat bang is om te werk…. en so kan ek aangaan….

JaneeKyk ·

Waars die aanklag op poging tot Moord? Al die klagstaate word so versag ! Maak my so …..!

Audrey Bierman ·

Ek Sal netnou met die familie praat en hoor hoe dit vandag met hulle gaan.

Theuns ·

Beste Maroela Redaksie,
Baie dankie dat julle nog die aanslag op Boere onder die aandag van hoofsaaklik julle lesers(Afrikaners) bring. Maar dit is ongelukkig nie genoeg nie! Ek dink dit het hoog tyd geword dat julle die moorde en plaasaanvalle onder die aandag van die wereld media bring. Vertaal al julle berigte in Engels, sluit al die fotos van die moorde en plaasaanvalle en dit maak nie saak hoe grafies dit is nie, en stuur die berigte na die wereld media (BBC, ALJAZEERA, SKY NEWS, CNA, RUSSIAN TV,AL DIE WEREL LEIERS EN DIE VEREENIGDE NASIES SE HOOF KANTOOR)in die form van ‘n SOS. (“SAVE OUR SOULS). Stuur ook die berigte aan die Politieke Partye in Suid Afrika as ook die Media. Gaan uit julle pad uit om antwoorde te kry van al die bogenoemde instansies. Ek weet Solidariteit en Afri Forum doen baie in die verband maar ons almal insluitend Maroela Media moe nou help om die gebeure onder die aandag van die wereld te bring. Ek het ook “Grusame foto,s” van plaas aanvalle. As julle dit wil he sal ek dit vir julle stuur!!!
Groete

Andrea ·

Ja, Theuns, ek stem saam. Maroela, sal so iets moontlik wees? Is daar bande met internasionale media wat dit sal versprei?

Cornelia ·

Stem saam. Hoekom haal hierdie plaasaanvalle en moorde op ons nie die hoofnuus en koerante nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Theuns

Dankie vir die voorstel.
Maroela se redaksie sal vroeg in 2017 die voorstel oorweeg en hierop reageer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

jo-anli ·

Almal se oë gaan oop asb. Rk is al drie keer oorval in my eie huis , en twee keer gekaap met God se genade kon ek elke keer my familie weer sien. Hietdie aanvalle vat aan elke persoon onherroeplik en dis iets wat jy Nooit Ooit kan verwerk nie . Dis n bitter bitter seer pil. Hel niemand verdien so iets nie. Regering Is Verantwooedelik.

manie ·

Genoeg is genoeg,ons het nou vir 22 jaar jammer gese.Dit is KLAAR,mense word wakker laat ons as n volk iets doen.As daar n leier is wat sy of haar man kan staan HELP ons nou.

Yvonne ·

Dit is heel erg om te lezen en te zien.
Vanuit mijn land Nederland is dit niet te bevatten, dat zoiets gebeurd tijdens de kerstdagen!
Vreselijk, ik leef mee met deze families.

Cherokee ·

Yvonne, u kunt bijdragen uw deel en het bekendmaken aan het Nederlandse publiek. Niet dat ik denk dat gaat iets waard zijn maar doen het toch voor wat het waard is.

Andrea ·

Yvonne, is dit nie moontlik dat Nederlandse media hierdie aanvalle sal uitsaai daar nie? Die wêreld moet weet!

jo-anli ·

LeonR dis so waar wat jy sê, om so iets aan iemand te probeer verduidelik is onmoontlik, my bene arms Was gebreek, tot vandag sukkel ek om behoorlik te loop.
Kan glad nie vinnig loop of hardloop nie. My gesig is skeef geslaan met n rewolwer.
Ek het geen simpatie met die aanvallers nie. My lewe is onherroeplik verrander.

sersant ·

hoekom het hy hom nie bewapen nie? daar was dan drie vuurwapens uit sy kluis genoem.

Willie ·

Om jouself te bewapen gaan jou niks help nie, al dra jy dit aan jouself. Daar is net nie genoeg tyd om jouself teen die aanvallers te verweer nie. Wees realisties … !

M'Lady ·

Al wat ek kan se is verkoop julle bates op die plase en trek na n veiliger ??? plek toe soos n woonstel of iets soortgelyks. Hierdie aanvalle gaan nie afneem nie en ek waarborg julle nou, nie die ANC, die DA, F W de Klerk of die buiteland gaan ons te hulp snel nie. Probeer soveel as moontlik selfversorgend te leef. Dis al oplossing op hierdie stadium.

Christelle9 ·

Goed M’lady…. noy verkoop al ons boere ons bates & plase en trek na ‘n veiliger ??? plek…. ‘n woonstel of iets soortgelyk…. soos jy dit stel. Wat dink jy gaan jy eet? Wie gaan dan ons land se voedsel verskaf? Die vleis, groente, melk etc. wat jy by die winkel in die stad koop kom van ‘n PLAAS af…. van die BOER af!!! Iemand moet op die plaas bly sodat jy kan eet….

Annie ·

Snaaks hoe daar altyd “nog niemand
Is inhegtenis geneem” onder aan die
Plaas aanvalle se berigte gelees word. Dis vreeslik waar gaan alles eindig?

Jef ·

Daar is n Nederlandse verslaggewer in SA n ene Mnr. Vermeulen wat verslag doen oor alle gebeure in SA en direkte verslag lewer aan nuus stasies in Nederland.
Jammer dat daar niks oor al die plaasaanvalle en moorde verslag gelewer word nie en dus logies dat heel veel Nederlanders niks daarvan af weet nie.
Ek laat baie mense in Nederland die afskuwelike berigte lees en ja dit raak die mense verskriklik maar verder kom die nuus nie.
Ek wil graag die nuus na die koerante in Nederland vat maar ek is bevrees dat ek die protokol van betrokke nuusmedia kan skend, daar moet skriftelike toestemming voor aangevra word.

Andrea ·

Jef, gestel mens kontak die individuele koerante/televisiestasies oorsee met die berigte en beeldmateriaal,bv wat ons hier op Maroela kry: is dit geoorloof? Wat van regse koerante/publikasies? Sou daar n probleem mee wees om sulke inligting deur te gee?

Theuns ·

Beste Andrea en Jef.
Dankie vir julle ondersteuning. Ek wil ook voorstel dat die berigte van Maroela in al die belangrikste tale vertaal word. Ek is seker onder die lesers van Maroela is daar genoeg mense wat die saak op n gekoordoineerde wyse kan aanpak. Op die oomblik dink Die ANC, SAKP, EFFen ander vyande van die Afrkaner dat hulle agv Apartheid ” n Licence to Kill” het.
Groete

Sune van Heerden ·

Dagsê Theuns

Dankie vir die voorstel.
Maroela se redaksie sal vroeg in 2017 die voorstel oorweeg en hierop reageer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Janneman ·

Ons eie hoofstroom media plaas niks oor die voorvalle nie, hoe kan jy verwag die buiteland moet dit doen.
Blankes is “fair game” in hiedie land danksy sogenaamde politieke korrekte str*nt. Tensy ons ons self help gaan niemand dit doen nie.

Conrad ·

Stem saam- maar nie net die berigte nie – die foto s ook want sien is glo

Hugo Diedericks ·

Roof en moor is bkykbaar OK, moet net nie iemand beledig nie dan is daar n kommisie van ondersoek

De Jager ·

Ja….julle is almal maklik om kommentaar te lewer…. was jy al in daardie posisie??
Is jy ‘n plattelandese boer waar niemand wil saamwerk nie? Hulle is oumense al was hul gewapen, rowers oorval hulle soos nou!!
Hulle plaas nie meer plaasaanvalle / -moorde in die koerante nie, want dis maar net nog ‘n boer/e. Ek het groot geword met dit want my pa help mense let wel… hy is nie ‘n polisie man nie… hy doen dit baie uit die goed heid van die saak vir ‘n boerenasie !!!!!

Jef ·

Dag Andrea,

Die berigte en beeldmateriaal afkomstig van Maroela Media deur te stuur na televisie en /of koerante dink ek persoonlik dat dit miskien nie ge oorloof is nie.
Ek sou graag van MM wil weet wat my/ons regte en pligte is omtrent die verspreiding/deur stuur van nuusberigte afkomstig van MM na nuusmedia oorsee.
Dis nou al die soveelste keer dat ons almal die afskuwelike wrede nuus lees en die fotos sien van ons geliefde mense wat aangeval of vermoor word.
Momenteel is ek besig om n brief op te stel gaande die toestande en gebeure gerig aan die politieke partye in Nederland, ek het geen idee wat die uitkoms sal wees nie maar ek gaan probeer n begin maak.
Om regsepartye in te lig kan geen kwaad doen nie maar ek twyfel of dit help aangesien hulle liewer vir hul eie burgers in die bres tree in hul eie land.

Andrea ·

Baie dankie vir jou reaksie, Jef. Ja, mens is nie seker wat die waarde van enige aksie vanaf ons kant sal wees nie…Maar ek kan nie meer niks doen en met elke moord op en vergryp teen my mense sê: “Dis verskriklik, dis verskriklik!” nie. Ek wil iets probeer doen.
Ek is seker jou brief/inligtingstuk kan êrens n klein vuurtjie aansteek.
Groete

DR ·

En oom Dawie is n goeie boer, geniet sy plaas. Saam sy vrou, sterkte oom.. Duiwelsdrek

Rian Van Wyk ·

Ons deel maklik emosies en woorde van medelye. Hier is nou ‘n kans om die mense te help:
Mpumalanga vriende is bewus van die voerskaarste by die Keisers. Voer is bymekaargemaak. Nou benodig ons weldoeners om by te dra tot die vervoerkoste daarvan. Bydraes in veelvoude van R1000 asb. Mpumalanga Brangus Klub reël en administreer. RvWyk 0836454434

Dirk ·

Hkm hul nie in n kis sit en skrik maak nie. Hkm nou soooooo aanrand..

Celia ·

Dankie Sune! Ons staan almal saam en ons weet jul plaas nie net die berigte nie maar julle harte skeur net soos ons wat dit lees. Dankie Maroela! Alle sukses. Ek bid vir julle spanpoging!
Dankie ook Jef vir wat jy doen om dit bekend te maak in Nederland en Jef,
Google “Farmkillings” en “Plaasmoorde” – daar is van die foto s van ons mense en die wreedste marteling waardeur hul gegaan het. Dit is genocide. Ons kan nie meer stilbly nie. Ons HET n stem.

Peet J ·

Om ons kriminele situasie in die NSA aan die buiteland op te dra gaan ons absoluut niks in die sak bring nie dit gaan net ‘n swak indruk skep gesien in die lig van ons verstandelike vermoëns. Van die kommentare wat sin maak is bv. die van M’Lady, Janneman en Skip4. Die fotos van aanrandings en vermoorde persone moet liefs aan die de Klerk stigting en ANC regering voorgelê word met toepaslike byskrifte. Ek het reeds ‘n navraag aan die de Klerk stigting gestuur en dit staan almal vry om hulle afkeur te betoon in verband met die aanvalle van die kriminele op ons mense.

Theresa ·

lafhartige skuim!!! Stem beslis saam met almal wat vra dat hierdie tipe berigte van nou af (hopelik vanaf Januarie al!) met foto’s en al in elke koerant moontlik gepubliseer moet word. Ook dat oorsese media dit gratis kan kry – solank hul dit versprei. Stuur sommer van die begin af vir Donald als aan. Die wrede, doelgerigtheid moet spoedig in die kiem gesmoor word. Lieplappers!! As mense nie name genoem wil word nie, moet hul hul beter gedra.

Jef ·

Celia, baie dankie vir jou inligting en ek hoop dat alles wat ons mense doen ons die geweld en alle misdaad uit SA kan verdryf.
Ek weet seker dat die nuus sal versprei tot waar ook al in die wereld, Nederland lyk my n baie goeie startpunt om my standpunt te maak. Ek gaan nu direk Google vir verdere informasie/beelde.

Groetnis

Gypsey2 ·

Net soos die wereld nie van ons moorde hoor nie,net so hoor ons nie van al die moorde oorsee nie.Dit is wat ‘n reiseger wat oor meeste van die wereld gereis het, my vertel het.Hy se,oorsee is dit nog erger!?
So,ek weet nie,ek is ook moeg vir die aanslae op blankes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.