Egpaar op KZN-plaas oorval

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn KwaZulu-Natalse egpaar is Sondagaand op ʼn plaas in die Nottingham-gebied naby Pietermaritzburg deur twee aanvallers oorval, vasgebind en aangerand.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 76-jarige man en sy 70-jarige vrou was alleen by die huis toe twee verdagtes, gewapen met ʼn mes en panga, die huis binnegekom het. Hulle het die egpaar vasgebind en die kluis se sleutel geëis.

“Die verdagtes het op die vlug geslaan met die egpaar se voertuig, ʼn haelgeweer, kontant en juweliersware,” het Zwane gesê. “Die man en vrou is aangerand, maar het slegs geringe beserings opgedoen.”

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die egpaar het kopbeserings opgedoen en kneusplekke op hul gewrigte waar hulle vasgebind is. Hulle is egter nie in die hospitaal opgeneem nie.

Zwane het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tiger ·

Hoe kan die rowers sommer so in hul huis inloop??Ai mense lees julle nie koerante en kyk julle nie tv nuus nie???Daar is steeds Mense wat VRA om aangeval te word!Ek hoop die petalje sal die’ egpaar WAKKER maak sodat hulle voorsorg sal tref om ‘n herhaling te voorkom.Ai tog!Net bly hulle is lewend agter gelaat.

Skok ·

Tiger amper skok jy my ook, maar ek stem saam, mense, veral liewe ouer as 60 mense ons weet dit is jul eiendom en ons weet Omie toe jy in jou 20’s was sou jy hierdie helsims goed uitgesort het, ongelukkig het ons geen regte meer in die land nie, net kriminele het, so julle moet julleself beveilig deur agter behoorlike slot en grendel te wees en berei jou voor op so aanval al was daar nog nooit in jou geweste 1 nie, oefen wt om te doen, druk alarm, hou selfoon naby, stuur sms, plaas foon op silent en hou dit weggesteek, basics kan jou lewe red! Ek is baie bly jul is nie baie seergemaak of vermoor nie, maar nogsteeds hartseer dat 70 jarige mense so mishandel en aan ‘n helse vrees onderwerp moet word, Mense regte antwoord ons, wat se reg het hierdie 70jariges dan nou gehad?????????

Trixie ·

‘n Saak van huisroof word ondersoek? Dalk ‘n saak van aanranding ook SAPD…?

Donovan ·

Hierdie was n eenvoudige huisroof, wat n ROWER gedoen het, hy het gekry wat hy soek en homself uit die weg gemaak… As hierdie manne vasgetrek word gaan daar seker berig word dat daar n loon geskil was en hulle het gaan vat wat hulle toekom… Ek moet sê ek is net dankbaar dat die rowers die goed gevat en gewaai en nie die mense vermoor het nie… Hierdie was nie n geweldadige aanval nie en die mense kan baie dankbaar wees dat hierdie manne nie lede was van die vors wat geweld aanhits in ons land nie…

kallie du Plessis ·

Nêrens in hierdie berig word melding gemaak van honde nie. Hoekom tref bejaardes op plase nie meer voorsorg tov veiligheid nie? Waar is die kwaai honde en waar is pepersproei of iets wat hulle aan hulle dra? Paniek remotes om die nek ens. ‘n Mens kan nie altyd betyds by ‘n radio of iets uit kom om alarm te maak nie,maar jy kan gou ‘n knoppie druk. Bejaardes MOET saans honde by hulle in die huis hê en om Vadersnaam nie gaan kyk as hulle iets hoor nie,maar ALARM maak. Ons moet iets begin doen

E ·

Liewe oom en tannie,

Ek is jammer om te hoor van dit wat met jul gebeur het. Dit is vreeslik. Die plaasaanvalle gaan nie ophou nie. Verkoop jul plek en kry n kleiner plek in die dorp of by jul kinders.Moenie langer daar bly nie, dit is te gevaarlik!!

m ·

Hulle is baie gelukkig om vandag te lewe . Hierdie mense is uit om ‘n punt te bewys. Ou mense kan lankal nie meer so alleen op plase bly nie. Sekuriteit op plase sal moet opgeskerp word want hoe loop die goed net in die huis is. Was daar nie veiligheidshek nie en was die deur dan nie gesluit nie????? Honde is ook nie altyd oplossing nie want hulle word vergiftig.

Johannes Meintjes ·

On mense bly onverskillig self m.b.t. basiese persoonlike, gesins, eiendoms, buurtwag of plaaswag en GPF beveiliging!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.