Egpaar op KZN-plaas vermoor

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die liggame van ’n egpaar is Sondag vroegoggend op hul plaas in die omgewing van Normandien naby Newcastle in KwaZulu-Natal, aangetref.

Dana Geel, bestuurder van die plaaslike plaaswag, het Sondagoggend aan Maroela Media gesê ’n lid van die plaaswag het omstreeks 05:25 ’n roetine besoek op die plaas afgelê toe hy die liggame van ’n man en vrou voor die voordeur van die plaashuis aangetref het.

Albei het skietwonde gehad. Die egpaar se hond het langs hulle gelê. Dié dier is ook geskiet.

Volgens Geel het die lid van die plaaswag hom na die toneel ontbied en hy het die polisie in kennis gestel.

Daar word in dié stadium vermoed dat die egpaar Saterdagaand van elders tuis gekom het en toe deur aanvallers by die plaashuis se voordeur oorval en doodgeskiet is.

“Dit lyk of die aanvallers vroeër by die agterdeur ingekom het en die huis geplunder het toe die egpaar hulle vermoedelik verras het.”

Volgens Geel is dit nie in dié stadium duidelik wat uit die huis gesteel is nie aangesien waardevolle besittings soos skootrekenaars en juwele vanoggend in die huis aangetref is.

Die aanvallers het wel met die egpaar se motor op die vlug geslaan. Dié motor is intussen verlate naby Ladysmith aangetref. Daar was egter geen teken van die aanvallers nie.

Geel het gesê die polisie is in dié stadium steeds op die toneel.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Nee, 200% van hulle is daar net vir die lekkerte om te kan moor.

Pieter J ·

Ek dink dit is niks anders as haat wat maak dat hulle so moor nie en om vrees aan te wakker by die blanke bevolking.

Prikkie ·

Stem 100% saam PieterJ. Hulle wil vrees inboesem en die blankes so vreesbevange maak dat hulle eiendomme net so agterlaat en vlug.

Nell ·

Psigopatie.. Dit word gekenmerk deur langdurige antisosiale gedrag, min empatie en berou, asook ongeïnhibeerde of vreeslose optrede.

Jaco ·

Die wereld moet weet wat aangaan in suid afrika. Anders gaan dit nooit stop.

Jannie van Niekerk ·

Die wêreld voel ‘n veer vir ons in Suid Afrika. Waarom anders belê hulle in ‘n korrupte land met ‘n misdadige regring en ‘n President wat Plaasmoorde ontken?

Termiet ·

Die res van die werld weet reeds maar wil nie betrokke raak nie want hulle is bang vir die rasse kaart.

Cherokee ·

As jy nog aan die slaap is, die res van ons is wakker. Dit is seker waarom jy vergeet het om te sê wat ‘ons’ moet doen wanneer ‘ons wakker skrik’.

johanf ·

Ons is wakker, maar by verre die minderheid, moet pal n vuurwapen op jou hê, en met agterdog leef, dit nie ń gesonde leefwyse, maar moontlik spaar dit ń lewe…..

Anoniem ·

Ons is klaar wakker. Dit is Ramaphosa wat moet wakker skrik.

Lorna ·

Al die bikers wat so saam ry vir optog teen plaasmoorde is amazing maar dit lyk nie of dit help nie
Die klomp haters word nie afgeskrik deur ons die boodskap by ramaposa wil afdwing nie die moordenaars lees nie eers die koerant nie
Daar moet en sekerlik is n oplossing wees maar ek kan nie die platform gebruik vir dit nie
Genade Vader help ons want ons kan dit nie self doen nie
Sterkte aan famielies en vriende

Jannie van Niekerk ·

En President Rampspoedphosa swyg oor plaasmoorde en aanvalle. En hy swyg… en swyg …en hy swyg met ELKE enkele plaasaanval en plaasmoord…….

PieterP ·

As jy iets sien beweeg in die donker skiet eerste en praat later. Dit was al lankal genoeg! Sitting ducks is wat ons is op plase en kleinhoewes

Adeline ·

RASSE HAAT… wonner nou as ons as blankes wat van rassisme beskuldig word nou die “Black Matter” so moet begin behandel en WRAAK aanvalle doen op die RASSE RASSISTIESE HAAT AANVALLE VAN MOORD OP BLANKES – Hoe vinnig die blankes gevang sou word en die kern van die beplande moorde uitgesnuffel word en die wortel daarvan oopgevlek sou word. Wonner ernstig.

Oujongvrou ·

As blankes dink boere het dit erg, gaan kyk wat doen hulle met hulle eie mense. Dis haat vir hulself wat hulle voortdryf. Plus daars geen afskrikmiddel vir die moordadigheid nie..vir sommige van hulle is dit lekker in die tronk.

Alet ·

‘n Dak oor sy kop, bed om op te slaap en n ete elke dag is mos beter as om honger te ly elke dag. Dis waarom hulle moor om lank versorg te word…VERNIET EN GRATIS…!!!

madels ·

Dis mos nou duidelik dat die mense vermoor is… Die “diewe” en “inbrekers” wil net dit laat lyk of dit diefstal was, maar ek glo dit glad nie meer nie :-(

david ·

Hoeveelste aanval is dit vir Augustus…..?

Jammer…..ek kan net tot eengevolgtrekking kom …TERRORISME…!!!!

Daar is baie leesstof oor die metodiek van terrorisme…..

Ek kan tot geen ander gevolgtrekking kom nie….!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.