Egpaar op Limpopo-plaas aangeval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Bejaarde egpaar van Limpopo is Vrydag helder oordag op hul plaas oorval en aangehou.

Marius Jacobs van Watchdog Tzaneen het aan Maroela Media gesê twee aanvallers het omstreeks 14:00 op die plaas naby Tzaneen toegeslaan.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die egpaar se seun in die sitkamer gesit toe die verdagtes toegang tot die huis verkry en hom aangeval het. “Die vrou (74) en haar man het hul seun te hulp gesnel toe hulle ook aangeval is,” het Vermaak gesê.

Die vrou het probeer om uit die huis te hardloop toe sy met ʼn mes tussen haar nek en skouer gesteek is. Haar man is met ʼn harde voorwerp aangerand voor hulle vasgebind is.

Die aanvallers het op kontant aangedring en met selfone en motorsleutels gevlug.

Die seun, wat geringe beserings opgedoen het, kon daarin slaag om by hul bure hulp te kry, waarna die plaaswag in kennis gestel is.

“Die vrou het ernstige beserings opgedoen en haar man minder ernstig, maar albei is stabiel en nog in die hospitaal,” het Jacobs gesê.

Die plaaslike boeregemeenskap het die polisie bygestaan en ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur. Die verdagtes het vermoedelik na die Mandlakazi-nedersetting gevlug en was teen Saterdag steeds soek.

Jacobs het almal bedank wat by die soektog betrokke was.

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

PMB ·

Die woorde wat ek wil gebruik sal nie deur MMedia geplaas word nie. Lees maar tussen die lyne. Nog n sinnelose aanval. Wanneer gaan ons slaggate regering iets hieraan doen? Hoop hulle vang die boewe gou en dat hulle vir hul kry!

Ouma ·

Hulle soek nie eers nie!! Want dis hulle maatjies!! Maar Iemand sien en Weet wat aangaan!! En Hy slaap nie!!! Gelukkig vir ons!!

Lynette ·

Gelukkig vir die egpaar wat so pas aangeval is? Jy maak nie sin nie, met respek gesê….

AL ·

Waarom kan die rowers nie net steel en gee pad nie – waarom nog geweld toepas? Maar God slaap nie. Elke onskuldige bloed wat vergeld word – sal rekenskap kry.
Daar is ñ spesiale plekkie in die hel vir al die boses. Ek stem dat daar verskillende grade van hel is in die hiernamaals.
Alhoewel ENIGE genade sonder God hopeloos is.

kobus ·

Al, dit is tragies dat ons sulke dinge sê, maar ek stem saam met jou, kan hulle nie net maar steel, sonder om te moor of martel of aanrand nie. Die eintlike vraag wat ons moet vra is, kan hulle nie maar ophou steel nie. Ons is nou al soos die padda in die pot water wat warm gemaak word. Steel raak al aanvaarbaar.

Anel ·

Ek niemand van ons wat hier lees besef die werklikheid van die trauma wat die mense beleef het nie. en so ook soveel ander elke dag om ons. Dit is nie net n nuus berig nie… dit is regte lewes wat afgebreek word. En die oorsprong hiervan is haat want as dit net roof is sal n 74 jarige vrou nie daardie beserings opdoen nie. my hart is stukkend vir die mense. ons lewe nou al met n verwagting van die berigte, wat en wie is volgende…

Anna ·

Dit is baie tramaties op ons Oumense wat so aangeval word. Ek was op die toeneel van die Ofcolaco aanval. Dit is ons vriende Se Pa en ons vriende ook. Wat vir my so skok was on uit te vind was DAT dit ‘n groot krimineel was wat hit was op parool. Hy was aangekla vir moord en verkragting ‘n paar jaar trug in ‘n plaas aanval ook in ons area. Ek wens die doodstraf kan trug kom Dan sal die kerke weer vol wees en die tronke leeg. Wees veilig daar buite mense en kyk 2 keer oor joy skouer.

Ange ·

Anna, vir die doodstraf om effektief te wees en rerig n impak te maak moet die hofsaak en straf baie spoedig afgehandel en uitgelewer word. Vir iemand om 25 jaar te sit en wag gaan nie die kriminele afsit nie. Voor die doodstraf ingebring word moet daar eers huis skoon gemaak word onder die polisie en dan moet die wet aangepas word.

Anna ·

Dit is baie tramaties op ons Oumense wat so aangeval word. Ek was op die toeneel van die Ofcolaco aanval. Dit is ons vriende Se Pa en ons vriende ook. Wat vir my so skok was on uit te vind was DAT dit ‘n groot krimineel was wat uit was op parool. Ek wens die doodstraf kan trug kom Dan sal die kerke weer vol wees en die tronke leeg. Wees veilig daar buite mense en kyk 2 keer oor jou skouer.

Pastoor ·

Dit vandag oral gevaarlik. Ek bly in n veiligheidskompleks. Alles hou ons steeds gesluit. My seun sê ons is te. Ek maak altyd dubbeld seker al die slotte is gesluit. Wees net meer versigtig

Pastoor ·

Dit vandag oral gevaarlik. Ek bly in n veiligheidskompleks. Alles hou ons steeds gesluit. My seun sê ons is te. Ek maak altyd dubbeld seker al die slotte is gesluit. Wees net meer versigtig asseblief

Christie ·

Julle dit raak net erger sluit als, slaap op die dak met slaapsak en kussing, lewe in die plafon, maak n gat onder die huis om te skuil, moenie uitgaan sonder n wapen nie, baie wapens in die huis soos pepper sprei doom aroma sprei en als in jou skoonmaak kas, hou jou kook olie byderhand en gooi op die vloer, hou jou oondrak byderhand en gasstoof se plate hou kookwater kokend, steek wapens weg, fire die huishulp, hulle is meestal die oorsaak van alles doen jou eie huiswerk want hoe gaan iemand dan weet waar jou goed is? Net jy! Hier kom oorlog dis so jammer maar dis waar kyk na julle self mense want niemand anders gaan nie en die belangrikste ooit lees jou bybel en bid dat God ons bystaan en laat Jesus deel wees van onse lewens ek bid vir almal wat in vrees lewe

Doepie ·

U kommentaar is bietjie teenstrydig. As jy God regtig in jou lewe het en Sy gees is in jou, het jy geen vrees nie. GEEN VREES. Dis dan nie nodig om gewapende aanvallers met doom te spuit of in gate te skuil soos muise of olie op die vloer uit te gooi nie. Hoe gaan dít nou help teen ‘n hele bende gewapende aanvallers? Ons Pappa is sterker as hulle pappa. Glo dit! Vertrou op Hom met jou hele hart! Waak en bid! Die gebed van ‘n gelowige wat in Sy weë wandel is baie kragtig.

Peet J ·

Ek voel jammer vir die slagoffers hoop hulle sal gou herstel, en dan wil ek die volgende besonderhede aan die kommentators bekend maak en sien wat hulle reaksies gaan wees:-
‘n Akkoord vir selfbeskikking was op 23 April 1994 deur genl. Viljoen, leier van die VF+, mnr. Thabo Mbeki nasionale voorsitter van die ANC; en mnr. Roelf Meyer minister van konstitusionele ontwikkeling en kommunikasie namens die regering van die NP onderteken en as getuies prof. Abraham Viljoen en mnr. Jurgen Kögl.
Die Volkstaatraad het op 31 Maart 1999 hulle bevindinge en voorstelle aan die Suid-Afrikaanse regering in dié verband voorgelê van ‘n onafhanklike Volkstaat, Noordwes-Kaapse corridor met Orania as beginpunt, aantal inwoners 1998 was 70 000 Afrikaners. Steun van inwoners van Orania en goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering dus die van ons wat ‘n Volkstaat verkies kan sekerlik daar gaan woon.

Lionel ·

Dis ongelukkig te duur daar vir eiendom met min vooruitsigte vir werkende mense. Afgetrede, ouer mense met ‘n vet neseier en niks om te doen nie wyk uit daarheen.

Inge ·

Kan julle net die feit dat julle kommentare met ‘n godsdienstige strekking nie publiseer nie, maar kommentare wat God se almag bevraagteken en soms aan godslaster grens wél plaas, by julle bepalings bywerk asseblief want mens mors jou tyd om kommentaar te lewer hier wat nie geplaas word nie. Dankie.

johan ·

Doepie ek neem aan dat jou gebed kragtig is. Met respek en ek wil nie aanstoot gee nie, maar dan moet die wat kan dan bid. Ek is seker daar is meer een, maar dit lyk nie of dit help nie. Ek wil regtig verstaan, hoekom. Ek probeer maar ek sukkel met die goed.

Rooijan ·

Dis dalk tyd dat jy ‘n poging aanwend om hierdie dinge te verstaan. Bestudeer die Woord en bid dat jou geestelike oë sal oopgaan. Niemand wat opreg klop sal weggewys word nie. Die lewe is bitter kort en die ewigheid lank, maak plan.

Mariana Smith ·

Peet J,
Ek stem saam met jou oor ‘n plekkie onder die son vir Afrikaans sprekende mense.

leon pit ·

Ons is in n burger oorlog vasgevang en julle besef dit nie. Staan op vir jou self niemand gaan dit vir jou doen nie skrik wakker ons witmense word stelselmatig uitgemoor. Doen iets terwille van oorlewing.

Kosie ·

Dis gewoon nie waar dat witmense uitgemoor word nie. Die moordsyfer op witmense in SA is laer as die wereldgemiddelde en omtrent dieselfde as in Europa. Swartmense in SA het ‘n 9 keer groter kans om vermoor te word.

Piet Cronjé ·

Wat is jou voorstelle ons luister. Wat moet bejaardes van 70+ op afgeleë plase nou eintlik doen? Die werklose of sukkelende jongmense en verarmde blankes gaan nie oorlog verklaar sodat hulle hul grond en rykdom kan behou nie. Dis maar elkeen vir homself en sy eie gesin se oorlewing wil dit voorkom.

Amanda ·

Dalk moet mense op plase n ou foon iewers wegsteek. Die fone word altyd gesteel en dan gaan kosbare tyd verlore as daar na die bure toe gegaan moet word vir hulp.

Peet J ·

Al het die swartmense ‘n tienkeer meer kans om vermoor te word in die NSA maar asgevolg van hulle woongebiede word hulle maar minimaal betrek. Die swartkriminele is meer toegespits op witmense 70 jr.+ sagte teikens. Die oplossing is ‘n Volkstaat vir die Afrikaner witmense.

Kosie ·

Jou oplossing is om Orania, iewers op ‘n eiland of oorsee toe te trek. Vergeet van ‘n volkstaat. Op grond waarvan dink jy die wit Afrikaner kan aanspraak maak op ‘n volkstaat?

Peet J ·

Die grondige redes terwille van ‘n Volkstaat was reeds op 23 April 1994 aan die nasionale voorsitter van die ANC mnr. Thabo Mbeke voorgelê en aanvaar dus mag die wit Afrikaner wat selfbeskikking voorstaan geensins van ‘n Volkstaat vergeet nie .
Die wit Afrikaner het nie nodig om aanspraak te maak op ‘n Volkstaat nie volgens sy oorlewering, opofferings en intelegensievermoëns wat hy sedert 1652 die land mee opgebou het is hy meer as geregtig daarop.

SARIE VAN HEERDEN ·

Peet en sy saampraat-maatjies vir ‘n volkstaat vir witmense:
Natuurlik sal ons julle ondersteun maar ons was ‘n paar keer in Oranie, dis ‘n wonderlike plek, MAAAAAAAAAAAAAAAAR niemand wat ek ken sal daarheen wil verhuis nie. Dis te ver van Pretoria af. Miskien moet ons Pretorianers maar Mamelodi toe trek want meeste van ons goed is in elk geval al daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.