Egpaar op Limpopo-plaas oorval, aangerand

Die bakkie wat later in Mamelodi gevind is. Foto: Facebook via Heritage Protection Group

Die bakkie wat later in Mamelodi gevind is. Foto: Facebook via Heritage Protection Group

ʼn Egpaar van Limpopo is erg getraumatiseer nadat hulle Dinsdagaand op ʼn plaas naby Koedoeskop deur vier gewapende mans in hul huis oorval, vasgebind en aangerand is.

Santa Swanepoel het Woensdag aan Maroela Media vertel sy en haar man, Swannie, het op rusbanke voor die televisie aan die slaap geraak voordat die aanvallers ingekom het. “Ek het wakker geskrik toe hulle hard skree en toe ek my oë oopmaak, het vier mans met vuurwapens voor my gestaan,” het sy gesê.

Die mans het vermoedelik een van die deure en ʼn veiligheidshek oopgebreek om toegang tot die huis te kry.

Foto: Facebook via Heritage Protection Group

Foto: Facebook via Heritage Protection Group

Santa het gesê die mans het Swannie dadelik gegryp, rondgeruk en hom met een van die vuurwapens teen sy kop geslaan, voordat hulle hom met kabelbinders op die grond vasgemaak het. Hulle het haar ook op die grond gedwing, deur die gesig geklap en met kabelbinders vasgemaak. Intussen is die aanvallers ook na ʼn slaapkamer waar die egpaar se ma (79) geslaap het.

Volgens Santa het hulle die matras opgelig sodat haar ma op die vloer geval het, voordat hulle haar na die woonkamer gedwing het. “My ma is op suurstof en sy is so maer en broos. Ons het hulle net aanhou smeek om haar asseblief terug te neem kamer toe sodat sy by haar suurstof kon uitkom,” het ʼn emosionele Santa gesê. “Hulle het haar uiteindelik teruggevat, laat lê met die duvet oor haar kop en oor haar kop gekap sodat sy moet bly lê. Gelukkig het hulle haar nie hard geslaan nie.”

Nadat die aanvallers Santa gedwing het om die kluis oop te sluit, het hulle haar en Swannie op die vloer laat lê terwyl hulle onder meer televisiestelle, elektroniese ware, ʼn vuurwapen, skootrekenaars, ‘n kragopwekker, selfone en kontant uit die huis geneem en in die Swanepoels se Toyota Hilux-bakkie gelaai het. Hulle het kort daarna met die voertuig gevlug.

Die egpaar kon daarin slaag om op die tweerigting-radiostelsel hulp te ontbied nadat die aanvallers gevlug het. Al die gesinslede het kneusplekke opgedoen, maar is nie verder beseer nie. Volgens Santa is hulle wel baie getraumatiseer deur die voorval.

Heritage Protection Group (HPG), ʼn nie-winsgewende organisasie wat misdaad bekamp, het op hul Facebook-blad gesê die Swanepoel-egpaar se bakkie, met baie van hul besittings in, is later in Mamelodi gevind. ʼn Verdagte is ook reeds geïdentifiseer, maar dit is nie duidelik of enigiemand al in hegtenis geneem is nie.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie. Die naam van die egpaar se plaas word op hul versoek weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Theresa B ·

Hierdie Mamelodi is ‘n hool van euwels. Hier moet bietjie iets aan gedoen word. Kan jy glo van Limpopo tot in Mamelodi. Alle uit hoeke van die stede tot in Mamelodi. Kapings, moored, aanranding ens en dan word daar bewyse in Mamelodi gekry en die skuldiges is onsigbaar. Almal kom uit Mamelodi!!!!!

Tiger ·

Jammer julle vertel niks van die HPG mense wat die voertuig met ‘n helikopter agternagesit het en gejaag het tot in Mamelodi waar die rowers die voertuig net so met al die gesteelde goedere op gelos het en weg gehardloop het nie.Die HPG mense verdien ‘n pluimpie vir hul uitstekende werk!
Ek is baie bly die familie het almal ongedeerd daarvan afgekom behalwe vir die emosionele nagevolge . Jammer hulle het nie ‘n klein huis hondjie by hulle gehad nie wat voortydig alarm sou kon maak en die nare ondervinding sou kon verhoed het.

Delia ·

Tiger, ek stem……gee krediet waar gegee moet word! Berig is onvolledig sonder dit.
Mooi so, en baie dank is verskuldig aan HPG!

Mel ·

Wanneer gaan dit ooit ophou!!!!! Baie dankbaar dat hul lewens gespaar is, maar dink net met watse vrese lewe daardie mense nou elke dag

NEL ·

Jammer om te hoor van nog ‘n aanval op boere, mense word wakker asb. Dit gaan nie beter word nie , maar net slegter en hulle sal aanval tot die wit mense uitroei is dan is daar niksmeer om te steel nie. Verstaan nie dat daar nie ‘n hond in en om die huis is wat alarm kan maak nie.Ek het vier honde op my huiswerf by Komatipoort en ek daag enige iemand vreemd om dag of nag by my besoek aftele as ek binne in die huis is, hy of sy gaan die gevolge moet dra want dit gaan ernstig gevolge inhou. Newat 600.00 rand se kos ‘n maand en siedaar.

jennefer ·

Ek stem, by my slaap 6 honde in die huis , in verskillende kamers. Ja ,daar is n bietjie meer skoonmaak werk, en hul vreet n paar rand n maand, maar ek slaap rustig!!

Chanel ·

LOL. Net 6? Wat van 17 op my erf. R3000 se kos en ek slaap lekker. 2 boerboele, 1 Rhodesian ridgeback en 5 klein hondjies deel my huis. Hulle kan wel in en uit soos hulle wil want ek slaap met n skuifdeur by my in my kamer oop elke aand. Die res van my mens vreters pas die erf buite om die huis op.

Grap ·

Waarom sal ‘n persoon wat op ‘n plaas in misdaad geteisterde Suid-Afrika bly en gedurende die nag sy vuurwapen in die kluis toesluit en geen alarmstelsel hê om hom te waarsku sou iemand sy huis oopbreek nie miskien is ek onosel

jennefer ·

Ek stem, by my slaap 6 honde in die huis , in verskillende kamers. Ja ,daar is n bietjie meer skoonmaak werk, en hul vreet n paar rand n maand, maar ek slaap rustig!!

jennefer ·

Ek stem, by my slaap 6 honde in die huis , in verskillende kamers. Ja ,daar is n bietjie meer skoonmaak werk, en hul vreet n paar rand n maand, maar ek slaap rustig!!

pop ·

Hoe is dit moontlik dat mense so vas slaap??? Gedurig hoor mens dat die opdrifsels al voor hulle staan voordat mense wakker word . Ek se weer, mense moet sake teen die staat begin maak. Vir trauma ens ens. Sodra daar n verwysings saak is, is die pad oop vir ieder en elk om hof toe te gaan. Ek sit my kop op n blok dat daar dan gou iets aan die misdaad gedoen sal word.

Tiger ·

Die staat sal net aanhoudend die saak laat uitstel en uitrek totdat die mense bankrot is en opgee.

Cherokee ·

Dit kan toegepas word as mense net ‘n klein keffertjie in die huis aanhou en vuurwapens nie in die kluis toesluit nie.

Oupa Hen ·

Baie bly niemand is ernstig beseer nie.
Klink my HPG se kontakbesonderhede moet landwyd bekend gemaak word.

Karma ·

Ek verstaan dit nie. Mense, julle daar in Limpopo, Noord-Wes, Mpumalanga en Gauteng …. julle WEET julle is elke dag in gevaar. Julle weet, net omdat julle blank is, hang jul lewens aan draadjies. Hoekom was daar nie hond(e) wat alarm kon maak nie; hoekom was julle huis-alarm nie aangeskakel nie (as julle een het).

Chanel ·

Geld is gewoonlik die rede. Boere word geteister deur droogte, regering ens. Wit mense kry nie werk nie, kan net die nodigste bekostig. Punt is, maak elk geval nie saak waste voorsorg maatreels jy tref nie, as hulle wil in sal hulle. Wat kan jy moontlik doen teen ‘n groep van 15 gewapendes.

Cherokee ·

‘n Vuurwapen met twee gelaaide magasyne gereed hou, Chanel.

Gesiggie ·

Dit laat my kook””’ hul het geen genade, solank hul net kan steel en wegkom is hul happy… jammer vir die trauma wat jul moes deurmaak, mag hierdie skurke gou gevang word… en n les geleer word, so bly dat jul nie een van hul slagoffers was? as ek net dink aan wat hul aan die arm ou Tannie gedoen het… dan onplof dit binne my? hoe kan n mens ooit so iets vergeet Ek stem dat al die boere of self ou mensies, meer veiligheid sal moet kry? n 2 rigting radio wat nie naby jou is, in tyd van nood, gaan jou niks baat? Ek sou nie n hond as n wag vir veilig beskou, want hul word gif ingegee… kry n goeie alarm stelsel” oops ja sorry as hul nie die drade sal knip… veiligheid op plase moet strenger toegepas word, en kinders van hierdie ouers wat so alleen bly?? maak n plan”’dit is vir hul eie veiligheid en dit is jul geliefdes”’

Bert ·

Waar is die alarmstelsel? Veiligheidsdeur voor die slaapkamer met vuurwapen gereed langs die bed? Paniekknoppie? Niks? As jy jouself nie kan beveilig nie, gaan dalk van die plaas weg. Dis nie jou lewe werd nie.

Arnold ·

Ons bemark n alarmstelsel met n beheerkamer en die stelsel is nie blind is video clip van 10 s maar glo dit of nie die boere wil nie geld spandeer, nee wat mense leer nie. Het hoeveel boere gekontak hulle stel nie belang

Johannes Meintjes ·

Gelukkig gaan die hele SA se misdaadlandskap nou ten goede tranformeer na ‘n land van orde en ekonomiese fokus, na die AfriForum en SAPD aankondiging op 4 Mei, dat plaasmoorde in die toekoms as prioriteitsmisdaad ondersoek sal word.

Tiger ·

Sien is glo Johannes!Om dit wat daar gese is tot uitvoering te bring is ‘n ander saak.AfriForum het hul deel gedoen en goed ook.Gaan ons dieselfde sien van regerings kant af?Ek twyfel sterk.

Annatjie ·

Dis alweer voor verkiesings beloftes. Elke keer voor die verkiesings gaan die staat dit ‘n prioriteits misdaad maak maar daar kom dadels van. Bert makliker gesê as gedoen, boerdery het die afgelope paar jaar baie swaar onder droogtes gebuk gegaan. Eerder vir jou vee kos koop as alarmstelsels installeer en baie van die maatskappye buit mens nog uit met hoë kostes. Ons moet meer op radio kommunikasie en ‘n plaaswag stelsel begin konsentreer.

Mariette Hammann ·

Die feit dat die egpaar albei aan die slaap geraak het voor die TV en so vas geslaap het dat hulle niks gehoor het nie, laat my wonder of hulle een of ander slaapmiddel ingekry het? Inligting kom dikwels van ‘n werker in die huis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.