Egpaar op Noordwes-plaas oorval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer en sy vrou is Dinsdagoggend op ʼn plaas buite Derby in Noordwes deur drie mans oorval, aangerand en vasgebind.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die boer is omstreeks 07:15 uit sy huis op die plaas tussen Derby en Koster om na sy beeste om te sien. “Drie verdagtes, wat almal balaklawas gedra het, het hom oorval en hom teruggesleep na sy huis toe,” het Funani gesê.

“Hulle het hom en sy vrou met toue vasgebind voordat hulle drie vuurwapens, drie selfone en ʼn onbevestigde bedrag kontant geroof en op die vlug geslaan het. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Funani wou nie die name van die egpaar bekendmaak nie, maar het gesê hulle is tussen 65 jaar en 70 jaar oud. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.

Die aanval op die egpaar is deel van minstens 30 plaasaanvalle wat reeds in Februarie in Suid-Afrika plaasgevind het. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdagoggend gesê 11 mense is reeds hierdie maand in plaasaanvalle vermoor.

“Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo. Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom of die regering nie bereid is om landsburgers te beskerm nie,” het Cameron gesê.

Hy het gesê gemeenskappe sal self moet begin optree om plaasaanvalle te voorkom en dat die wet genoeg ruimte laat om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Janet ·

Hoeveel boere moet nou nig aangeval word voor daar iets gedoen gaan word

Strussbob ·

Dis omdat ons dink dit gebeur net met ander mense – en daarom is ons te lui- ja lui- om betrokke te raak in ons gemeenskap.

Will i am ·

Wet laat toe dat ons onself beskerm? Wonder want as jy net skeefkyk na iemand is jy ń rassis en haat jy hulle. Komaan mense ons moet opstaan

lw ·

Ian Cameron ek glo die media dra n baie sterk rol uit na miskenning van boere en wit mense se belange. Net gisteraand op Kyknet nuus en gister op News 24 is die man wie n plaaswerker as n bosvark aangesien het en per ongeluk geskiet het hoofnuus. Plaasmoorde en plaasaanvalle haal nie die nuus nie.
Ek stem saam ons bly nie in Lallaland waar iets nooit sleg met ons gebeur nie – ons moet ons beveilig.
Ons kan veiligheidsmaatreels instel soos ons wil, maar wie gaan die gety van geweld teen ons stop?

Charl13 ·

Ek kan onthou hoe daar jare terug uitkyk poste op plase was, wat altyd beman was met mense, lyk my dit sal maar weer instelling moet word. Ons mense moet hulle self beveilig, want ongelukkig gebeur dit nie van die regering kant af nie. My mening.

Corrie Steyn ·

Daar is so baie werkloses, hoekom gaan help hulle nie op die plase nie ek is seker die boere sal hulle vergoed, hulle sal blyplek en kos kry, die moorde en aanvalle op die weerlose boere kannie so aan gaan nie dit is hoogtyd dat ons mense opstaan teen die lafhartigge moordenaars,ons moet sterk leiers kry Steve kannie alleen baklei nie.

Johan ·

Ons sal op staan en saam staan en n stop sit. Hulle takel ou mense.Ek gaan n blad oop maak plaasmoorde gaan like die blad en ek wil he mense moet wat op plaase bly raporteer op die blad sodat ons kan kyk hoe ons die mense veilig kan hou dit sal net werk as almal saam werk dis nou of nooit.Maak seker almal weet van die blad sodat ons weet waar ons kan help.Moet nie dink dit kan nie met jou gebeur nie.Blad sal van more af in werking wees.

Andre ·

Dinge ruk verskriklik handuit. Dis onstellend verby. Wat kan ons doen om hierdie dinge te verhoed? Daar moet n praktiese oplossing wees. Iets wat elkeen van ons kan doen om die aanvalle te stop. Die regering gaan niks doen nie, die hoofstroom media doen niks. Ons sal iets moet doen. Wens ek het geweet wat ons tedoen staan.

Petro S ·

Iets sal gedoen moet word en vinnig ook, want op die regering kan ons nie staat maak nie. En maak maar vrede daarmee die doodstraf sal hulle ook nie terug bring nie

Boy de Villiers ·

Ja.plaasmoorde haal nie die nuus nie want dis witmense wat betrokke is.my sienning is dat daar n 3de mag en die EFF betrokke is.logika:90% boewe word wel gevang.maar die misdaad stop nie.dan is daar mos iets wat dit dryf.

Pieter D ·

Die tekens is duidelik daar. 30 Plaas aanvalle in 14 dae. Aux Armas Citoyins!

Dellaq ·

Stom, verstom en stomgeslaan…..baie onbeantwoorde vrae kom op by my en ‘n hele paar oplossings-goeie oplossings but not for the faint hearted. Hierdie oorlog broei al hoe lank en word nou net meer in werking gesit, maar wie moet ons bedank? u helpende ANC/EFF hand. My hart ruk uit, elke keer as ek hoor hoe mense vermoor en gemartel word. Iemand se ma,pa,ouma,oupa,kind,kleinkind. Nee, dit gaan nie ophou nie en NEE, dit help nie daar word gebid nie, of “bring die doodstraf terug” nie of waar gaan dit eindig? . Almal vir hulself, dis hoekom die witman in hierdie gemors is. Leierloos, trotsloos, samehorigheidloos-dis wat ons is.

Erika ·

Johan…sterkte met jou blad. Dankie dat jy bereid is om die boere by te staan. Ek woon in n voorstad van Kaapstad en het nou n heining voor ons huis laat opsit. Ons het kamaras voor die huis…..het ons n fortuin gekos. Maar steeds voel ons on veilig want as die boosdoeners wil in sal hulle n manier vind. Dit is so hartseer…ons bly in tronke. Hierdie mooi land van ons het verander in n slagveld. Maroela hou ons op hoogte van Johan se suksesse.

LB S ·

Waar in Kaapstad woon jy? Suidelike voorstede? Hier in die Noordelike voorstede, wel, waar ek woon, en omliggende voorstede het bykans niemand elektrise heinings op nie. Ons kan nog vroegaand gaan stap, baie motors staan snags buite. My familie in Gauteng kan dit nie glo nie!
Maar ja, mens kan vra hoe lank nog? ……..

Bolander ·

Dit is presies wat Zuma wil hê!!!!! Hoekom sal hy enige iets doen om dit te stop?????

Anoniem ·

Wat van oorvol stadiums, ons moet paniek saai onder hul en ook snags of vroeg soggens hul plekke aanval…

Gerrit N ·

Die feit dat die amptelike opposisie party ook nie juis bekommerd is oor plaasmoorde en hul sterk daaroor uitspreek nie, is ‘n verdere problem. Elders sou daar al massiewe aksies geloods gewees het, maar hier is almal passief. Solank dit ‘n “ander man” se verliese is, pla dit mos nie werklik “by die huis nie”. Die ruggraatloosheid van die gemiddelde blanke Suid-Afrikaner skree ten hemele!!

wanda ·

Mense sondag is my oom in n plaas asnval gemartel en vandag is dit my buurman ek doen als om ons plaas vuilag te hou wst kan ons nog doen die regering wil nie

Mark ·

Dis omdat dit n rasse haat is hulle breek die wit mense sistematies af teiken soft easy targets en moor ou mense eerste jou staat ga jou nie help nie dis tyd om terug te baklei

tella ·

Die land het sy allie gesien omit so te stel…ek wat ini dorp bly is saans so bang om te gaan slaap al het ek alarmstelsel in j kan nou mar wat he as hulle jou geteiken het isit nag….ek is so bekomerd oor wat die toekoms vi ons kiners inhou as dit vandag al so gaan.ons sal rerig moet iets doen wnt een vani dae is dit te laat…hartseer oor ali mense wat so so onnodig en so wreed moet sterf oor hulle voel hul heti reg om ju lewe te verwoes en so wreed te vat..kyk hoe lyk ons boere en hul vroue na so aanval…laat ons hul ini steek wnt dit voel of hul hulpkrete en grusame fotos geen murg in ons pype skep net om iets te doen.kom afrikaners!!!

Plaatsie ·

Ek het die volgende argument bymekaar gesit. Lees versigtig.
Die Grondwet verseker alle INWONERS dat die owerheid die veiligheid van almal moet verseker teen eksterne (deur vyandige magte) maar ook teen interne bedrygings (deur kriminele.)
Nou verder moet die Minister van Polisie n deur die.Grondwet voorgeskrewe , ampseed afle dat hy onder ander die bepalings van die Grondwet onderskryf. Dit beteken ook die veiligheid van al die inwoners in die land.
Die Minister is nie n uitvoerende beampte ni, maar hy DELEGEER sy magte en verpligtinge na verskillende individue.
Een son individue is die Hoof van die Polisiediens. Dit volg dat die Hoof van Polisie gebind word deur die Grondwet.
Hieruit volg dit dat die Hoof van die Polisiediens nie aan die ampseed voldoen nie as hy nie die nodige maatreels in stel om die inwoners teen kriminele (moordenaar in besonder) be veilig nie.
Nou volg dit dat n “klasaksie” ingestel kan word om die Hoof van Polisiediens uit sy amp te verwyder deur n Prokureur wat deur die gemeenskappe ondersteun en befonds word.
Nou is ek persoonlik nie lid van n vermoende familie wat iewers n prokureur in hul geledere het nie. Gevolglike is ek nie by magte om dit self te doen nie.
Is daar iewers tussen die kommentators dalk iemand wat die gedagte verder kan neem? Asseblief vir almal se onthalwe doen dit.
Maroela Media moenie hierdie oproep uit sensor nie. Dit is te belangrik daarvoor.

Wapen ·

Dra jou vuurwapen dag en nag, 25 uur per dag en 8 dae per week. In 35 jaar het ek myne 17 jaar gelede nodig gekry maar ek verslap nie my paraatheid.

Chris Ws ·

“Wapen” ek en my vrou bly op ‘n plaas.Ons is pensioenarisse maar ek loop 24/7 met my wapen aan my.Daar is egte duisende boere of plaas bewoners wat dink alles is ok. “DIT” gebeur net met ander mense!Hierdie is die tweede plaas aanval in ons omgewing in net meer as ‘n week maar steeds slaap die mense vas.Wat gaan dit kos om deur te dring tot die mense?Almal dink dis Disney World die’!Intussen is ons in ‘n terroriste oorlog gewikkel.Ek is erg teleurgesteld in ons medemense.

Daan dup ·

As jy nie n wapen het nie en jy kan jouself nie verdedig die oomblik as jy aangeval word nie is jy uitgelewer aan jou aanvaller se genade en hulle gaan in 99 persent van gevalle jou of en jou familie vermoor.Kry vir julle wapens tewyl julle nog kan al moet jy die geld vir n wapen gaan leen.

Pieter D ·

Presies! Hierdie kaders is opgelei in Angola, Moz, Zimbabwe. Hulle is geleer om sagte teikens aan te val. Waar iemand 24/7 sigbaar paraat is, hou hulle verby.

Mooo ·

Dit is hoe hulle die land gaan vat. Gaan nie ophou voor al die boere verdryf is nie. Dit is baie scary!

arnold beukman ·

Dit help net mooi niks as daai vuurwapens in die kluis is nie want daai dae is al jare gelede verby . N boer sonder n wapen op sy persoon gaan probleme optel ‘soos ons daagliks lees . Een of ander kommando stelsel is nodig waar boere van tyd tot tyd weer kan wapen heropleiding kan beoefen

PMB ·

En so aan en so aan!!!! Dit is elke dag se nuus en daar word niks aan gedoen nie. Hoeveel mense moet nog sinneloos vermoor en aangerand word?

Boland ·

Regtig.Eerste keer in lang tyd dat dit die Kyk Net nuus haal.Waar dink hulle gaan kos vandaan kom.Jong mense beweeg uit die landbou en ou mense word vermoor.

Bekommerd ·

Goeie idee Plaatsie. Miskien kan Johan dit ook op sy blad adverteer. Mm kan julle /Afriforum se regspan dit nie iniseër nie asb…..O’Sullivan, Kallie Kriel, Gerrie Nel en so meer…. Ek is seker hulle behoort baie bydraes van ons mense te kry.!

SIEKENSAT ·

DIS N BLINK IDEE….ONS MOET GEREG IN ONS EIE HANDE NEEM WANT AS AL DIE PLAASBOERE VERMOOR IS, WIE IS VOLGENDE TEIKENS WAT OOK ONGESIENS VERBY GAAN. EK DINK DAAR IS ONDERLIGGENDE PLANNE WAARVAN ONS NIE BEWUS IS, EN DIT IS LANKAL TYD ONS WERK MAAK. EK ONDERSTEUN AFRIFORUM ELKE MAAND MET MY BYDRAE OM HIERDIE DINGE NIE MEER TE SIEN GEBEUR. ASB ONS KAN DIT NIE MEER TOELAAT NIE. ONS HET SO MOOI LAND HOEKOM KAN ONS DIT NIE OPPAS EN SAAM IN VREDE LEEF….N MENS MET OPVOEDING HET MEER GESAG VIR ANDER MENSE EN HUL LAND MAAR AS DIE UNIVERSITEITE AFGEBRAND WORD EN ALMAL VERMOOR WORD, SIEN EK GEEN TOEKOMS.

Johannes Meintjes ·

Uitermate betreurenswaardig, – soveel te meer omdat daar al sedert 1979 tekens van moordpatrone op landbouboere in SA op rekord is. Self bepleit ek al sedert 2001 beter plaaswagte met Kommando-tipe struktuur. Afgelope 2 jaar bepleit ek uit my hoekie in ‘n plaaslike GPF al ‘n nasionale forum waar alle burgerlike beskermingkundiges (nou afgewater tot die titel van Rampbestuur) objektief insette lewer om bloedvergoeting te stop. Maar .. die egos van empires en die sponsors pas nie by die deur in nie of kan nie meer as twee super-egos langs die beplanningstafel ingepas kry …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.