Egpaar op plaas aangehou

Argieffoto

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat ʼn egpaar op ʼn plaas in die Thornhill-omgewing in die Oos-Kaap aangeval en beroof het.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die egpaar het Woensdag omstreeks 18:30 televisie gekyk toe hulle oorval is.

“Drie verdagtes, wat klapmusse gedra het en gewapen was met messe, het toegang tot die huis verkry by die kombuisdeur wat nie gesluit was nie. Hulle het die egpaar aangehou en op die kluis se sleutel aangedring,” het Swart gesê.

Die verdagtes het met twee vuurwapens, twee televisies, ʼn skootrekenaar, juweliersware en drie selfone gevlug.

Die man kon daarin slaag om homself en sy vrou te bevry en het hulp ontbied.

Die Thornhill-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Die egpaar het nie ernstige beserings tydens die voorval opgedoen nie.

“Die stryd teen misdaad is ʼn gedeelde verantwoordelikheid, daarom doen die polisie ʼn beroep op huiseienaars om waaksaam te wees en geen deure oop of ongesluit te los nie,” het Swart gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HPV ·

Maak dit nou al 24 vuurwapens wat geroof is die afgelope tyd in vier plaasaanvalle. Geen wapen byderhand! Wat meer kan mens sê? Dit is egter opmerklik dat parate boere minder aanvalle beleef.

Koos B ·

Ek is seker maar ‘n bang ou.Ek het ‘n heining,alarm,(beams) en honde bly in die stad en glo my my deure word altyd agter my gesluit.

HPV ·

Nee Koos, jy is paraat en sodoende beskerm jy ook die res van gesin wat jou plig is.

humor ·

Nog twee vuurwapens by om moontlik eie naasbestaandes te vermoor.

Snowball ·

Vandag moet jy diefwering, veilgheidshekke, ‘n eletriese heining, ‘n alarm gekoppel aan ‘n sekuriteitsfirma, honde buite, en ‘n kluis buite sig van huiswerkers wat inligting deel, hê. Sluit deure, selfs bedags. Beskou jouself midde ‘n guerilla oorlog met kriminele. Wees te alle tye paraat. Moenie hulle ‘n halwe kans gee nie, dit kan jou en jou geliefdes se lewe kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.