Egpaar op plaas aangeval; een verdagte dood

Argieffoto: SAPD

Die polisie is op soek na drie mans wat Donderdagoggend vroeg ʼn egpaar op Lephalale aangeval, vasgebind en beroof het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê vier gewapende mans het die man (73) en sy vrou (58) met pistole aangehou voor die verdagtes hulle vasgebind het.

Die verdagtes het die egpaar daarna van hulle pistole en ander waardevolle items soos selfone beroof.

Volgens Ngoepe kon die man daarin slaag om hom los te wikkel en ʼn ander pistool, wat in die huis weggesteek was, te gryp. Hy het daarna op die verdagtes losgebrand.

Die verdagtes het glo al die gesteelde goedere, afgesien van een selfoon, neergegooi en hulself uit die voete gemaak.

Die polisie is na die toneel ontbied en het die verdagtes agterna gesit. Een van die verdagtes, ʼn 20-jarige man, is dood langs die pad aangetref.

Ngoepe sê ʼn grootskaalse soektog na die ander drie verdagtes duur voort.

Enigiemand met inligting word versoek om die polisie  by 086 001 0111 (misdaadnoodlyn) te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Bokkie van der Merwe ·

Hoeveel plaasaanvalle nog,hoeveel moorde nog voor die regering gaan wakker skrik en sien wat aangaan.Hulle staar net teen geld vas.Sterkte aan die oom en tannie.

Piet Verdriet ·

Dit sal nie snasks wees as die plassboer later van moord aangekla word nie!

aloys ·

Die regering gaan nie wakker skrik nie. Wees waaksaam en voorberei om jou te verweer dis die enige ding wat die oorvallers kan fnuik en ontmoedig.

Hannes ·

Bokkie ek deel jou frustrasie, maar die regering is natuurlik baie bewus daarvan en hulle laat dit nie net toe nie, hulle sien n taktiek is wat werk want, die teikengroep (ons blankes) het nie die momentum en moed of leiding om n algehele frustrasie te toon in n dwing aksie nie. Die super ryk en hul super organisasies het n agenda en die gewone onskuldige man en vrou moet sit met die gemors solank hulle net kan baat. Hulle weet die swartmense soek hul finale oorwinning en alles wat aan hulle belowe was toe die ANC oorgevat het, en hulle kyk, toets en beplan hoe hul dit gaan regkry met gekweekte persepsies dat die blankes hulle altyd sal skuld. Coligni, Lichtenburg. Protes?? Meer tereur-aksie en anarchy met die idee om reaksie te toets. Verskoon my dalk onnodige uitbreiding. Ek is dalk net bietjie boos.

Johann ·

Kinders kry julle bejaarde ouers van die plase af, dit is wat ek gedoen het toe my ouers bejaard geraak het

Lourens van Niekerk ·

Gaan die boer ook nou van moord asngekla word? Nou wil ek weet ad ek bv by die president se huis gasn llop met ñ pistool wat gaan die wagte met my doen ? Hulle gaan my sekerlik skiet. Want dit is by die president. Nou daar by die boer se huis is hy die president van sy erf of grond. Hy het dit net beskerm.

cor ·

Definitief gaan hy vir moord aangekla word as dit nie gou gebeur nie gaan die massas betoog soos in Coliny en op ander plekke. Hy het dan nou n jong seun vermoor ongeag of hulle beroof is, weer nog n rassime voorval volgens die massas se aanhitser.

Maya Roon Joubert ·

Ons het ons moeder ook fisies moes wegsleep van haar geliefde plot! Eenvoudig te gevaarlik vir bejaarde vrou aleen! En so eindig haar droom!

Lucas ·

Sal nie verbaas wees as die boer binnekort in hegtenis geneem word vir moord nie!! Jammer maar ek vertrou polisie NIKS!!!

pieter ·

Nou gaan die arme Oom seker aangekla word vir moord. Sterkte oom en tannie.

Lucas ·

Maroela. Waar is my kommentaar of is dit nou weer polities onkorrek?

AJ ·

Ai ek baie bly hul het dit oorleef.Baie sterkte daar.Wees altyd op jul hoede

Justice ·

Hulle het met vuurwapens gevlug en was daarom `n gevaar vir die samelewing. Hulle sou moontlik vorentoe daarmee gemoor het om hul doel te bereik. Die oom het reg opgetree deur hulle te probeer stuit in die prosses. Wees egter nou nog meer paraat indien die oorlewendes wil probeer terugkom,

Cherokee ·

Ag Maroela, sensor asseblief al hierdie kommentare waarin die polisie gemotiveer word om die boer vir moord aan te kla.

Ian ·

@Cherokee,

Die ou het vrye wil om enige iets te komentaar, net soos jy vrye wil het om die kommentaar te lees en te reageer, of aan te beweeg , hoekom moet ander mense se opinies uitgewis word as jy nie van hulle standpunt hou nie?

Word asb vinning groot, dankie

Drikus ·

Die Oom en Tannie het mooi kop gehou. Dit was slim van hulle om die ekstra vuurwapen versteek te gehad het. Dankie tog dat hy betyds losgekom het. Sterkte met die verwerk van die traumatiese gebeurtenis. Die oom sal beslis nie in hegtenis geneem word nie. Hulle kan vrede hê daaroor.

Pastoor ·

Ja die oom kan skiet. Hytal leer skiet op 10. So hy skiet al seker 65jaar. Dalk meer. Jong moordenaar 20. Is nou daarmee heen. Sy hele lewe weggegooi. Lees maar Gen 6,9 Godgee lewe. Die 20 jarige sou net aanhou roof en moor. Hul einde is die ewige dood. So word baie mense mislei deur satan. Hulle almal se einde is die ewigedood

tom ·

Nou gaan daar seker geplunder word wie het vir wie dood geskiet

Frans ·

Die moorde en rasistiese gebruik teen ons wittes is onuithoudbaar ons het agter alles die land op gebou los ons goed en bou julle eie. Wie sal ons saak aan die wêreld gaan stel?Maak my julle leier en ek sal die wêreld besoek met bewyse wat al die mense het en beskikbaar gaan stel waar ek die alle wreedste en moorde aanranding kan ten toonstel vir die lande om te sien.Ek doen dit nie uit haat nie maar oor al die seer kry wat ons in ons eie land onderfind.Ek voel soos ń vreemdeling in my eie land.Die enigste ek is ń oud soldaat met net ń klein pensioen
Ons moet dringend op staan teen onder drukking kyk na ons plakkers kampe en die vet gevrete leiers van die land huise motors plase en kinders se onderig in prifaat skole .ons Gods diens word aan geval deur die anti Christe die tyd vir op tree is hier God ssl ons beskerm om ons uit die gemors te kry maar ons moet iets doe om ons self voor God se geade bewys dat ons ons self wil bevry kom blankes word wakker offer julle tyd op vir ń beter lewe

Vryheid ·

Die oom het sy gesin beskerm, die rowers kom met die intensie om te Steel, verkrag en te vermoor wat moet hy doen vir hulle tee aanbied!!!

Dirk01 ·

Aan die gewone ou klaers wat se hulle sal seker nou van moord aangekla word gaa maak julle bekend met die wet . Die boer wat geskiet het wel gedaan jy lewe……….verskerp jou sekuriteit om die selfde situasie te vermy asook te verbeter . Opleiding opleiding,vuurwapen vaardighede,dra van vuurwapen permanent, verbetering van veiligheid en opgradering en jou prokureur se 24 uur nommer by jou . Aanhoudende kla gaan jou nie regte leer nie .

Disekdai ·

Watse nasie wás hierdie aanvallers? Asb se ons hier. Dis belangrik dat ons weet wie ons vyande is: Ex Zim soldate; Nigerians óf opgeleide Suid-Afrikaanse oud MK soldate of net gewone Suid-Afrikaner kriminele, dit is ons konstitusionele reg om die inligting te hê !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.