Egpaar op plaas in Wes-Kaap aangeval

David Archer sterk in die hospitaal aan. By hom is Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

David Archer (57) en sy vrou, Ilze, is Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Wes-Kaap aangeval waartydens Archer geskiet en gewond is.

Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder van gemeenskapsveiligheid wat David in die hospitaal gaan besoek het, het Vrydag aan Maroela Media gesê die egpaar, oorspronklik van Johannesburg, is omstreeks 02:00 op ʼn plaas in die Botrivier-omgewing aangeval.

“Die egpaar huur ʼn pragtige ou werkershuis van die plaaseienaar en het toestemming by die eienaar gekry om die huis te restoureer, wat hulle onlangs gedoen het,” het Van Dalen gesê.

Volgens Van Dalen het drie aanvallers toegang verkry tot die plaas van sowat 150 hektaar waarop drie huise geleë is.

“Die egpaar het vanoggend wakker geword aangesien hul honde verskriklik en aanhoudend geblaf het. David het aanvanklik gedink hulle blaf dalk vir ʼn ystervark. Die egpaar slaap in die solder van die huis. David het besluit om af te gaan en ondersoek in te stel aangesien die honde nie wou ophou blaf nie.”

David het hom teen drie verdagtes in die kombuis vasgeloop. Twee van hulle was met vuurwapens gewapen. Een van die verdagtes het David net daar geskiet en in die onderbeen gewond.

“David sê die verdagtes het senuweeagtig voorgekom en aangedring op geld, rekenaars en selfone. Hy het vir hulle gegee wat hy kon, voordat een aanvaller hom onder aangehou het en twee na die kamer boontoe is.”

David het vir Ilze geskreeu om die kamerdeur te sluit. Sy het dit gedoen en die eienaar van die plaas gebel en hulp ontbied. Die twee verdagtes het egter oor ʼn balkon geklouter en toegang tot die slaapkamer bekom deur die badkamervenster stukkend te skop.

Die aanvallers het die vrou se selfoon en ʼn skootrekenaar gegryp en haar aangerand, waarna al drie met hul buit van die toneel gevlug het.

David is na ʼn hospitaal in Hermanus geneem vir mediese behandeling. Sy toestand is bevredigend en hy is in ʼn goeie luim. Sy vrou is getraumatiseerd maar ongedeerd.

“Dit lyk darem of die koeël nie ʼn been getref het nie en slegs weefselskade aangerig het,” het Van Dalen bygevoeg.

Die polisie was op die toneel en het ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Van Dalen het bewoners van plase en kleinhoewes gemaan om te alle tye versigtig en paraat te wees.

“In meer as 80% van plaasaanvalle landwyd tot dusver, was daar ʼn mate van nalatigheid betrokke. Deure of vensters is oopgelos of nie gesluit nie, of daar was geen veiligheidshekke of diefwering voor die vensters nie. Inwoners moet ook bedag wees op mense wat hulle dophou of enige werker wat te veel van die opset in die huis weet,” het hy gesê.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Jaco ·

Maroela media. Kan jul dalk nie begin fokus deur bietjie meer posktiewe goed te plaas nie. Misdaad is n realiteit, en so weet ons almal dit, dit sal seker help as ons begin saamstaan en iets daaromtrent begin doen, dit help nie ons word die heeltyd met negatiewietyd gebombardeer waarop almal net klae nie. Weet jul dat Afrika se eerste lego winkel more in Suid Afrika oopmaak, die Wes Kaap se damme is al meer as 50% vol. n Man wat hawelose mense jammer gekry het, het n besigheid begin waar hy slaapsakke voorsien wat van herwinde materiaal gemaak word, daar is soveel positiewe goed in ons land waaroor jul nie berig lewer nie. Hierdie forum maak my net negatief.

Nettie ·

@Jaco, as jy dan net van die mooi dinge in die lewe wil weet en net sonskyn in jou lewe wil ervaar – blaai dan verby bladsye wat negatiewe goed bevat en oor die WARE LEWE DAARBUITE en TANS IN SUID-AFRIKA berig.

Die res van ons waardeer dit as ons ingelig gehou word – oor beide negatiewe en positiewe dinge. Die negatiewe dinge leer ons uit; positiewe dinge waardeer ons. As dié forum jou dan negatief maak ……. vaarwel, Jaco! Maak toe die deur agter jou, asseblief?

Asseblief ·

@Jaco…maroela is die enigste bron van nuus, waar ons as Suid Afrikaners nog die waarheid en feite kan lees. Al die ander media versteek die dinge waar blanke persone geteiken word. SAUK gee geen versla op enige plaas aanvalle nie. So as jy positiewe nuus soek, lees jy die verkeerde land se berigte….@ maroela…..hou so aan, jul maak ons bewus van die realiteit. Dankie daarvoor.

Tobie Klarens ·

Eintlik baie eenvoudig. Hulle moet oor waarhede en realiteite rapporteer. As hulle s.g “positief” moet wees, dan moet daar onderliggende aanwysers/feite wees wat dit steun, anders is hulle oneerlik en irrassioneel. As jy die waarheid wil ontvlug, koop vir jouself n comic.

Cherokee ·

Netjies gesê Nettie, toe jy Jaco totsiens gewuif het. Want as Maroela net Walt Disney stories vertel sal mense dink die land is veilig en nie voorsorg tref nie. Dankie MM, dat julle mense inlig; ..nie dat dit werklik help nie want in die voorlaaste paragraaf het ‘hy’ gesê dat in meer as 80% van die gevalle was nalatigheid betrokke. Moes dit nie ‘sy’ gewees het nie? Want ek lei af dit was Elmarie Van Dalen se woorde.

@jaco ·

Wel vertrek dan maar! Daar moet oor alles berig word! Daar is ook ander tydskrifte en koerante wat jy kan gaan lees! Omdat hoofstroom media die aanvalle ignoreer en nie daaroor berig nie moet MM dit doen! Begin jou eie positiewe nuusblad! MM het selfs oor die nuwe Britse prinsie berig. Genugtig hou op ander mense voor te skryf! As die skoen jou nie pas nie, kry n ander paar tekkies! Tot dit met jou of jou familie gebeur dan kla jy weer as hulle nie daaroor berig nie!

Katerina ·

JACO – Met alle respek moet ek se: Kyk dan maar kat video’s op Youtube ens as jy nie die ware feite van ons bestaan Hier kan hanteer nie. Feite is hard wn koud en baie maal is hulle soos n “hammer blow to the heart and soul” MAAR n mens Moet WEET wat aangaan. Volstruis speel is nie van enige hulp nie.

Tik tok tik tok ·

Jaco kry vir jou die huisgenoot by spar Daar is mense soos ek wat daarvan wil en moet weet wat gaan aan om ons Party mense loop mos met oogklappe aan

Zanie ·

NALATIG??? RERIG??… WAT SOEK DIE OORTREDERS OP JOU GROND, IN JOU HUIS???

Cherokee ·

Jy skreeu dit twee keer uit maar ek sal jou net heel bedaard een maal vertel – dit is nalatig om nie net eie maar ook gesinslede se lewens in gevaar te stel.

Diefie ·

Nou maar my wêreld! Wie van die moordenaars het ‘n oop venster en deur nodig? Laat my dink aan ‘n hond wat sy stert jaag! Miskien moet ek vir hom gaan kuier en deur die oop venster klim……..

Jako ·

En 100% van alle aanvalle tot dusver hoort die wetters nie op jou perseel nie.

HPV ·

In alle eerste wêreld lande kan mens nogal jou deure en vensters ooplos of nalatig wees sonder om beroof of vermoor te word. Rowers en moordenaars mag nie jou erf of woning betree nie en sou hulle word hulle vervolg. Maar nou ja, in ‘n derde wêreld soos ons land waar ‘n dubbel standaard regime regeer word jy blameer as jy beroof word. Jy mag jouself ook nie eintlik verdedig of weerstand bied as jy wit is nie, dan word jy vervolg, ontwapen en in die tronk gegooi sonder die keuse van borgtog.

Adam ·

Dink jy regtig dit is die geval in eerstewereld- lande nadat migrante ingestroom het oor die laaste dekade of wat. Lees gerus wat internasionale koerante in die verband berig.

SM ·

Ja, ek kan bevestig dit is so, woon al 13 jaar in die UK met oop vensters en geen diefwering. Nooit bang. Waardeer dit elke dag as ek SA koerante lees. Nerens is perfek nie maar mens kan nooit SA met eerste wereld lande vergelyk nie.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Die realiteit van die nuwe SA spoel nou oor na die Kaap ons mense sal paraat moet wees en ja Jaco die berigte is negatief maar die mense moet bewus gemaak word daarvan. Media 24 en diesulkes swyg dit dood. De Klerk en kie se oorgawe word nou ‘n harde maar tragiese werklikheid.

Black Cat ·

“Die saak oor grondbesetting teen die EFF-leier, Julius Malema, is tot 21 Junie aanstaande jaar uitgestel. Malema het vanoggend in die landdroshof in Bloemfontein verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste omdat hy na bewering sy ondersteuners aangemoedig het om grond te beset.” Dit is die nuus wat ek sopas om 14:00 gelees het. Regtig, word sy saak uitgestel vir net minder as ‘n jaar??? Ons regering is ‘n grap

Ella ·

Ek wens sowaar dat die blaam nie altyd op die slagoffers gesit word. In baie gevalle het die mense genoeg voorsorg maar die kriminele word deur niks gestuit.
Wat van bietjie blaam op die kriminele? Dis tyd om op te hou om onskuldige mense se huise en eiendom te betree en te vermoor of te vermink.
Wat gee jou die reg om te dink dis reg?
Werk vir jou eie goed en los ons uit in hemelsnaam!

Herman Luyt ·

Een van die oplossings is dat die media beskryf hoe die aanvaller toegang verkry het en miskien ‘n veiligheids kenner se kommentaar waar die slagoffer se swakpunte was. Dan kan ons almal leer uit die foute, gebreke en swakpunte van slagoffers ook waar aanvalle afgeweer was hoe hul dit reg gekry het. So kan ons almal leer uit ons mede Afrikaners se teespoed.

madels ·

Ek is net verbaas dat hy nie vir n oomblik gedink het dat dit dalk aanvallers kan wees nie :-( Soveel mense dink “dit sal nie met my gebeur nie”…. wanneer gaan mense op plase en plotte en in die stede begin wakker word?

susan ·

My kinders paar maande gelede gewapende roof gehad almal ongedeerd hulle keuse is om nie die kwaad in hulle rond te dra ek ondervind dat mense baie kwaad en emosioneel is mens kan mos nie so leef nie?

Amanda Wait ·

So waar Susan. Mens kan nie kwaad en emosioneel leef nie, dit maak mens bitter en haatdraend. Vergewe, prys die Here, bid vir daai vyand wat jou kwaad aangedoen het en ons doen ons Hemelse Vader se wil.❤️?️

Kurt ·

Jaco, verkeerde blad vir jou, ou maat. Lees Rooi Rose, Sarie en die Bollie.

Amanda ·

So ons moet onsself soos kriminele in tronke toesluit sodat die kriminele daar buite vry kan rondbeweeg en as die peslike ding in JOU huis inbreek, dan is jy as huis EIENAAR NALATIG??? Dis mos nou loutere twak.

Stem ·

Ek stem heelhartig saam, Amanda. Dit was presies ook my eerste gedagte!

Donkie ·

Nalatig? die mense was besig om die plek te restoreur dis waarom hulle op die solder geslaap het en het seker nog nie goed soos diefwering kon installeeer nie. Wat soek die gemors in elk geval daar?

Koos ·

Hier is ‘n les in die storie. As die vrou ‘n vuurwapen byderhand gehad het kon sy regmatig die rowers geskiet het. Sy kan bly wees sy is nie verkrag of vermoor nie.

Toby ·

Daar was nou ook ‘n aanval op die plaas Rietpol naby Stormsvlei.

anonymous ·

darm kry mens n paar skelms wat nie geweldadig is hier en daar, die ding is die skelms is net so bang vir jou sos jy vir hulle

Juan ·

Baie tragies dat die slagoffer homself blameer vir die aanval – oortreding is n kriminele oortreding, maar die polisie sien dit anders.
Wonder of SA sal agterkom as die polisie vir 6 maande staak?

Katerina ·

Ek gaan nou iets se wat baie onpopuler en omstrede sal wees op MM want die meeste lesers is Christene. Wat ek wil se is: “Vergewe en Vergeet, Draai die ander wang” ens gaan Nie die witmense van Suid Afrika help nie. Het julle al gesien wat het gebeur met bv n 3jarige dogtertjie gedurende n plaasmoord? Crucified on a kitchen table,gang raped then wrapped in paper and burned whilst still alive..n 12 jarige seun,verdrink in kokende water. Die Kanadese joernaliste Lauren Southern en Stefan Molyneux het dit al breedvoerig bespreek op Youtube. Al wat ek vir die gelowig wil se: As julle wil oorleef neem dan advies uit die ou Testament,nie die Nuwe. Want in Die land,as jy die ander wang draai,gaan jy n koeel of panga deur hom kry.

PJH ·

Die skelms sal nooit ophou met moord en beroof veltogte teen blankes nie, voordat:
1= werkloosheid nie minder as 5% is;
2= al die arbeids wette en unie’s is geskrap;
3= met meer as 10mil jong mans wat werkloos is, en die syfer groei daagliks!! en geen heenkom nie sal ons aanhoudend aangeval word … ons is magteloos as ons nie meer en meer saamstaan nie as een…

Chris Ws ·

Nog ‘n Feetjie Land bewoner!Geniet dit Jaco.Ek wil WEET wat om my aangaan en gebeur – dit sluit in “negatiewe” berigte sowel as goeie berigte.
Hou so aan Maroela Media!

Stephan de S ·

Stem saam…..ons moet nie net negatiewe dinge lees nie. Moet ook n sin vir humor openbaar. Ek giggel nou nog vir Kurt se voorstel van ” lees Bollie”. Gee die man n prys vir gevatheid.

Koos de Meyer. ·

Ons kan nêrens meer ongewapen beweeg nie, dit is die realiteit. Of ons dit wil weet of nie ons lewe in ‘n land van anargie. Die mense gee nie eers meer om vir hulle eie nasie nie, wat staan nog vir ons met ‘n wit vel.

Ben ·

Pasop! Dit is al reeds nalatigheid om op jou stoep te sit of in jou tuin te werk. Een van die dae is dit nalatigheid om nog in jou huis te wees.

Lynette Schultz ·

Jaco en Naas, kyk gerus SABC en e-NUUS. Dit is die nuuskanale vir julle. Geniet dit.

Boer ·

Katerina, ek stem in ’n mate saam. Maar jy mag maar die Nuwe Testament lees. Die probleem lê nie in die NT nie, maar in die kunsmatige kloof tussen die twee Testamente. Daar is geen kloof nie. Die God van die NT is dieselfde God van die Ou Testament. Wat Hy in die OT gesê het, geld steeds in die NT, want die Bybel sê Hy is ONVERANDERLIK! Die kunsmatige kloof het ontstaan a.g.v. die foutiewe vertolking van die Nuwe Testament deur teoloë sonder die Heilige Gees. Maar die grootste sonde hierin lê in die Rooms Katolieke Kerk. Daar is die Bybel uiteindelik verdraai om die heerskappy van die RKK destyds te vestig – nie ter wille van die Koninkryk van God nie, maar vir mag en rykdom. Hulle het daarom begin om ’n “ander Jesus” (2Kor.11:4) te verkondig. Nou kan jy vra wat dit alles met ons te doen het? Wel, ons Boere was nog altyd van opinie dat wat dominee gesê het, Evangelie is. Die ongeluk is dat ons kerke almal dogters is van die groot hoer (van Openbaring), nl die RKK. Met die Hervorming is baie sake reggestel, maar sommige nie! Simbolisering of vergeesteliking van letterlike dinge in die Bybel is deel daarvan. Sodra jy dit doen, kan jy die Bybel vertolk soos dit jou pas. Jou vyand liefhê? Ja, jou persoonlike vyand, die ou wat jou bedrieg het, ens. Let wel, JOU vyand, nie God se vyand nie (Ps.139:21)!

Nikita ·

Jaco & Naas dis baie belangrik om ingelig te word wat, waar en wanneer daar weer n inbraak/aanval was. Dis vir niemand aangenaam om hiervan te lees nie. Maar dis nou maar eenmaal die hoofnuus. As julle dit nie wil lees nie, knyp julle oe toe. Ek wil beslis weet wat om my aangaan, sodat ek familie en vriende kan waarsku. Daar is mense wat niks wil weet van die negatieweteit en wil dit gespaar word…dis nie negatieweteit nie maar die harde werklikheid. Ons kan nie bekostig om met oogklappe aan te loop tussen Siek Afrikaners nie. Nee, ons moet als weet van A tot Z. Sterkte aan hierdie mense.

Jaco ·

Sjoe die neagtieiteit is iets verskrikliks!!! Ek is baie wel bewus van wat om my aangaan, wees net versigtig om so te fokus op die negatiewe dat dit alles wat nog goed is nie eens meer raakgesien word nie, as ek die heeltyd moes fokus op dit wat sleg is, klae, vuur spoeg sou ek seker nie die suksese bereik het in my lewe wat ek tot dusver al gedoen het nie. Ten minste is ek aktief betrokke deur deel te wees van my buurtwag, my te ontferm oor haweloses deur skenkings ens! Wat doen julle nou eintlik wat so vuur en haat spoeg?? Doen jul daadwerklik iets? Maroela media kan negatiewe berugte plaas tot die lug pienk word, al wat ek vrae is, probeer ook net bietjie meer goed te plaas op die “goeie goed”. Daar is baie goeie nuus stories daar buite waaroor niks berig word nie. Vreemd hoe die mense wat die meeste klae en negatief is die minste doen….

Hans ·

Jaco,
Daar is n behoefte om te weet wat om jou aangaan.Is jy tevrede met Kyknet wat n dokumentêr maak van n swart kabeldief in n doodskis (Schuster grap) of tot vervelens toe berig oor n paar wit op swart aannvalle – niks andersom nie.Ek is net so keelvol om artikels van Max du Preez en al die verlepte Afrikaners raak te sien- ek lees dit net nie.Hoekom lees jy dan hierdie nuus?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.