Egpaar op plaas ingewag, beroof

Argieffoto: Reint Dykema

’n Egpaar is Maandagaand op hul plaas buite Fochville in Gauteng deur drie aanvallers ingewag, vasgebind en beroof.

Die man is ook tydens die aanval oor die kop geslaan.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê Gerrie en Susan Brits het omstreeks 19:00 by die huis gekom toe hulle deur drie verdagtes ingewag is.

Die egpaar is albei oorval en vasgebind. Gerrie is ook met ’n houtvoorwerp oor die kop geslaan nadat hy glo gedwing is om die kluis oop te sluit.

Die aanvallers het die plaashuis geplunder voordat hulle met ’n skootrekenaar, selfone, juweliersware en vuurwapens in die egpaar se wit Ford Ranger op die vlug geslaan het.

Dié voertuig is later verlate in die Kokosi-nedersetting in Fochville gevind.

Masondo sê ’n saak van huisroof is intussen aanhangig gemaak.

Niemand is egter al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die VF Plus in Gauteng het intussen ’n beroep op landelike gemeenskappe gedoen om hul paraatheid op te skerp en by hul plaaslike veiligheidstrukture aan te sluit.

Volgens Kobus Hoffman, VF Plus-lid in die Gautengse wetgewer, beteken die polisie se landelike veiligheidsplan niks sonder die behoorlike uitvoering daarvan nie.

“Die VF Plus waarsku die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, gereeld om meer te doen om die veiligheid van mense in landelike gebiede te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter J ·

Dit is duidelik dat mense nog steeds nie paraat is nie. Dit wil voorkom asof mense nie besef hoe ernstig die misdaad situasie in die land is en hoe gevaarlik die alledaagse lewe geword het nie. Mense kan enige dag en enige plek deur misdadigers oorval word terwyl die risiko op plase baie hoĕr is as op ander plekke. Nêrens is dit egter meer veilig nie al dink sommige mense nog so.

Anel ·

Dis wat ek ook sê. Daar is nie iets soos huisroof nie. Huisbraak en diefstal of gewapende roof. Maar hierdie is poging tot moord!

Pieter ·

Ons gepraat en kommentaar bring ons net mooi nerens. Ouer people en die brein dood anc lag vir ons

Samuel ·

Wat baat dit jy is deel van die veligheidstrukture en die aanvallers wag jou in by jou huis? Paraatheid gaan nie in so ‘n geval help nie. Ek voel baie jammer vir ons boere en hierdie spesifieke mense. Mag die SAPD die oortreders spoedig vind en aan die pen laat ry.

Blikke ·

Smaak my dit raak al hoe makliker….jy kan als doen , van aanranding, poging tot moord en selfs dalk moord en dan is dit slegs huisroof…

.

daniel ·

Dit help net dadels om n vuurwapen te besit net om dit oor te gee aan rowers en moordenaars omdat jy niemand wil of kan skiet nie.

Tiptol ·

Van die os op die jas. Die argief foto is ‘n pragtige Afrika toneel met die windpomp.

Anoniem ·

Ons moet almal te alle tye probeer PARAAT wees maar……………………..dit raak tyd dat die Regering iets daaraan doen. Gee ons die reg om dit hand en tand te beveg met alles tot ons beskikking en ons wys die Polisie Hoe dit gedoen moet word!!!!

Anoniem ·

Dit is tyd dat ons na aksie oorgaan en bymekaar moet staan. Waarvoor is daar heinings om wonings en plase? Die wet sal nou drasties moet verander dat jy jouself mag beskerm deur onwttige betreders te skiet, en geen vervolging sal plaasvind nie.

Nico ·

Bring die kommandos terug. Dankie Kobus Hoffman vir jou insette, hierdie saak is nie net inbraak nie klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer moet deel maak van die klag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.